Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

 

Pa, ek onthou jou nie.  Dis nou al amper vyf jaar later, en ek kyk na jou foto’s – ek sien jou - maar ek onthou jou nie.

 

Ek sal nooit vergeet daardie dag in April 2003.  Dit was ‘n Vrydagmiddag en ek was nog in die parkeerterrein, op pad huis toe toe ek die oproep kry.  “Pappa is in die hospitaal, hulle dink dit was ‘n hartaanval,” het my ousus gesê.  Ek was yskoud.

 

Die uitslag was egter heel anders.  Longkanker, en dit het reeds te ver gesprei, hulle kan niks doen nie. O die hel om te sien hoe jou Pa elke dag voor jou oë ouer en maerder en kleiner word.  Hoe die pyn onuithoudbaar word, so erg dat jy hom later nie eers meer die drukkie kan gee waarna hy so smag nie.

 

Hy was altyd so bly om sy kinders te sien, so asof hy die tyd kon vashou en ‘n paar ekstra ure kon koop. En later, toe hy so swak was dat hy nie meer kon opstaan nie, het hy baklei daarteen om weer hospitaal toe te gaan, so asof hy geweet het dit is die einde. 

 

Om hom so te sien sukkel om asem te haal – so kragteloos.

 

 Dit het hom sewe maande gevat om dood te gaan, en elke dag het ‘n stukkie van my ook gesterf.  Die dood het my Pa gevat en die kanker het my herinneringe gesteel…

 

Pa ek kyk na jou foto’s, maar ek onthou jou – nog -  nie…..

 



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Pa, ek onthou jou nie
Die kloue van kanker het dus nie net in jou pa se vlees geklim nie maar ook in jou gees. Dis ‘n hartseer stuk om te lees, doll.

Groete

Chenél
11 jaar 8 maande 1 dag 2 ure oud


dalk die natuur se manier om die aanvaarding sagter te maak, later sal jy net die mooi van lank terug onthou, die swaar van sy stadige dood sal versag.
11 jaar 8 maande 1 dag 15 ure oud


Oumatjie dis 'n eina seer, ek hoop en bid dat jou seer sal genees.
11 jaar 8 maande 1 dag 23 ure oud



Die Skree van Stilte

deur Alex Fan Moniz

37 spesifieke gedigte gekies uit ‘n versameling van oor 300 wat ek oor die afgelope 25 jare gedig het, wat ek graag met julle wil meedeel, daar is ook ‘n paar nuwe gedigte spesiaal vir die bundle gepen.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar