Kortverhale

Bladsye:
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

N Gesiene regter en lank gelede deel van die tweede wereldoorlog.Hy woon daar waar die groot oseaan teen die rotse breek,waar die pikkewyne in die son dut,waar die seemeeue sirkel en die snoek vanaf die rotse met n visstok gratis is.Sy gewelhuis is n prentjie uit die " Garden and Home".n Tuin met n groen tapyt,versier met fynbos,reenboog kleur vygies en speldekussing proteas.Sy huis is knus gemeubileer en gevul met n welkom tuis atmosfeer,alhoewel eensaamheid wel iewers skuil.Dit is hoekom Mia sy swart minatuur worshondjie met haar bruin snoet en parmantige houding n permanente inwoner moes word,en vir altyd sal wees.Lank gelede was hy te laat om sy liefde van sy lewe hierheen te bring.Die tweede wereldoorlog het hom as vermis verklaar.En toe hy na maande weer sy geboortedorp vind is Katinka getroud.So het oom Louwtjie. in stilte weer verdwyn en n lewe by die see begin.Oom Louwtjie is 83 jaar oud,maar nog net so professioneel en statig.Sy tyd spandeer hy egter nie meer aan die reg nie,maar aan die strand,visvang vanaf die rotse,golf op n Woensdag,die voetslaan pad,sy tuin en natuurlik elke boek van Michael Conery.Dan is hy ook die trotse eienaar van n pruimrooi 1947 Bentley.n Vier wiel uit n boek.Altyd gepoleer met wiele wat amper stil beweeg.Net die binnekant spreek van n nuwe era....



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Oom Louwtjie
Hy klink na n vreeslike interessante persoon, dis seker lekker om jouself so met die mooi en die natuur te kan raam
4 jaar 1 maand 1 week 2 dae 3 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Inge

    deur Rachelle du Bois

    Inge Bergh is ‘n suksesvolle sakevrou. Sy besit en bestuur haar eie teetuin in die Bergh Kwekery. Sy is gelukkig en tevrede solank sy net genoeg tyd kry om te verdwyn na haar spesiale hoekie by die fontein. Tot haar skok en ontnugtering vind sy een aand iemand anders daar. By haar plek. Wat soek die stil en teruggetrokke buurman, André Grobler, snags in hulle tuin by haar fontein? Hoekom is hy hier waar sy is, nag na nag? En hoekom kan sy nie wegbly nie – wat is dit wat haar snags hierheen bring, net om hom hier te kry? Sal sy ooit verstaan wat dit is wat hom dryf? Sal sy kan verklaar hoekom sy aan die bewe gaan by die blote gedagte aan die aantreklike man met die versluierde oë?



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar