Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

“Hy is manjifiek! Ek wens hy was myne!” roep Nina bewonderend uit terwyl sy die regop figuur dophou.” sterk bene, goeie lyf, goeie postuur en daardie oë! Ek kan verdrink daarin.” Sy sug droomverlore en draai na haar vriendin Chrizelle. “Nina-mens, dit is ook net jý wat so kan staan en kwyl oor ’n perd soos ek oor ’n man kan kwyl.” Nina lag net en haak haar arm deur Chrizelle s’n. “perde is veiliger, Chris, ja hulle kan jou afgooi en bene laat breek én jou in hospitale laat op eindig, máár hulle breek ten minste nie jou hart nie.” “Ai tog, Nina, moenie vir my sê jy is nog nie oor Danie nie! Dus al langer as ’n jaar terug. Hy’s mos nie jou hartseer óf jou ou skoene werd nie? Veral nie as hy jou verruil het vir daardie Cher namaaksel nie.” Dit laat Nina glimlag. “eks nie meer hartseer oor hom nie, Chris, eks net glad nie bereid om, myself of my hart weer oop die spel te plaas nie! Hoe kan dit die moeite werd wees as ek net elke keer my kop stamp en seerkry? Nee dankie!” Chrizelle trek haar vriendin nader en gee haar ’n stywe drukkie. “Ja, vriendin, totdat jy weer verlief en verlore is!” saam lag die twee meisies en dan dan hulle aandag terug na die skoudiere, Nina se oë bly vasgenael op die vos wat met die eerste plek rosette op sy halter spog terwyl Chrizelle se blik eerder op die boere gefokus bly. “Nina! Nina!” roep sy ewe skielik uit en tik haar opgewonde op die skouer. “Is dit nie daai rugbyspeler van wie jy so baie hou nie?” Nina volg die rigting waarin die ander meisie beduie. Toe sy hom gewaar, voel sy hou haar wange begin verkleur en sy koes vinnig agter ’n banier weg. Eerder dan Chrizelle hier wegkry, besluit sy en rem aan haar vriendin se arm. “Kom ons loop toe, toe Chris? Voordat hy in hierdie rigting kyk...” haar woorde droog onmiddellik op toe die man se blik hare vang. Selfs haar keel voel droog, droër as die Sahara woestyn. “Kan ons loop, asseblief?” smeek sy, nou effens paniekerig. Chrizelle draai na haar toe met ’n frons. “Wat’s fout, Nina? Ek dog jy’s mal oor die man?” “Ja ek is! Maar ek wil nie nou oor hom of met hom praat nie, oukei? Ek sal later verduidelik.” Daarmee draai sy weg en loop in die teenoorgestelde rigting, weg van Markus du Preez.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Rugby en liefde
Ek hoop ons kry n opvolg... lekker gelees dankie
4 jaar 2 maande 2 weke 1 dag 13 ure oud



Kroniek van die Suid-Afrikaanse Weermag (1912 - 1994)

deur Francis Gillieron

Geskiedenis van die Suid-Afrikanse Weermag vanaf 1912 tot sy ontbinding in 1994



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar