Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die eerste paddastoelwolk is gruwelik-pragtig. Ons kyk toe hoe golwende dood TV-skerms uitdoof. Op die strand skitter wit skuim tussen skulpe. Ek wil jou hand vashou, maar krap net jou hare deurmekaar om jou te laat lag.

Nog paddastoelwolke. Nog stede wat in massagrafte omskep word. Nog mense wat saambondel om te oorleef. Nog geweldadige uitbarstings. Ek wil jou hand vashou, maar maak ’n simpel grap.

Duisternis verteer die wêreld terwyl ons na die skuilings vlug. Die dood versprei in as en wolke en swart maskers. Ek kan nie jou oë agter die gasmasker se toegewasemde lense sien nie. Ek belowe jou dat ek jou nie sal verlaat nie.

Een vir een raak miljoene stemme stil, om net iewers tussen die dooies of in die vreesgevulde herinnerings van die lewendes onthou te word.

Net leë, gebroke doppe bly agter. Doppe van stede, doppe van mense, doppe van siele, doppe van gebede om vergifnis wat na die donker lug gefluister word.

Ek het lank genoeg gewag.

Ek neem jou hand in myne.

#

Hierdie verhaal is oorspronklik vir een van die Flash! Friday-kompetisies geskryf.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Paddastoelwolke
Wow. Jy sê so baie in so 'n kort stukkie. Puik. En ek hou van die titel...
4 jaar 2 weke 11 ure oud


Paddastoelwolke
Dit is `n ragtige stukkie flash fiction, en `n besonderse prentjie wat jy verf.
4 jaar 6 maande 1 week 2 dae 13 ure oud


paddastoelwolke
baie goed gepen
4 jaar 6 maande 1 week 4 dae 7 ure oud



As drome waar word

deur Evelyn van der Merwe

Sewentig gedigte wat ‘n buitengewone vrou se lewe beskryf. Sewentig boodskappe van lief en leed uit die pen van ‘n vrou wat op die harde manier geleer het om meer as die gewone teenslae van die lewe te hanteer, om sterker te word en uiteindelik om sterk te wéés – nie net vir haarself nie, maar ook vir die mense rondom haar.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar