Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Oom Georg was 'n gerespekteerde ouderling en diep godsdienstig
Vas geglo dat geen tydjie verby mag gaan sonder om besig te wees nie. En so was hy besig om sy ou 1955 Fordjie te diens.
Die ou kar was hoog op die domkrag en oom Georg was besig met die besighou resep want as jy nie werk nie mag jy nie eet nie
So deur die gewerkery neurie oom Georg 'n ou bekende paslm
Dominee was op huis besoek en het geklop maar daar was geen antwoord. Hy weet ook al by die tyd die oom het geen rus nie en is altyd besig. So loop dominee toe maar na agter. Vind die staatmaker ouderling besig onder die kar. Hy wou toe nie die oom laat skrik nie, maar kon ook nie verhelp om so bietjie die ou oom te laat skrik nie.
Hy staan toe agter 'n bos net so by die motor huis se muur en praat met so 'n stem vol outoriteit. Georg ! Oom Georg vlieg onder die kar uit en kyk rond , loop om die kar, maar vind niks. Net voor hy weer onder in kruip kyk hy na bo.
Dominee lag so in die mou en dink by homself, ek gaan weer roep. Die keer roep dominee harder. Georg !! Die slag vlieg om Georg uit en kyk met groot oe rond en toe stip na bo. Dominee wil net homself wys, toe is oom Georg onder die kar. Neurie al harder en die psalm klink nou baie beter. Dominee dink nog een keer sal hy roep en dan die homself vertoon. Dominee trek los en praat met 'n donderende stem. Georg ! Oom Georg vlieg onder die kar uit gaan staan mooi soos iemand wat wil voordra en se....Spreek Here u kneg luister.
Dominee hoor dit en sluip liggies weg, want hy wil nie oom Georg
se ondervinding verongeluk nie



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar


Die legkaart van ons lewe

deur hopeanointed

Jare se ervarings van diepe seer het ons geleer dat ons lewe ṅ legkaart is in God se hand wat Hy spesiaal uitgesoek het deur Sy liefde en genade om te voltooi. ṅ Legkaart, kosbaar en uniek waarvan elke stukkie sorgvuldig met tyd en geduld uitgesoek word om presies in plek te pas. ṅ Legkaart in bou om aan ṅ gebroke wêreld te wys dat Jesus Leef!



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar