Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



Liewe vriend, dit is nie witbroodjie om met jou te begin as 'liewe' nie, want na seker ongeveer 55 jaar se vriendskap met julle, weet ek dat jou, en my, se geloof, 'n baie sensitiewe aspek van ons lewe is, want ons het grootgeword in huise waar ons ma's ons goed geleer het om op geloof te leef, in 'n hoop op iets wat ons nie eers kon verstaan het nie, en dit was perfek, en die mooiste beeld, wat ek ooit in my lewe van liefde ervaar het, was die dag toe jy jou liewe ma na my gebring het op die plaas en jy haar soos 'n baba dra. Nou nog as ek daardie dag herleef, dan skiet my oë vol trane.

Ek kan nie onthou of jy saam met my in Std. 5 was nie, maar Dries Kriel was deur Mnr Malherbe [Twakkies], lelik in die gesig gevat oor sy AGS-Kerk. Op pad huistoe het ek 12 verskillende Kerke getel en by die huis wou ek van my ma weet of die woord KERK in die bybel staan, maar sy kon dit nooit kry nie, maar dit was in die KJV. Op daardie stadium het ek besef dat iemand van die kerk oneerlik is ; óf die Engelse 'crook' óf die Afrikaans is oneerlik.

Jare later sit ek op die stoep en gesêls met my pa, wat nie kerk toe gaan nie, maar my ma is in die kerk en sy speel die orrel en sy is die tesourier. Ek vra toe vir my pa wat van ons gaan word wat nie kerk toe gaan nie en hy verseker my dat hy die Bybel bestudeer het en nie kerk ontdek nie en die kerk kan dus nie ons toegang tot die hemel wees nie.

"Hulle almal verskil dan almal van almal?"

"Watter gees maak dat almal met almal verskil?"

Later vra ek my Ouma, (sy was my mentor), wat móét ek doen om in die hemel te gaan wees en haar antwoord was onmiddelik eenvoudig eerlik en werklik vir my:

"As jy in die ewige lewe wil ingaan,
onderhou die gebooie, want;
Salig is die wat sy gebooie doen,
sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe"
. . . . want as jy die gebooie doen,
kry jy genade, en slegs dan kry jy genade,
dit is die tweede gebod . . . .
. . . . omdat jy so stout en nuuskierig is!! [LOL]

My ma was in die SDA-Kerk wat Saterdag as Sabbat hou, net soos Jode, en twee keer het ek debatte gehad met Liebowitz, want hy kon nie verstaan dat ek weet van die Sabbat nie, en tog Jesus aanbid, en dit is dan Zeus? Ek was baie ontsteld en het hom van laster beskuldig, maar eers 40 jaar later ontdek ek dat hy so wrintiewaar geweet het dat ons mislei was.

Ek het ontdek dat Jode wat Hebreeus by die Sinagoge leer, ons werklik eeue voor is terwyl ons iets 'stupid' soos Latyn of Duits wil leer as derde vak om toelating tot universiteit te kry. Wat voor? Dit help ons 'boggerall' maar hulle joodjies wat Hebreeus leer, ken die SLEUTEL VAN DIE NAAM en wil dit vir niemand gee nie? HOEKOM?

Na 1984 het ek intens die Bybel begin bestudeer, met die wete dat KERK, nie Bybels is nie, en dat babadoop die Merk van die Dier is, en het dit het my aangespoor om ernstig te kyk na wat regtig in Hebreeus staan, maar eers nadat die komper en die internet gekom het, was dit maklik om self navorsing te kon doen. Tenspyte van my twyfel in die kerk, is ek kerk toe om gedoop te word, en die aand met die voorstelling en hulle die doopsertifikate uitdeel, sien ek agter dat ek 'n beëdigde verklaring moet aflê dat ek lojaal sal wees een die KERK en gereeld my TIENDES aan die KERK moet betaal, en net daar en dan het ek geweet dat die GEES VAN WAARHEID in my, presies daardie aand na die DOOP, dadelik besef het dat KERK en GELD nie vir my is nie. My pa was reg: "werk 6 dae en rus tuis die 7e" . . . .daar is geen voorskrif vir kerk in die hele Bybel nie.

In 1979 was ons in Rome en in die een boekie lees ek dat die Beeld van die Verlosser . . . . 'n mosaiekpaneel van die HOLY GHOST wat verskyn het in die eerste kerk van Konstantyn . . . ."is the most venerated object of the Vatican" Dit het my 4 jaar geneem om 'n foto van daardie beeld in die hande te kry, en toe ek dit kry toe weet ek waar kom die derduisende beelde van JC vandaan.

Alhoewel Liebowitz my laat besef het dat Jesus Christ die valse profeet is, wou ek dit nie aanvaar nie, en eers in ongeveer 1999, het ek iemand raakgeloop wat my toe mooi ingelig het oor die vervalsing van die name in die kerkbybelvertalings en my die SCRIPTURES gegee het, wat die NAME aanspreek, en alhoewel die SCRIPTURES 'n wonderlike poging is om die Name reg te stel, is daar ook nog baie groot vertalingsfoute op ander plekke, maar nie as gevolg van misleiding nie, maar slegs as gevolg van gewoonte van indoktrinasie deur die gelowe waarin ons almal groot geword het. Toe ek die SCRIPTURES by hom koop, koop ek ook die boekie van dr Chris Koster van 'GAAN UIT HAAR UIT MY VOLK" wat handel oor Openbaring 18 en daarin bespreek hy al die valshede van die kerkbybelvertalings. Ek koop toe 'n hele spul Bybels en Boeke om uit te deel en daardieselfde dag toe steel hulle die kar met alles in en met 4000 Britse Pond in my baadjiesak (vandag = R72,000) en die ou wat dit soort van veroorsaak het, klim later op sy motorfiets en pleeg selfmoord omdat hy werklik geglo het dat almal kry 'n tweede kans na jou eerste dood.

Hoekom skryf ek hierdie brief? as ek iets weet wat ek deur LIG ontvang het, en ek steek dit weg, word ek verantwoordbaar gehou, maar as ek dit met jou deel, kan jy dit verwerp of jy kan self ondersoek instel, maar dan is ek gevrywaar, en as ek iets lieg of doen om enigiemand te mislei, sal ek hel toe gaan, maar dieselfde geld vir jou: . . . . as jy iets weet wat waar is en ek doen of glo die verkeerde, is dit jou plig om my in te lig.

My deel van inligting is nie om iemand te mislei of om iemand te bedrieg of te oorreed om anders te glo nie, maar slegs dit te deel wat verkeerd vertaal is in die Bybels, sodat jy ook kan help in die soeke na die waarheid. Gestel ek gee niks om vir jou of enigiemand anders nie, dink jy nie ek het my plig as vriend versaak nie?

Miskien het jy vannag vir my gebid, want ek bid altyd vir al my geliefdes, maats en familie en selfs kollegas, en selfs sommer vir almal. . . . maar vannag skrik ek wakker, miskien uit 'n droom, en ek weet ek móét hierdie brief vir jou skryf.

Dankie vir julle vriendskap,

mag julle geseënd en voorspoedig en gesond bly.

Chris



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Kobus
. . . . jy is my gebed verhoor;
". . . . as net een deur U ASEM gehoor word,
sal ek U NAAM loof en prys in HALALuYAH"

Kobus, ek belowe jou ek sal jou noukerig antwoord,
as ek nie vandag by dit uitkom nie,
beslis deur die week.

In baie kort, wat jy solank kan oor bid en dink en argumenteer:

1 - in Joh 5:43 weet ons dat die valse naam vereer word
2 - die hebreeuse naam YAH YAH'shua YAH o VaH is deur Moses geskryf
3 - Messias het as Y'shua die volk in Kanaan geneem
4 - daarna het HY gesterf
5 - 11 eeue later is HY in vlees gebore en Sy Naam was deur die hemel gegee as YAHUSHUA, wat die vertalers verander het na Zeus (Jesus)
6 - HY het ons verseker dat ons HOM eers weer sal SIEN op die wolke saam met SY VADER op die LAASTE DAG,
7 - MAAR 300 jaar later, verskyn DIE HEILIGE SPOOK in die 1e Kerk en maak asof HY die VERLOSSER is = SALVATORE.
8 - op bonatuurlike manier kom sy beeld op die muur
9 - van hierdie beeld word beelde en prente gemaak as Jesus Christ
10 - Jesus is die akroniem ingebou in 666 in Openbaring 13:18
11- almal aanbid Jesus Christ as GOD
12 - GOD kom net een keer voor in Jesaja 65:11
13 - in vers 12 word ons gewaarsku as ons die naam GOD noem, gaan DIE LAM ons doodmaak, want dit is SATAN SE MERK
14 - My vraag aan jou vir die tussentyd: "Wie lieg? Y'shua wat ons vertel het ons sal HOM op die Laaste Dag eers SIEN, of die SPOOK wat beelde van homself laat maak om aanbid te word in die kerk?
4 jaar 6 maande 1 week 5 dae 6 ure oud


PERSOONLIK
Chris, ek kan nie met jou stry nie, ek wil ook nie. Maar iets hinder my.
Jy sê ..."dat Jesus Christ die valse profeet is..."
Waar kom jy aan dit?
4 jaar 6 maande 1 week 5 dae 19 ure oud


BAIE DANKIE
. . . . dankie dat jy dit met my deel:

wys jou nou net hoe SATAN orals inkruip:

LUCIFER OUR LORD,

weet jy dit was die eerste keer wat ek LOL gebruik het,
en dadelik is jy na my gestuur om my reg te help.

Mag YHVH jou en jou gesin ryklik seen en beskerm.
4 jaar 6 maande 1 week 6 dae oud


LOL
. . . . ek het verstaan dit beteken

LOTS OF LOVE,

maar toe hoor ek dit beteken ook dalk

LAUGH OUT LOUD,

4 jaar 6 maande 1 week 6 dae oud


PERSOONLIK AAN MY VRIEND
Wat presies beteken die woord; [LOL]? Kyk gerus na hierdie skakel asseblief.

https://www.facebook.com/KenyanActors/photos/a.236388263065333.50505.219346711436155/453051048065719/?type=1
4 jaar 6 maande 1 week 6 dae 19 ure oud


waarheid
. . . . onthou dat almal is mislei,
ook teoloe, volgens Openbaring 12 en in 13 aanbid almal DIE DRAAK.

. . . . ons kan die predikante nie blameer nie,
want hulle is so geleer, selfs jy en ek.

. . . . maar na 1994 is alles en word alles openbaar,
volgens Daniel 12.

Jy en ek moet die bedrog aan almal verduidelik,
sodat almal self kan kies, wie en wat hulle wil glo.
4 jaar 6 maande 2 weke 8 ure oud


vriend
ek het dit ernstig teen deesdae se predikante dat hulle nie die waarheid preek nie
4 jaar 6 maande 2 weke 13 ure oud



Kroniek van die Suid-Afrikaanse Weermag (1912 - 1994)

deur Francis Gillieron

Geskiedenis van die Suid-Afrikanse Weermag vanaf 1912 tot sy ontbinding in 1994



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar