Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Tim is besig om reg te maak vir werk, dit is nou sy beurt vir drie dae van nagskof werk. Maar vanaand gaan werk hy met ‘n swaar en hartseer hart, sy pa is eergister gediagnoseer met leukemia/beenmurg kanker. Toe hy klaar aangetrek het en sy uniform lyk weer spoggerig skoon nadat sy ouma dié gewas het sê hy totsiens vir sy ouma en tanie by wie hy bly en klim op sy fiets en ry werk toe. Hy werk darem nie baie vêr nie sommer net om die draai, oppad werk toe ry hy oor ‘n klip en val pens en pootjies op ‘n grasperk “wat gaan nou nog verkeerd gaan” dink hy by homself terwyl hy opstaan en sy klere reg trek en afvee “ek sal veel eerder by pappa wil wees” dink hy weer by homself en klim weer op sy fiets en ry verder.

Tim het maar ‘n klein hartjie en word baie vinnig hartseer, en toe sy pa vir sy ouma vertel dat hy gediagnoseer is met kanker, toe is almal in trane daar in die woonstel waar hy bly. Hy was al ‘n rukkie voor sy pa gebel het in trane maar dit het gestop, hy sal hartseer wees tot sy pa gesond is. “Pappa sal gesond word, ek glo so, ons moet net glo pappa” Tim het pas by die werk aangekom en hy praat met sy pa oor die foon. “Ek weet my seun, ek weet, maar as iets gebeur moet jy weet ek is baie lief vir jou, en ek is trots op jou” antwoord Tim se pa terug, hy en sy ma is nader aan mekaar as hy en sy pa maar hy is ook baie lief vir sy pa want sy pa het vir Tim en sy boetie, Zander, alleen groot gemaak en hulle was baie stout. Zander is gelukkig by mense wat baie goed vir hom sorg.

“Okay pappa, ek bel weer, pappa moet nou eers rus” sê Tim en trane begin by sy wang afrol. “Reg my seun, dankie vir die bel, lief vir jou” antwoord Tim se pa terug. “Lief vir pappa ook” Tim druk die foon dood en loop terug in sy kantoortjie in “hoe gaan ek ooit deur hierdie nag kom?” dink hy by homself daar waar hy in sy stoel sit en huil, pligsgetrou soos altyd, wel sy ouma sorg daarvoor. Elke uur moet hy patrollie loop maar hy loop elke half uur net om sy gedagtes skoon te kry, en alles oor te dink, hy en sy pa het mekaar die laaste drie jaar bitter min gesien as gevolg van sy stiefma wat nooit wou hê sy pa moes sy kinders sien nie.

Ses uur die volgende oggend is Tim se skof klaar en ‘n kollega vat by hom oor, kwart oor ses toe stap hy by die woonstel in en gaan rus, dit is Maandag en hy is darem die volgende drie dae af. Hy slaap en droom kort-kort dat die Here sy pa gaan kom haal, elf uur toe skrik hy papnat gesweet wakker en vertel vir sy ouma wat hy gedroom het. “ag dit is net ‘n nagmerrie my kind, ons bid en glo dat dit nie sal gebeur nie, tensy dit die Here se wil is” sê Tim se ouma vir hom oor die nagmerrie wat hy gehad het.

Die middag vra Tim se ouma vir hom om gou vir haar kafee toe te gaan vir brood, eiers en melk en hy spring op sy fiets en ry winkel toe, so drie kilometer van waar hulle bly. Terwyl hy ry dink hy aan die eerste keer toe hy op ‘n fiets geklim het, hy onthou dat sy pa hom geleer het. Hulle was by ‘n ou tennisbaan en sy pa het die saal vashegou terwyl hy ry, en toe Tim weer sien toe het sy pa die saal gelos en hy kom agter dat hy alleen ry. Hy kyk agtertoe en sien sy pa en ma vêr staan, die volgende oomblik toe hy weer kyk toe tref hy ‘n muur wat voor hom verskyn het.

Die volgende oggend toe sê Tim vir sy ouma hy gaan bietjie in dorp om vir hom ‘n Playstation te kry, hy is gek daaroor om speletjies te speel. Sy fiets het gebreek so hy moet nou loop, halfpad dorp toe, toe lui sy foon en hy antwoord:”Hallo ouma, wat? Nee dit kan nie wees nie! Ek draai nou om en loop terug huis toe” Sy pa het ‘n terugslag gehad in die hospitaal, hulle moet ‘n brein skandering doen en hy het longonsteking gekry, hulle weet nie of hy dit deur die dag gaan maak nie.
‘n Paar uur later sit Tim langs sy pa se hospitaal bed en hou sy pa se hand vas, sopnat soos wat hy huil en hy is ook kort-kort buite om die res van die familie te sien en te kyk of hulle reg is. Na ‘n uur sê die dokter dat hulle nou die brein skandering moet gaan doen en hulle vat Tim se pa saam na die ander sale toe en Tim se stiefma en stiefoupa gaan saam. Almal staan buite die hospitaal en is gestres, niemand weet wat om te verwag nie. ‘n Half uur later toe kom Tim se stiefma terug en vertel vir almal dat sy pa dit nie gemaak het nie, hy het sy laaste asem uitgeblaas toe hulle sy brein voor wou skandeer. Die dokters kom toe met Tim se pa se liggaam terug na sy saal toe waar hy gelê het, Tim hardloop en gryp sy pa se hand, hy skree soos wat hy huil:”Pa, moet ons asseblief nie verlaat nie!”

©Timothy De Vos Botha-Alle Regte Voorbehou 2015-07-02





Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Pa
Ai dis sad, maar dis die lewe en die einde.
5 jaar 6 maande 2 weke 6 dae 3 ure oud


Pappa
sjoe hierdie is n diepseer verhaal!
5 jaar 6 maande 3 weke 1 dag 6 ure oud


Pappa
Dis nooit lekker om 'n ouer aan die dood af te gee nie.
5 jaar 6 maande 3 weke 1 dag 6 ure oud



Hartsnare

deur Driekie Grobler

100 Inspirerende gedigte en hartsgedagtes oor menswees en die lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar