Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Sy is ‘n mooi ou dingetjie; blonde haartjies en lyfie en alles.

Hy was ‘n wildboer.

Hoe die tweetjies ontmoet het kan ek ongelukkig nie vertel nie. Ek het eers later toegetree tot die drama, en my aandeel het nie plek gelaat vir sappige liefdesverhaaltjies nie.

Maar een ding was seker: gevry het hulle.

Sy besigheid het ook toegelaat vir die onthaal van oorsese jagters: die manne met die gunne en die attitude. Sy het gesorg vir die vleeslike – letterlik. Sy was ‘n goeie kok en poeding was somtyds – afhangende seker van die jagter – ietsie meer as net kaneel en suiker. Die manne het nie gekla nie, ook nie die wildboer nie; maar trou sou hy nie. (Wie deel nou jou vrou met vele?)

Hoe sy toé oor sy onwilligheid om die trouring aan haar vinger te sit gevoel het, kan ek ook nie sê nie – ek het eers later in die prentjie gekom.

Die wildboer se familie was sy baie bejaarde ma en ‘n broer oorsee. Almal skatryk – en as ek sê ryk bedoel ek dit.

Hy het nie ‘n testament gehad nie. (Wie mors nou tyd met klein goedjies soos testamente as daar geld te make is?)

Ook nie respek vir buffels nie.

Na sy dood was daar nie ‘n testament nie. Intestate erfreg bepaal dat jou vrou met wie jy binne van gemeenskap van goed getroud is jou hele boedel erf.

En toe skielik is hulle wel getroud – êrens in ‘n Afrika-land so twee weke voor die buffel hom vir die wildboer vererg het. Die sertifikaat is vir die Meester gegee en alles.

Natuurlik was die wildboer se ma nie tevrede nie – sy weet mos die waarheid, en intestate erfreg bepaal ook dat as jy intestaat te sterwe kom as ‘n enkellopende, jou boedel staaksgewys tussen jou familie verdeel word. Geld was nog altyd ‘n goeie motiveerder.

Privaat ondersoekers is na die Afrika-land. Onderhoude is gevoer met die amptenare en die ondersoek het ontbloot dat die sertifikaat vals is.

Maar Poppie laat nie met haar speel nie. In dieselfde asem het ‘getuies’ opgeduik wat dan kwansuis teenwoordig sou wees tydens die huwelikseremonie; hotelbestuurder waar die seremonie voltrek sou wees en al. Dit was nie ‘n maklike saak nie.

‘n Lang en bitter hofstryd het begin en vir ‘n paar jaar voortgewoed. Poppie is nie net goed met die vleeslike nie, sy weet van ou dames intimideer ook.

Sy het toe soortvan haar sin gekry. Wildboer se ma het eindelik gekaputileer en geskik op ‘n 50/50 verdeling: 50% vir haar en die seun oorsee en 50% vir Poppie.

Poppie is nou ‘n ryk ‘weduwee’ (met ‘n nuwe vryer aan die arm wat passievol glo aan haar weduweeskap – arme drommel), maar sy is steeds net ‘n Poppie.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Hmmmmm
Soms, net soms, is 'n poppie dalk al wat nodig is...
Of is dit?
Vir al wat mens weet kry Poppie weer van haar eie medisyne terug.
5 jaar 2 maande 1 dag 10 ure oud


Poppie
Ai Poppie darem! Wel, dit klink vir my asof sy geweet het wat sy wou hê en dit altyd gekry het, poeding en al. Is dit nie maar 'n algemene neiging onder Poppies nie?
5 jaar 2 maande 5 dae 1 uur oud



ORAL IS MY GOD

deur Johann P. Boshoff

N.a.v. hoofsaaklik Psalm 139 word God se aktiewe teenwoordigheid in Boshoff se 36ste boek bepeins. Aandag word in 'n opstel ook geskenk aan die skryf van 'n oordenkingsbundel.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar