Kortverhale

Titel: Poort van die Heuning Bye(H1)

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Die kantoor skoonmaakster wag reeds as Tilda Brink met die sleutel opdaag.
“Selina wag jy al lank?”

“Nee Juffrou Tilda, ek het ook net-net aan gekom, die bus was alweer laat vanoggend”

Tilda steek die lang groot sleutel in die voor-deur van die Prokureurs kantore Mc Clellan, en Mc Gie, die sleutel steek altyd 'n bietjie was, net soos 'n steeks donkie, dan moet sy die deur knop hard na vore trek voordat sy die sleutel in die slot draai, dan eers swaai die swaar hout deur oop.

Sy hang haar baadjie op aan die kapstok, en begin die ligte aan skakel, dit is pas sewe uur, en die kantore is nog donker van binne, sy skuif die swaar groen fluweel gordyne oop, van buite begin
Adderley straat lewe toon vir die dag. Sy gaan vul die koper warm water ketel op met water, en skakel dit aan, dan pak sy die koppies netjies uit op die skinkbord, almal soek altyd 'n koppie warm tee voordat hulle begin werk, maar vir Selina en haarself maak sy dadelik tee, sy woon in 'n losies huis loop afstand na die werk, maar Selina kom van ver buite die stad, en het die koppie warm tee broodnodig.

Tilda is gebore in die Noord -Kaap, op die plaas 'HEUNINGKLOOF'' vanaf die eerste Brink's in Suid-Afrika voet aan wal gesit het, behoort die plaas aan die familie, na haar groot ouers se dood, het dit die eiendom oor gegaan na haar Vader Paul Brink, en sy broer Kobus, hulle boer met heuning, Tabak, rooibos en heuningbos tee op die berg kruin.

Die woonhuis is 'n statige ou woning, met geelhout plank vloere en die swaar geelhout balke loop in lengte oor die hout plafonne heen. Die mure is vier bakstene dik, en al die deure van swaar geel hout gemaak, in die Noord-Kaap is die ou woning heerlik koel in die vreeslike warm Somer, en in die winter word die hout stoof en kaggels met hout gestook, om die huis te verwarm teen die bitter koue nagte. Die huis het 'n sink dak, en onder die hout vloer van die laaste slaapkamer is, 'n diep kelder deur haar Oupa gemaak, hy was altyd bang as daar skielik 'n oorlog uitbreek moet hy sy kosbaarhede kan versteek in die kelder.

Tilda haal die oortreksel van die tikmasjien af, sy gaan sit agter die lessenaar en gaan die lint na, want vandag moet sy 'n groot hofsaak verwerking tik vir Meneer. Mc Gie, haar onmiddellike baas, 'n regte Engelsman in murg en been, en ook iets wat neerhalend teenoor Afrikaans sprekendes, hy het nooit direk teenoor haar enige onsmaaklike aanmerking gemaak oor die Afrikaans sprekendes nie, maar sy hoor hom dikwels dit maak teenoor sy Mede Engelse vennote in die Firma.

Tilda is een van die gelukkige Afrikaanse meisies, haar ouers is nie so nougeset dat Meisies nie mag leer nie, maar alleenlik hulle self voorberei vir die huwelik, en moet 'n goeie huisvrou en Moeder word, hulle het haar na die beste skool in die Paarl gestuur waar sy haarself bewys het in die vakke snelskrif, tik, en Boekhouding, sowel as die Engelse taal, na haar matriek was sy dan genomineer om haarself verder te bekwaam by die Prokureur Firma as 'n “gespesialiseerde Sekretaresse vir Prokureurs en Advokate, en vir enige diens aan 'n hof.”, sy is reeds twee jaar in diens van die Firma, en hulle beskou haar as uiters bekwaam.

Die personeel kom een vir een binne, “Goeiemore Tilda, ek sien jy het al die water gekook vir die tee, dit sal nou lekker smaak”'

Terwyl sy die tee inskink dring die gesprek tussen Meneer Mc Gie en nog ander Engels sprekendes tot haar deur, “Wat probeer ou Paul Kruger bewys? Hy wil nou Cecil John Rhodes aanvat oor die Jameson Inval, as hy sy punt wou bewys het moes hy nie die skuldiges vir straf terug gestuur het na Engeland nie, maar hier laat dood skiet het vir Hoog Verraad."

“Ja, maar wat gaan hy bereik, as hy oorlog verklaar, Engeland stuur troepe, hulle maai die spul opstandige boere af in 'n voormiddag”
“Ek gee nie eers die boere tyd tot twaalf uur nie, hulle word almal plat geskiet voor die eerste oggend tee tyd”, almal skater lag, Tilda wonder waarom almal verwys na die sogenaamde Jameson Inval, wat was dit eindelik gewees, sy weet dat Paul Kruger reeds 'n paar keer na Engeland vertrek het om met die Engelse Regering te praat, maar waaroor presies weet sy nie, nogtans gaan sy die Geskiedenis onderwyser in die losieshuis vra waaroor dit gaan, sommer nog dieselfde aand.

Die posbode bring die pos om tien uur binne, plaas dit in die mandjie op die lessenaar van Tilda,

“Tilda hier is 'n persoonlike brief vir jou, seker van jou ouers, “hy hou die brief na haar uit, gretig steek sy die brief oopmaker in die koevert om dit oop te maak, ai,haar verlange is baie groot na Heuningkloof, en haar familie.

Sy vou die brief oop, en begin lees haar ma se skewe agteroor buig handskrif

Liefste Tilda

Met die genade van ons Liewe Heer is alles goed op Heuningkloof en met almal in die familie.
Die groot Sog het tien kleintjies gekry, dit is die meeste wat sy nog ooit gehad het.
Jou broer Floors is nou klaar met sy opleiding en werk sy aan sy met julle Vader.

My hans lammers is al mooi groot, en sal gereed wees om te verkoop saam met die hoenders en kalkoene die Kersfees. Pa het weer veel heuning uit gehaal, en die Winkel op die Sendingstasie, vra alweer meer want hulle het veel aanvraag.

Tilda ek skryf hier namens die familie die brief, hier is groot probleme in die land, Kruger gaan oorlog verklaar, en Jou Vader en Floors gaan veg, waarom weet ek nie, want ons woon in die Noord Kaap, maar hulle het reeds by 'n Kommando hulle name op gegee.

Vader versoek dat jy moet bedank en na huis kom, want ons twee sal oom Kobus moet help met die boerdery, en jy is die enigste die alles van die bye weet.

Tilda laat ons weet wanneer ons jou moet verwag en kom ophaal by die stasie.

Almal stuur groete

Jou liefhebbende ouers

Paul en Lenie Brink.

Sy lees die brief vir 'n tweede keer, in die aand moet sy uitvind wat aan die hand is, haar ouers sal nie vir niks verwag dat sy moet bedank nie, en haar Vader en broer op Kommando? Waar gaan die Kommando heen?

Die dag kom tot einde, Tilda tik die laaste hof stukke klaar, almal het reeds vertrek, sy trek haar baadjie aan, skakel die ligte af, en sluit die deur, vanaand gaan sy dit haar doel maak om uit te vind waar oor die Jameson Inval gaan.

Word vervolg.




Kommentaar

Weergawe: 1 | 1 jaar 6 maande 1 week 2 dae 21 ure 53 minute gelede gelewer

Onderwerp: Poort van die Heuning Bye(H1)


Ek gaan beslis verder lees!


Die avonture van Massimo, die perdjie

deur Gawelina

Massimo, die perdjie beleef groot avonture asook hartseer in sy grootwordproses.



Mentorskap program

Mentorskapprogram

Leer meer oor skryf en word deur 'n mentor op jou pad gehelp.

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar