Titel: Poort van die Heuning Bye(H11)
Weergawe: 1
Aantal woorde: 1131
Kere gelees: 63
Datum gepubliseer: 20 Aug 2010
Brain Mc Clachlan, sit agter die taaibosse, hy is moedeloos, sy perd se poot is seer, en hyself is hopeloos verdwaal hy het geen idee waar hy homself bevind nie, vanaf kind is hy rigtingloos, sy eie Moeder moes dikwels vir hom 'n tekening maak as hy iewers in Edinburg, die stad in Skotland waar hy opgroei heen moes gaan.
Sy vader is 'n mediese praktisyn met 'n eie praktyk in Edenburg en sy moeder is 'n tekenaar by 'n bekende Argitekte Firma. Die Mc Clachlans het drie kinders, twee seuns en een dogter, maar Brain is die oudste, en het na sy Matriek Siviele Ingenieurswese gaan studeer aan die universiteit van Edinburgh, hy moes egter na sy studie twee jaar militêre diensplig doen, en was na Suid-Afrika gestuur, om oorgange te bou oor riviere, hy is nie ʼn soldaat op die slagveld nie.
Die oorlog is vir hom een groot ellende, waarom moet Die Engelse so gulsig wees, steeds moet hulle meer en meer, die verwoesting die hy aanskou soms, laat sy maag op 'n knop trek en met moeite moet hy sy braaksel in hou. Skotte het geen liefde vir die Engelse, ondanks die feit dat hulle so genaamd deel uitmaak van die Britse Gemenebes van Nasies, vanaf die tyd toe die Britte hulle koningin Mary,Koningin Van Skotland onthoof het, openbaar die Skotte alleenlik toleransie teenoor die Engelse, en niks meer nie.
By die groot huis het Brain water gevind vir die perd, en weiding, maar self eet hy reeds drie dae rantsoene, miskien verander dit nou, want vanuit die vallei, tussen die groot kranse en die groot bome, het 'n jong seun verskyn, die is besig om heuning uit te haal, sodra die seun weer vertrek, gaan hy hom volg op 'n afstand, hy het geen ander keuse nie.
Tilda het die emmers opgevul met heuning, sy hang die emmers weerskante van die donkie, onderlangs loer sy na die sag proesende perd en ruiter agter die taaibosse, sy neem die leisels van die donkie en stap aan na die poort, die bye zoem, zoem voor die krans se bek, maar sy hoor dit nie meer nie, dit is deel van die Heuning oes, wat sy wel hoor is dat die perd en die Engelsman vlakby die poort se ingang is, die perd het pyn in die poot, sy kan dit hoor sodra hy sy poot neer sit, dan proes hy heel sag.
Die voetpad is erg smal, die afgrond winkende aan die een kant is diep, so diep dat indien iemand daar afval, is hy gelyk dood.
Brain hou die perd se leisels kort, maar die is senuweeagtig, en gly steeds na vore, en dan moet hy probeer om die dier terug te hou, self loop hy glyerige na benede, die jong seun voor hom kyk nie om nie, hy loop gemaklik voort op die smal gevaarlike voetpad.
Tilda weet dat die Kakie haar volg, sy hoor as hy sag praat met die beangste perd, sy kyk nie om nie, loop gewoon asof sy totaal onbewus is van sy alomteenwoordigheid. Ag. Liewe Heer, as ek die elmboog bereik maak seker dat hy nie langs my kom loop met sy perd nie, Here, vandag sal U ons moet bystaan hier in die vallei, want ons weet nie wat hierdie man soek nie.
Hulle bereik die elmboog waar die voetpad wyd is en die afstand nie meer so ver van die huis is nie.
Brain besluit hy sal agter die seun bly loop tot waar daar 'n woning is, hy moet geen vrees opwek by die seun nie.
Langs die geboude kliphuis het Kobus 'n lang laning, begroeid met bougainvilleas, die blomme is diep rooi in kleur, in die laning, is daar krippe vol voer vir die perde, pale vir die vasmaak, en sinkbaddens vol water, van uit die laning is die kamp hek waar die donkies, en ander perde daagliks wei.
Wanneer hulle die huis bereik, wys die seun na die krippe, dat Brain die perd moet vasmaak. Tilda maak die emmers met heuning los en tel dit af van die donkie, dan klap sy die donkie op die boud en maak die kamp hek oop en jaag hom na binne.
Tilda maak ’n beweging met haar hand dat hy moet kom na die agterdeur. Lenie het reeds die tafel gedek en die vars plaas botter en tuis gemaakte konfyt is reeds op die tafel op die stoof kook die heuningtee in ʼn lig geel kleurige emalje kan, voor die houtstoof buk ʼn vrou met ʼn geborduurde voorskoot aan en haal die botterbroodjies uit die oond, die reuk vul die kombuis, sy kom orent met die bakplaat broodjies, “Tilda, wat sien ek deur die venster, 'n verdomde Kakie met 'n perd wat gaan aan?”
“Stil Moeder, onthou ons is nie sy taal magtig nie, hy sal moet teken en met hand gebare beduie wat hy soek, Vader en Floors word as Kaapse Rebelle beskou, ons moet beleef en onnosel voordoen. Ek gaan my verklee”
Brain kyk oor die onder deur na binne in die skemer kombuis, die seun is in gesprek met die vrou voor die stoof, die reuk van botterbroodjies sweef op hom af, net soos 'n Sondag by sy ouers, die gedekte tafel, laat sy maag sing van die hongerpyne, hy sal hom moet bedwing om nie te gryp na die ete nie, maar eet met maniere! Die seun haal die hoed met die net af, dan tuimel uit die hoed 'n lang diep wyn rooi vlegsel, dit is geen seun nie, maar 'n meisie, sy kyk hom vol aan, die sproete oor haar neus en op haar bo-lip is tergend mooi.
Lenie steek haar hand uit na die Kakie, “Lenie Brink”, hy neem haar hand “Brain Mc Clachlan, dadelik weet sy hy is nie Engels nie, maar Skots, sy uitspraak is diep en rond. Sy wys dat hy die helmet moet ophang, en in die hoek van die kombuis op die tafel, in die waskom sy hande moet was, en dan kom aansit.
Kobus Brink kom die kombuis binne, hy hang sy hoed aan die rak, Tilda kom van uit die kamer die kombuis binne sy is geklee in 'n blou sis rok met wit kraag.
“Tilda watter stertjie het jy van bo af gebring?”
“Oom Kobus ek dink hy is 'n verkenner, en het verdwaal, maar die perd se voet is ontstoke, Oom moet asseblief daarna kyk, en ons moet nie sy taal praat nie, want as hulle huise afbrand en vrouens wegstuur, mag hy die soldate hierheen lok en dan is ons verlore.”
”Dit is goed Tilda, ons sal dat hy met hande en tone verduidelik wat hy hier soek.”
Word vervolg.
Lees ander kortverhale deur drabmol
E-pos my as kommentaar gelewer word
Raporteer foute/ongewenste inligting rondom die kortverhaal
Stuur e-pos aan vriende aangaande hierdie kortverhaal

Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae
Meeste gelees in die laaste 24uur
Meeste kommentaar ontvang in die laaste 24uur

Kortverhale
Woes-Nuus
Artikels
Gedigte
Rubrieke

deur Maangodin
Annelise, die skrywer van Maanvrug, is terug. Ná haar eksoties-metafisiese reis deur die hiernamaals in Weerloos speel slavin weer in die bekende wêreld van hedendaagse Suid-Afrika af. slavin bevraagteken die definisie van normale seks en die aanvaarde sienings oor seksualiteit. Dit streel en verlei, daag uit en wonder. slavin is weereens net vir volwassenes. Eroties Afrikaans.