Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Lynne skarrel rond in haar kamer, besig om die laaste goedjies te pak. Die trein na Johannesburg vertrek presies oor een uur. Sy haas na die telefoon, bel haar twee vriende om te hoor of hulle gereed is. Afgespreek, dink sy terwyl sy alleen glimlag van opgewondenheid, dit is haar eerste treinrit.

Etlike minute later kom sy by die stasie aan, sak en pak. Renata en Nicole hou haar op ‘n afstand dop. Hulle nader haar, terg oor die groot koffer. Sy lag verleë en verseker hulle dat alles wat daarin is, noodsaaklik is.

Lag-lag betree hulle die perron terwyl hulle vir wag vir die kondukteur om hul kaartjies te knip. “Stilte asseblief” kom ‘n growwe van agter af. Dit is die kondukteur, geklee in ‘n grysblou pak, hy loop penorent, groet almal, knip die kaartjies en verwys almal na hul kompartemente. Nicole en Renata in nommer twee, Lynne in nommer drie. Lynne gluur die kondukteur gevraagd aan, hy kyk na haar bevelend en gaan voort om die volgende mense in die lang ry te help. Woordeloos klim die drie meisies op die trein. Lynne besluit om in elk geval by haar vriende aan te sluit, dit is veronderstel om ‘n avontuur te wees. Hulle maak hulself tuis. Nogal imposant dink Lynne. Na ‘n lang ruk vertrek die trein, steenkool dampe vul die lug, die tjoek-tjoek geluid van die massiewe yster wiele van die trein vul hul ore. Hulle is gevul met opwinding, hang by die vensters uit en waai vir almal wat op die perron staan.

Soos die trein wegraak uit die dorpie, raak dit stil, al wat hulle nou kan sien is die natuur. Bome, berge en dale is in sig, dit skep ‘n atmosfeer van rustigheid.


Na ‘n lang ruk beweeg sy terug na die kompartement, geniet ontbyt. Die moegheid oorval haar en sy besluit om te slaap. Sy lê haar kop op die kussing neer, maak haar oë toe, en met die ge tjoek-tjoek van die trein op die spore voel sy soos een wat ver weg sweef op ‘n wolk.

Die aand skrik sy wakker, die trein staan op ‘n stasie iewers in nêrens, daar is net een klein gebou, geen beligting, die trein se ligte is al wat lig verskaf. ‘n Vernielde bordjie wat se “Transkei” waai aan ‘n paal. ‘n Paar mense klim op, met baie bagasie asof hulle iewers heen trek. Laastens klim ‘n ou tannie op, sy beweeg bietjie swaar asof haar bene haar nie wil dra nie. Lynne aanskou die situasie en beweeg nader om die ou tannie te help. Dit is snaaks dink sy, waarheen gaan ‘n ou tannie hierdie tyd van die nag? Haar kompartement is nommer drie, net langs ons. “Ry jy alleen ouma”, vra sy. “Ja my kind”, antwoord sy. Nadat die tannie haar tuis gemaak het beweeg sy terug na haar vriende. Lynne is uitgeslaap terwyl haar vriende klaar maak om bed toe te gaan.

Die tannie langsaan hoes aanhoudend. Lynne begin krap in haar koffer, haal ‘n hoesstroop uit en neem dit vir die tannie. “Dankie my kind, ek voel nie goed nie, die hoesbuie oorval my”, sê die tannie voor sy die hoesstroop drink. “Dit is vir my ‘n plesier tannie”, sê Lynne voor sy die kompartement verlaat. Na ure se gehoes besluit Lynne om haar maar by die tannie te gaan tuismaak, haar vriende slaap in elk geval. Daar aangekom verwelkom die tannie haar binne. Sy loer oor haar brille en sê kortaf, “sluit die deur”. Lynne probeer ‘n geselsie aanknoop en vra hoe oud sy is. “As die Here my spaar sal ek hierdie jaar neëntig jaar oud word”, se sy met trots in haar oë. “ Maar onthou kind, ‘age is just a number’, ’n mens is oud wanneer jy self die dag besluit het dat jy oud is.”

Daar besluit Lynne toe om haar ouma te noem, nie oor haar ouderdom , maar oor haar kennis. Ouma vra haar om haar koffer oop te maak, en haar draadloos uit te haal. Sy neem dit, konnekteer die groot vierkantig battery, en skakel dit aan. Lynne is nou heel in haar skik dat sy hier kom inkruip het, die draadloos is mos net ‘n bonus vir enigeen se ore.

