Kortverhale

Titel: Poort van die Heuning Bye(H12)

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Lenie wys met haar hand aan dat Brain moet plaas neem aan die tafel, sy skep Druiwe konfyt, en Vye konfyt uit ’n groot fles in klein bakkies en plaas dit op die tafel, sy mond begin te water vir die lekkernye .

Oom Kobus kom die kombuis binne gestap, “Wie is hierdie Kakie, en hoe de hel het hy hier benede gekom?”

Lenie kyk na Kobus “Hy het Tilda gevolg vanaf die poort, Sy vemoed dat sy perd beseer is, en hy verdwaal het, maar ons moet nie laat merk dat ons sy taal verstaan nie, hy moet maar kommunikeer met hande en voete, want hy mag nie uitvind dat hy hom bevind op die plaas van Kaapse Rebelle”

“Dit is goed so, julle het mooi kop gehou, eers wil ek hoor wat is sy verhaal”
Oom Kobus steek sy hand uit na Brain “Kobus Brink’”, Brain reik hom die hand “Brain Mc Claglan from Edinburgh”

“Hy is ʼn Scot, hulle word ook onderdruk deur die Engelse, maar het geen keuse as om opdragte uit te voer nie want Finansieel is hulle afhanklik van die Engelse, hulle voel dieselfde weersin as ons”

Lenie bied Brain die bak met Botterbroodjies aan, hy neem een uit beleefdheid, maar sy wys hom hy moet meer neem, hy neem ʼn tweede, sy wys dat hy nog een moet neem, hy glimlag verleë en dan neem hy wel ʼn derde, sy stoot die botter en konfyt na hom, hy skep van alles in sy bord, hy voel dat hy alles gelyk in sy mond kan stop, dit kos die aller beste maniere om rustig te bly.

Tilda skink die Heuning tee in, sy gee hom die melk beker aan, en dan die bakkie met geklopte room, ‘Thank you very much, you are most kind”

Almal begin eet Brain proe die heerlikheid van die gebak, maar ook proe hy die knusheid van die kombuis, en die warmte van die inwoners, saam rol hy dit om in sy mond. Hy sal hier in die Vallei kan bly, miskien moet hy dros, en nie verder gaan nie, maar dan moet sy ouers dit hoor en hy moet voor die krygsraad verskyn, hy haat die verdomde onnodige Oorlog van Victoria en haar adviseurs, hulle is almal genadeloos, gierig, en geen ontsag vir enige lewe nie.

Hulle is klaar geëet, Lenie verdwyn na die binne kant van die huis, wanneer sy terug kom, het sy ʼn gelapte kakiebroek en kakie hemp, sowel as skoon sokkies in haar hande, sy beduie aan Brain dat hy haar moet volg na die badskamer, en ʼn bad neem, sy vuil klere sal sy was en stryk.

Sy stap saam die badskamer binne, in die hoek is “’n Donkie” vir die verhitting van warm water, langs aan staan ʼn druiwe mandjie met fyn hout, sy steek hout in die “Donkie” en wys hom dat die vuur die water in die bad opwarm, sy plaas ʼn handdoek en seep op die stoel in die badskamer. Brain voer die vuur totdat hy voel die water is goed warm, wat ʼn luuksheid, wat ʼn ontvangs kry hy die vyand van hierdie mense, en Engeland verwag dat hy moet help om hulle Oorlog te wen teen hierdie hartlike Afrikaans sprekende mense, hy wens dat hulle hom kan verstaan, hy sal hulle wil vertel watter verskriklike beplanning Lord Kitcherner het vir hulle nog vorentoe.


Brain geniet die warm bad, iets wat hy so na verlang het, hy plaas sy vuil klere in die was mandjie, en klee hom om in die kakie broek en hemp, dit pas hom perfek.

Die familie kyk verbaas na die soldaat, meteens is dit ʼn aantreklike persoonlikheid sonder die kleding van die Oorlog, Tilda dink, hy is wel aantreklik die Skot, en hy het ligte blond krullerige hare. Brain kyk na die meisie, hy wou sien hoe sy reageer teenoor ʼn gewone vreemdeling, maar sy kyk weg van hom.

Oom Kobus verduidelik met gebare dat sy perd se poot versorg moet word en hy sal moet help, hy volg Kobus na die perd, Kobus lig die seer poot op, ja dit is ontsteek, die perd proes, van pyn.

“Tilda, bring asseblief warm water met baie growwe sout, ek moet eers die
Poot ontsmet en bring ook my gereedskap om die skoen yster te verwyder”

“Goed, ek kom so !”

Oom Kobus wys vir Brain hy moet die perd se poot vas hou terwyl hy die perdeskoen verwyder, die seer plek is heel groot onder die skoen en daar is ʼn groot ontsteking in die poot. Kobus laat Brain die poot druk in die soutwater, die perd word onrustig, maar Brain hou die poot in die water en Kobus open die ontsteking, die opgeboude etter spuit uit die poot en kleur die water rooi, dit stink gewoon, die perd moes veel pyn verduur het.

“Tilda bring die ontsmetting middel, die poot is erg, en die perd sal tenminste vir vyf dae moet rus”
“Vyf dae en wat van die Ruiter, ons Vyand, moet ons hom ook vir vyf dae hier laat rus”?

“Tilda ons het geen ander keuse nie, maar More steek ek hom in die werk, hy kan vrugte bome en groente nat lei, en ook die ou beddings om spit”

Kobus het die poot ontsmet en ook verbind, intussen het dit laat geword en Lenie is besig met die aandete op tafel te sit, sy roep hulle om te kom hande was want die ete is gereed.

Die aand ete ruik heerlik, ʼn tamatie bredie met spierwit gekookte breek mielies, en ʼn brood poeding met vla. Hy gaan sit aan tafel, en Kobus wys hom om sy oẽ te sluit vir gebed.

“Here seën hierdie ete, en behoed en bewaar ons mense in die veld, en laat die vreemdeling aan ons tafel ons geen pyn aan doen nie.” Amen.


Brain geniet die ete, dit is asof hy in die duurste restaurant eet in Edinburgh,
Die twee vrouens doen die afwas van die skottelgoed, Oom Kobus steek meer hout in die hout stoof, die vrouens gaan sit aan die hoof van die tafel, Tilda brei ʼn trui met ʼn in- gewikkelde patroon, en Lenie lap ʼn kakie broek.

Oom Kobus trek die laai oop van die kombuis tafel, dan haal hy ʼn skaakbord uit en ʼn skaakstel van gekerfde ivoor, hy steek sy pyp aan en beduie aan Brain dat hulle moet speel. Brain is heeltemal die kluts kwyt, ʼn boer met ʼn skaak spel! Waarom vertel die Engelse dat hierdie mense barbare is ! sonder enige kultuur! Hulle begin die spel, maar Kobus is veels te goed vir Brain, hy
Verslaan hom en roep “Skaakmat”.

Kobus verduidelik dat Brain by hom in die kamer met slaap, die kamer het twee enkel beddens in, en Brain aanvaar dat Tilda by haar Moeder slaap, en dat haar Vader, want hy het klaar die konklusie gemaak dat Kobus die Vader is van Tilda, die opoffering maak om die kamer vir die vyf dae met hom te deel, die gasvryheid van die familie is te veel vir hom om te verwerk.

Gedurende die nag hoor hy die uile roep, en die proes van die perde, maar hy is op ʼn Eiland ver van Skotland, en ver van die Front, hy is eindelik in ʼn Aardse Hemel.


Word vervolg.








Kommentaar

Weergawe: 1 | 1 jaar 5 maande 2 weke 5 dae 14 ure 21 minute gelede gelewer


Jou storie lees lekker. Dit kan seker wees dat 'n Skotsman met een probeerslag in 'n boer se broek en hemp pas en dit perfek sit, maar ek weet darem nie!
As die boere met al hulle vyande so vriendelik en gemoedsaam was, is dit geen wonder hulle het die oorlog veloor nie!!! (Tong in die kies tipe...)


Die avonture van Massimo, die perdjie

deur Gawelina

Massimo, die perdjie beleef groot avonture asook hartseer in sy grootwordproses.



Mentorskap program

Mentorskapprogram

Leer meer oor skryf en word deur 'n mentor op jou pad gehelp.

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar