Kortverhale

Titel: Poort van die Heuning Bye(H9)

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Lenie het die huishouding van Kobus oor geneem, sy kook vye konfyt op die houtstoof, en bak beskuit, maak droë wors en biltong vir die wis en onwis indien daar 'n kommando lid opdaag.

Die Swaeltjie huis van Kobus, is ongepleister buite en binne, maar die ruwe klippe gee 'n spesiale karakter aan die huis, van binne is daar selfs 'n volledige badskamer, met spoel geriewe en is
aangesluit op 'n buite put, alles wat hy gedurende sy omswerwinge gesien het, en die 'n lewe kan verbeter het hy in die woning geïnkorporeer, en hy is steeds besig om die derde slaapkamer om tussen deur sy ander werke aan te bou, met 'n deur die uitloop op die groot buite stoep met die oorhangende druiwe prieel.

In die gang is daar 'n lang hout kapstok, met Duiker horings vir die ophang van jasse en hoede.
Familie portrette ru- weg deur Kobus self geraam hang in die gang. Op die voorstoep op die veranda, staan vele riempies stoele, gaste kan 'n stoel neem, oopvou en gaan sit om die pragtige
Vallei te bewonder.

Tilda gaan vroeg in die oggend met die donkie omhoog na die Bye neste, want dit is die tyd vir die bevrugting van die Koningin, dan verskyn die Darren,(Hommels) hulle taak is om die Koningin te bevrug, sodra die bevrugting plaas gevind het, word met geweld die Darren uitgesit, en gedood, hierdie manlike bye is veel groter as die gewone bye, en Tilda moet die proses noukeurig in die gate hou. Gewoonlik maak sy 'n draai by die boonste groot huis om te sien of alles daar in orde is, voordat sy weer met die voetpad na onder gaan.

Kobus het vir 'n paar jaar in Sentraal Amerika gewerk op 'n tabak boerdery, en daar geleer dat tabak afkomstig is van die ou Spanjaarde, dit is 'n tropiese plant, en floreer goed in warm weer, hy boer dus met tabak langs die rivier, en vir voorbereiding van die oes, gaan haal hy 'n paar werkers van die Sending stasie, en selfs Tilda moet kom help met die pluk van die blare, dit word van onder af gepluk, 'n swaar werk want steeds moet daar gewerk word in 'n gebukte houding, in die aand is dit as of haar rug wil afbreek. Die onderste blare is altyd eerste ryp, en word volgens grote gesorteer, gebind en in die skuur gehang om te droog.

Kobus is gelukkig dat hy nog nooit enige slymsiekte of krulsiekte in sy tabak gekry het nie, of dat die boord ruspe of tabak kewertjies steeds weg gebly het met elke oes. Wanneer die blare droog is, word dit op 'n stapel gepak om te broei, daarna word dit met die hand oop gevlek, en die draaiers maak rolle pruim tabak, dit is 'n taai, souserige werk, maar selfs hier het Tilda mee gehelp.

Die reën het vir dae aan een gegiet, en die rivier het met rollende bruin water massas verby die huis en boorde gegaan, dan meteens was die rivier dood -stil, die groot poele donker water,wemel van visse, die grote van 'n volgroeide harder, waar die visse presies vandaan kom, kon selfs oom Kobus nie verduidelik nie, maar elke jaar na die groot reën word daar 'n visvang dag gehou.

Oom Kobus het die sending stasie laat weet dat hulle die volgende dag kan kom vir die vangs,
Vanaf voordag kom mense teen die voetpad af, met emmers, sakke, en enige iets wat maar 'n holte het, Lenie sit gereed met die sak sout, dan gaan Kobus, en teen alle wette van die land laat hy 'n lading dinamiet ontplof in die water, die visse dryf wit pens na bo, soos duisende klein orgidee op die water. Almal skep, vrouens steek hulle lang rokke in hulle broeke se pype, Kobus en Tilda moet die vissies oop sny, terwyl Lenie insout en in die houtvat pak, en ook bondels maak vir ophang aan die balke van die skuur, want 'n droë vissie is net soos droë biltong. Die dag is 'n fees vir almal, sop en brood word bedien, laat namiddag wanneer die son sy diep skaduwees gooi onder die berg se inhamme, gaan die sendingstasie se mense een vir een agter mekaar die berg uit, met die emmers vis en sakke nat vis op die rug, hierdie dag is altyd 'die groot oomblik van die jaar.

Tilda wis dat Kobus voedsel verskaf aan die vegtende boere, want steeds moet haar Moeder weer bak, maar geen vegter kom onder in die vallei nie sy dink dat hy moes 'n kode uitgewerk het hoe dat hulle kontak kan maak, sy vermoed dit is in die nag vanaf die kabel van bo by die plaas, want sommige oggende by ontbyt vertel hy hoe dit met die oorlog gaan, maar waar kry hy die nuus vandaan?

“Lenie, Tilda, Kruger is nie self in die veld nie, hy bedien die Generaals daagliks met leiding, en die boere dra telegrafiese boodskappe oor en weer.”

“Hoe weet oom Kobus dit?”
“Tilda vra geen vrae nie dan hoor jy geen leuens nie”

Die boere hoofmag is 17000 onder bevel van Generaal Piet Cronje, die Britse troepe onder Metheun het swaar verliese gely by Twee Riviere en Magers fontein, en Cronje was vasgekeer in die loop van die Modderrivier, by Vandusiedrif omgewing, daar vlak by Paardeberg, hulle het darem ´n paar oorwinnings soos Stormberg, op 10 Desember, en Magersfontein op 11 Desember, en dan Colenso op 15 Desember.

“Hoeveel van ons mense het gesneuwel”

“Dit weet ek nie Tilda, ons is ongeveer 58duisend Burgers teenoor die reeds 65 duisend Engelse, want steeds kom daar meer Soldate uit Engeland, die idee van twee dae teen die boere veg en dan is alles verby, het Engeland lelik in die verleentheid geplaas, want daar is veel vrywilligers van Europa wie aan die boere kant veg soos uit Belgie, Duitsland, Ierland, Oostenryk, en selfs van Amerika,

“Maar Cronje het homself met 4000 man oor gegee by Modder rivier, omdat hy gewoon geen advies wou aan neem nie, maar De Wet met sy broer en drie seuns het hom aangesluit by die Vrystaat Kommando, en hy gaan ´n Gorilla stryd aanknoop, hy staan direk onder Generaal Steyn, en die oorlog gaan ´n ander Geur en Kleur kry”

Haar Moeder wil weet waarom De Wet die Oorlog kan verander?

“Lenie De Wet, hierdie boer is bekend vir Gorilla gevegte, sedert jonk daar op sy plaas Leeukop, by Smithfield, sny hy spoor net soos die San mense, hy is al; op 19jarige ouderdom getroud, en is‘n uitstekende perde ruiter, hy het selfs met sy geliefde perd Fleur opgedaag, hy is ʼn klein korterige man, en praat sleeptong, met donker hare, maar hy is ʼn gebore leier, tans is hy die Vise Kommandant van die Natal Front.”

“Wie versorg sy boerdery as hy met sy seuns Oorlog voer?”vra Oom Kobus
“Seker sy vrou en kinders, hy het agt dogters en agt seuns, daar is nog vyf seuns oor op die plaas om voort te gaan met die boerdery”

Sestien kinders arme vrou , sy Tilda gaan geen geboorte masjien word nie, sy wonder waar is haar Vader en Floors, het hulle genoeg om te eet? Slaap hulle warm? Die Here sal vir hulle sorg dit glo sy in haar hart.

Word vervolg

Bronne
Tabak, Virginia Tabak geskiedenis Amerika











Kommentaar

Weergawe: 1 | 1 jaar 5 maande 3 weke 2 dae 23 ure 55 minute gelede gelewer

Onderwerp: Poort van die heuning..


Ek geniet jou vertellings terdee en maak al spesiaal tyd vir koffiedrink oor hierdie interessante lewens wat so voor my afspeel.. xx


Die Storie agter die Storie

deur Christo Nel

'n Bybelse dagboek waarmee jy in 'n halfjaar se tyd dwarsdeur die hele Nuwe Testament, sy verhaal en "nuwe wyn-waarhede" kan werk.



Mentorskap program

Mentorskapprogram

Leer meer oor skryf en word deur 'n mentor op jou pad gehelp.

picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar