Weergawe: 1
Aantal woorde: 661
Kere gelees: 0
Datum gepubliseer: 14 Feb 2008
Pyn...
Dit het aan haar binneste gevreet soos ©° rot wat aan ©° stuk lewendige draad sou knaag. Dit het haar stukkie vir stukkie verteer.
Selfmoord?
Selfvernietiging?
Doodgemaak?
Dag na dag moes sy afskeid neem van ©° volgende stukkie dooie self. Verteer en uitgespoeg deur die lewe wat bietjies, bietjies nog iewers in haar was. Iewers ver weg, waar niemand kon sien hoe dit krete uitskree om ©° kans gegun te word tot môre nie. Die lewe in haar wat wou veg om oorlewing, want môre, net-nou, sal net nog ©° stukkie: doodgaan; verteer. En uitgespoeg word deur die res.
Soms as dit te erg sou word en net te lank vat, sou sy sommer self die bietjies lewe neem. Soos God, sal sy besluit watter stukkies kan kans kry om self verteer te word en watter ©° vinnige “genadedood” sou sterf.
Genadedood? Dis wat sy dit noem. Die lang, eensame pyniging-sessies word net te erg en as môre nie gou kom nie...
Wie sou kon raai dat dit so sou wees? En of sy dit sou voorspel, weet g’n mens nie.
Wat deur haar gedagtes sou gaan met elke afskeid van elke dooie stukkie self. Haar skreeu gesange wat in die gang af eggo... en eggo... en eggo... Krete van pyn! Selfverwyt. Jammerte. Vrees. Die klanke uit haar liggaam se verteerde kamers soos die gesange van die hel en sy maters.
Pyn...
Wat sou sy meer wou hê as om heel te wees. Heel te word. ©° Mens genoem te word en nie die monster wat almal dink sy geword het nie. Die monster wat sy geraak het. Die monster met haar vreesbevange pynkrete. Die monster wat stuk-stuk uitmekaar val en breek. As hulle net probeer het... Wie weet, miskien sou sy mens wees. Mens word. Heel word. ©° Lewe hê: ©° lewe gehad het.
Vrees...
Die vrees wat dag na dag in haar opgestoot het, soos suur braaksel, was vir die dag wat sy geen pyn sou hê nie... Die dag wat dit net sou verby wees. Net oor-en-verby sou wees. Die dag wat sy sou kon klaar afskeid neem sonder om te lê en te wag vir die volgende stukkie self om dood te gaan. Vir daardie dag was sy bang. Vreesbevange.
Sy weet nie meer nie... Hoe het sy in hierdie hel beland en waarom verdwyn haar “engele” elke keer as sy hulle om hulp vra? Sy weet dat sy eens op ©° tyd nie so ©° slegte persoon was nie. As sy net kon weet hoe sy hier beland het. Hoe het dit gebeur dat haar liggaam homself begin verteer het? Hoekom is dit so dat sy elke dag bid om te sterf. Letterlik vir God smeek om haar te verlos van haar vrees en pyn... Maar haar gebede bly onverhoord en dit voel vir haar asof sy met ©° klip praat. Asof God haar wil uitdaag om te bly lewe. Sy het net nie die krag nie. Elke dag ©° nuwe hel wat sy moet deurmaak. Sy is lewensmoeg, maar die slaap wil net nie kom nie en as dit kom is dit tevergeefs, want die pyn verhoed haar om te slaap. Maar sy wil nie slaap nie, want sy weet dat as sy kan slaap sonder enige pyn is dit verby en kan sy nie iets wees nie. En sy wil iets wees. Sy wil hier uitkom. Sy wil beter word.
Haar krete het stiller geword. Minder. Steeds vreesbevange en pynlik, maar minder. Dit was nie meer uurliks nie, net so paar keer ©° dag. Dit het bly minder word. Al hoe minder. En hoe minder dit geword het, hoe meer vreesbevange het dit geword, want sy’t geweet... Dit het skielik net een of twee keer op ©° dag gebeur – haar krete van pyn en vrees. Maar toe dit sagter word en die leweloosheid daarin kon gehoor word... Met elke nuwe kreet was dit sagter, meer leweloos en meer en meer vreesbevange.
Maandagoggend. Half drie. Die laaste, sagste en mees vreesbevange kreet kom deur die gang gesweef.
Leweloos...
Stil...