“Waarheen is julle op pad?”, vra sy. “Ons gaan familie kuier in Johannesburg ouma”, sê ek opgewonde. “ Oe, dat jou ma julle kinders nou moes toelaat om na die geweld toe te gaan is maar darem ‘n ander storie”, mompel sy terwyl sy aan die radio knoppie vroetel om ‘n sein te kry. Lynne kyk haar onseker aan, voel hoe my wange rooi word en sê niks, want haar ma is mos nie ‘n onverantwoordelike ouer nie en sy wonder wat die “riots” nou eintlik is, maar besluit om nie te vra nie.. Sy kyk na Lynne, besef sy het uit haar beurt gepraat, ”Ag, julle gaan seker nie na die area waar die ‘riots’ is nie.” Ouma se storie- program is aan, hulle raak stil en gun die draadloos die kans om hulle te vermaak. Hier gaan sy vir die aand slaap, enige iemand sou hier wou bly oor die draadloos, miskien kan sy môre na Radio Springbok se top tien musiekprogram luister. Die ouma leef haar so in. Lynne kyk haar aan, en wonder of dit al kommunikasie is wat sy met die buite-wêreld ken. Asof ouma haar gedagtes kan lees haal sy aan, “ my draadloos konnekteer my met die wêreld daar buite.” Lynne glimlag skaam en lewer geen kommentaar.

Na die program begin die nuus. Sy kyk na ouma Klara, haar velkleur is bruin, maar haar kleredrag is total tradisioneel, soos die van ‘n Xhosa vrou. Vir haar neus haal sy ‘n spierwit geborduurde sakdoek uit, die geborduurde sakdoek vertel ‘n ander storie, dis hoe die sakdoeke van die setlaars gelyk het, dink Lynne.

“Dit is tyd vir slaap, my hoes het nou bedaar, ons kan môre weer verder gesels.”

Die volgende oggend maak ouma Klara vir Lynne vroeg wakker. Sy haal ‘n silwer fles uit en bedien koffie. Buite reën dit, Lynne besluit om snoesig onder die komberse te kuier.

Ouma Klara staar deur die venster, sy lyk so broos en verontrus. “Vandag mis ek my man, hy was vir my ‘n maat, ‘n vriend, ’n pa vir my twee kinders en my sielsgenoot. Die afgelope paar jaar het dit nie met my so goed gegaan nie. As ‘n mens ‘n ‘ouer’ is bly jy een tot die dood. My dogter Lungi woon hier in Butterworth en my seun Lucky woon op ‘n plaas naby Johannesburg. Lungi is gelukkig getroud met sewe kinders. Al daai kinders en hulle kinders is goed opgevoed en suksesvol. Hul merk het hulle in die samelewing gemaak. Aan die ander kant is Lucky en sy gesin net alles die teenoorgestelde van Lungi en haar gesin. Drank en armoede is hulle voorland. Dit is hartverskeurend want ons as ouers het net die beste vir hulle probeer. Lucky was bederf, hy het alles gekry wat sy hart begeer het, ek het hom selfs laat wegkruip onder my bed as sy pa hom wou pak gee. Dit het my man, Simpiwe baie kwaad gemaak. Hy het gevoel dat ek die kind te veel beskerm, dat hy nooit eendag sy eie gesin sal kan dissiplineer nie. Aan sy sê-goed het ek my nie veel gesteur nie, Lucky was my hart se punt. As hy ‘n pak moes kry sou elke slag van die swepie soos ‘n lem deur my hart sny. Ek was sy ma, ek moes hom beskerm. ‘n Mens kan nie in iemand anders se hart sien nie, óf vir iemand besluit hoe om oor iemand óf iets te voel nie, dus hoe God ons geskape het. My dogter en haar kinders wil nou nie hê ek moet enige kontak met haar broer het nie, want dit gaan my gesondheid ‘n knou gee. Dit maak my so seer, ek kan nie kies tussen die twee nie, ek kan nie besluite van Lungi aanvaar nie, ek is mos haar ma. Maar nee, ek het besluit ek trek sak en pak na Lucky. As ouer het ek my seun gefaal. Tog dink ek dit is nie te laat om reg te stel waar ek verbrou het nie. Sy kinders en hul kinders het my leiding nodig. Ek sal by hulle gaan bly en ‘n ma vir hulle wees. Dit is nooit te laat, want as ‘n plantjie kan groei en bloei uit die swart modder, wie is ons as mens dan om nie te groei en bloei nie. Ek moét gaan reg stel, al is dit die laaste wat ek moet doen. “


“Voordat ek my laaste asem uitblaas sal ek terugkom na Lungi, ek het haar nodig, sy laat ek elke dag uitsien na môre . Nou eers besef ek in al die jare het sy alles net perfek gedoen soos ek en haar pa dit wou hê. Sy het uit haar pad gegaan om my guns te wen, tog was ek so blind, gekonsentreerd op my enigste seun.”

Onophoudelik vloei die trane oor ouma Klara se wange, sy snik sonder ophou, asof al die jare se trane nou vrygelaat word. Bewerig beweeg Lynne nader, hou haar vas, en vra haar om nie te huil nie. Woorde vir die brose ouma het sy nie, sy is tog onervare, en maar net ‘n kind. Ouma Klara se liggaam bewe, haar hart klop onstuimig. Vir Lynne is dit vreemd. Lynne besef miskien moet sy hulp kry want hierdie ouma is oud, miskien is dit nie reg dat haar hart so klop nie, sy is bang, onseker, verward en begin saam met ouma huil. Na ‘n lang ruk word ouma Klara stil, vee haar trane af en soen Lynne op haar voorkop. “Jammer my kind, dat jy nou die persoon moes wees waar ek my jare -lange bagasie afgelaai het”, sê sy en maak die venster oop.

Die vars lug waai in en kalmeer die atmosfeer sistematies. Lynne het ‘n kopseer , haar hart is moeg, haar impulse werk oortyd, en sy hou ouma soos ‘n valk dop, hoop haar hart gaan staan nie, sy het nog so baie om te doen. Minute later krap Ouma Klara in haar groot koffer, haal skryfpapier en ‘n koevert uit, gee dit aan Lynne en vra haar om ‘n brief vir Lungi te skryf. Lynne kyk haar verbaas aan. “Ek kan nie skryf nie, in my jare was daar nie skole op die plase nie.” sê sy asof Lynne dit nou moes weet. Lynne neem die skryfpapier in oorgawe en wag in spanning vir die inhoud van die brief.

“Skryf maar”, beveel ouma Klara haar, haar stem so sag.

Liefste Lungi,

Ek is teen jou beterwete op pad na jou boetie, hoop jy verstaan, dit is deel van my reis wat ek moét voltooi. Jou broer en sy gesin het my op hierdie oomblik nodiger as ooit, dit is ‘n plek wat net ‘n ma kan volstaan. Ek is lief vir julle almal, vra om vergifnis vir alles wat ek in jou lewe verkeerd gedoen het, vergewe my asseblief. Mag daar vir jou altyd ‘n lig skyn, waar jy ook al gaan.

Dankie vir al jou liefde, jou belangstelling in my, jou teenwoordigheid. Dit alles het my laat besef dat dit die moeite werd is om te lewe. Jy is baie spesiaal, al het ek dit nog nooit laat blyk nie. Mooi bly my kind!

BAIE LIEFDE MAMMA


Ouma Klara neem die brief, vou dit en sit dit in die koevert. Sy plak ‘n seël op die koevert met die ‘foto’ van Premier Hendrik Verwoerd. “By die volgende stasie sal ek die brief pos”, sê sy asof dit ‘n episode in haar lewe is wat sy voltooi het. Lynne kyk na ouma en voel baie tevrede met haarself, vandag het sy haar medemens gehelp. Ouma Klara lyk verlig, tevrede en vol hoop.

Lynne sit en verkyk haar aan die reëndruppels wat val teen die vensterruit en is nogal bly vir die kalmte wat intree, oumense verdien nie sulke lyding nie dink sy.

Die kondukteur beweeg gang af, lui ‘n goue klok om aandag op hom te vestig, en roep uit, “Dié trein gaan die volgende stasie vir tien minute stop. Daar is ‘n kafee as julle iets te ete wil koop.” Haastig beweeg Lynne na haar vriende, om te besluit op hul aankope, en natuurlik moet ouma Klara ook iets te ete kry. “Die treinrit was veronderstel om ‘n avontuur te wees, iets om in ons dagboeke te skryf “, haal Renata speels aan. Lynne: “Ek weet, my rit is meer as net avontuur, dit is ‘n les ook. Vir ‘n paar sekondes begin hulle Lynne met kussings slaan, sy lag luidkeels en vir daardie paar sekondes is sy ‘n tiener. “ Raai wat?”, sit sy die gesprek voort. Op aandag stol die twee vriende en wag op die nuus. Lynne lag, hang speels by die venster uit om hul nuuskierigheid te boei. Na ‘n lang ruk draai sy om, glimlag speels en haal aan “Die ouma het sowaar ‘n draadloos, so ek is in kontak met die buitewêreld al is ons in die middel van nêrens.” “Nou hoe op aarde kan jy so selfsugtig wees en ons nie deel daarvan gemaak nie?,” vra Renata terwyl sy met alle mag probeer om verby Lynne na die deur te beweeg. Op ‘n ernstiger noot haal Lynne aan “Nee, die ouma sal nie van die geraas hou nie, sy is in elk geval ‘n bietjie olik. Lynne en ouma Klara het ‘n band gevorm, haar vriende kan nie deel wees daarvan nie, hulle stuitigheid sal dit net bederf, dink sy terwyl sy na die deur beweeg.

Soos hulle die stasie nader, hoor jy mense raas. Dit voel goed om ‘n slag op die aarde te trap, die drie tieners verlaat die trein om die omgewing te besigtig, deel van hul rit, deel van die avontuur wat hulle moet ervaar. Lynne sien die rooi posbus en hardloop na ouma Klara om die brief te kry, sy wil dit self gaan pos, sy voel dit is haar plig, anders het sy dit verniet geskryf.

Hulle gaan sit aan vir middagete met ouma Klara as hul gas. Ouma Klara is stil, besigtig die situasie, ’n traan rol oor haar wang, kyk na hulle en sê met so baie liefde in haar stem, “ Koester jul jonk wees, julle moet elke sekonde daarvan geniet met selfrespek, dit kom net eenkeer in ‘n leeftyd. Eendag wanner julle oud is kan julle terugkyk met trots.” Hulle kyk na mekaar en geniet die spesiale oomblik.


Teen skemer nader die trein ouma Klara se bestemming. Sy hang uit by die venster om te sien of haar seun sy opwagting gemaak het, maar geen beweging van lewe is hier op die stop in sig nie. Sy begin haar bagasie pak, maak haar handsak oop en stop ‘n “Sammy Marks” Tiekie in Lynne hand. “Dit is vir jou, dit is ‘n aandenking van my af. “Baie dankie ouma,” sê Lynne met ‘n hartseer stemmetjie. Ouma gee Lynne ‘n drukkie en vra haar om ‘n gehoorsame kind vir my ouers te wees. Ouma het so baie bagasie wat sy saam met haar dra, letterlik en figuurlik. Hoop haar verblyf op die dorpie sal haar toelaat om alles af te laai. Die trein stop op die stasie. Haastig kom ‘n jong man aangestap, sy skouers hang asof hy iets swaar daarop dra, met ‘n denim broek wat onder sy heupe hang. Sy houding is terneergedruk, tog het hy ‘n lieflike glimlag om met sy ouma te deel. “Dit is my kleinseun”, sê ouma opgewonde en verlaat die trein. Sy gee hom ‘n stywe drukkie, hy hou haar vas met sy gesig na die hemel, asof hy weet dis hulp van bo af. In stilte aanskou Lynne die mooi oomblik, en sy besef ouma is hier werklik nodiger as wat enigeen hulself kon indink.

Die trein vertrek. Sy kan nie help om te wonder hoe ouma Klara se tyd op die dorp gaan wees nie, en of sy haar doel gaan bereik nie. Maar nou ja, soos ouma gesê het :”’n Plantjie kan groei en bloei uit die swartste modder.”

LUNGI SE GEDIG

TILEL: Dis OK ma!
Ons is deel van een groot familie boom,
Ons is die lemoen in die sitrus boord,
Ek die skil, eers groen, later oranje,
Sonskyn, reën, wind is my Kompanje
Sonder my kan die vrug nie floreer…
Ek vat almal se seer

Ook vul ek die lug met geur,
Die boord met kleur,
Die stam, die tak, die blaar     
Vir my ‘n noodsaak
Ons hoort bymekaar…
Vir altyd!                                                                             



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kroniek van die Suid-Afrikanse Weermag (1912 - 1994)

deur Francis Gillieron

Beskryf die geskiedenis van die ou SA Weermag vanaf sy stigting in 1912 tot sy ontbinding in 1994. Die SA Weermag se voorgeskiedenis word ook weergegee.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar