Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Onderstepoort, Pretoria

Die vooraansig van die venue ...
Die gaste stap met 'sleeper' trappe op na die Kapél wat bo in die dak is en afkyk na die onthaalarea.

Pastoor Jaco Venter sal die huweliksbevestiging waarneem.

Die gaste staan nie op as ons inkom nie, eers wanneer ons albei voor staan en Jaco met gebed open, sal almal opstaan.
Die preekstoel sal skuins gedraai wees sodat ons met ons gesigte na ons gaste kan staan.
Die rooi mat sal vol vars roosblare gestrooi wees teen die tyd wat ons gaste arriveer.

Die uitsig van bo uit die Kapél is na onder op die onthaalarea.

Ons kleurskema is goud, brons, bruin en oranje dus sal die blomme, linne en strikke ook in hierdie kleure wees.

Die blomme, ete, plante en versiering word alles deur die Venue self gedoen.

Hulle DJ is ook baie bekostigbaar met musiek van die bruidspaar se keuse tydens die diens sowel as die onthaal.

_____________________________

Program

Ons het nie ‘n program met al die gewone detail nie – ek het die volgende program gemaak. Die eerste bladsy binne die goue papier is die kinders se boodskap en dan is ons programmetjie binne-in ...

We have our own Cinderella Story - En jy speel vandag ‘n rol in ons sprokie ..

Baie dankie dat jul kom deel het in ons gesin se sprokiesdag. Elke liewe een op die gastelys is spesiaal uitgenooi omdat julle betekenis aan die Botes’e en Reynecke’s se lewe gegee het die afgelope jare.

Tannie Irma sal jul verwelkom en julle vertel wanneer om wat te doen en

Pastoor Jaco sal jul laat glimlag met sy boodskap en ons twee gesinne as één bevestig en seën.

Ons gesin is aanmekaar geweef met liefde, geloof, humor en doel en daarom is elke liedjie met groot sorg uitgesoek om ‘n spesiale boodskap oor te dra instede daarvan om ‘n lang preek te hê.

Pappa Dirk en Mamma Elize se grootste wens is dat julle elkeen vandag ietsie in jul harte sal saamneem huistoe wat waarde en betekenis sal hê en jul altyd met ‘n glimlag sal laat terugdink aan ons sprokiesdag.

Mag hierdie dag vir julle net so spesiaal wees soos vir ons.

Michelle en Bianca, Elandi en Lizandré

________________________

Dirk en Elize

_________________________

Die goud-bruin-oranje dryf die April-knyp-luggie na buite soos ‘n warm-gesellige kaggelvuur. Die gaste stap verby die waterfonteintjie en plante, op met die “sleeper”-trappe na bo. Kerslig, blomme, rooi mat, roosblare, feëliggies. Die uitsig van bo-af verby die houtreëling na onder is ‘n see van blomme, liggies, kerse, plante en gedekte tafels. Die gaste neem hul sitplekke en musiek vul die vertrek.

Liedjie terwyl die gaste wag :

"Looks like we made it - Look how far we've come my baby
We mighta took the long way - We knew we'd get there someday
They said, "I bet they'll never make it“ –
But just look at us holding on - We're still together, still going strong ..."

(Shania Twain : You’re still the one)

___________________________

'n Feëprinses in wit en blink. Haar oë skitter, haar hart klop vinnig. Die eerste tree na ‘n nuwe begin. Sy lig haar kop, stap stadig in die paadjie af tot voor, draai om en wag vir haar prins ...

Liedjie waarop bruid instap :

"Hey, jy sê ek is jou droomvrou - Net soos ‘n engel vir jou - Al kan ek tog so dramaties wees.
Ek sal nooit tweede beste wees - Jy lig my op en maak my meer - Jy ken my hart en al my geheime,
En al is my lewe deurmekaar - Dis net by jou waar als bedaar ..."

(Amor Vittone : Net soos ek is)

_______________________

Sy sien hom met die trappe opkom. Statig en romanties. ‘n Ridderlike prins. Hy stap tydsaam en doelgerig in die paadjie af. Sy glimlag spreek ‘n duisend woorde.

Liedjie wanneer die bruidegom instap :

"Would you dance if I asked you to dance? Would you run and never look back?
Would you cry if you saw me cryin‘ ? And would you save my soul tonight?
I can be your hero baby - I can kiss away the pain.
I will stand by you forever - you can take my breath away ..."

(Enrique Iglesias : Hero)

______________________

Hul oë ontmoet en hou mekaar gevange. Afwagting. Beloftes. Ringe.

Liedjie wanneer die ringe aangesit is :

"This is a prayer, a prayer of love.
This is a dream from above - Today I promise you my love.
God bless our wedding day - All angels sing along ..
God bless our wedding day - And join us together as one love."

(Nicholis Louw : Wedding March – vocal version)

______________________

Vier dogters, vier blomme …. ‘n nuwe gesin saamgebind in liefde.

Liedjie wanneer blomme aan die dogters oorhandig word :

"You were my strength when I was weak - You were my voice when I couldn’t speak
You were my eyes when I couldn’t see - You saw the best there was in me,
Lifted me up when I couldn’t reach - You gave me faith ’coz you believed
I’m everything I am - Because you loved me."

(Celine Dion : Because you loved me)

_____________________


(Word vervolg)




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

The Road to Eden

deur Rachelle du Bois

Once rich and still beautiful, Eve Vermont’s life was in tatters. She found a job as house manager with the wealthy and powerful Blythe family. She soon realised that the compelling Adam Blythe was determined to uncover the painful secret of her past. She was forced to accept that he wasn’t going to stop until he knew what brought her to Oak Manor but was she prepared to open up and allow him to know her as he intended? Or would she keep hiding from Adam and the world? Adam Blythe found a stylish, beautiful and mysterious woman in his home. As house manager. She was totally unsuitable for the job, and he felt compelled to find out more about her. And as he uncovered the layers of this incredible woman, his love for her grew and he knew he had to keep her at Oak Manor at all costs. But would she stay?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar