Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Oggendete se skottelgoed is al skoon en Kate hou die pad ongeduldig dop. Wanneer is die vent van plan op te daag? Hy is ook seker van daardie soort wie die son in die bed vang!

Die middag net voor koffietyd slaan 'n stoffie in die grondpad op, maar Kate steur haar nie veel daar aan nie. " Die vent kom nie meer nie." dink sy by haarself. Sy skink koffie vir haar en haar pa en hulle bespreek wat die dag verder gedoen moet word. 'n Toeter klink buitekant op die werf op en Kate stap by die voordeur uit. Sy kyk vas in 'n splinternuwe BMW en 'n lang, bleeksiel vir 'n man in 'n wit langbroek en blou hemp. Seker iemand wat verdwaal het dink sy en stap die man tegemoet.

"Goeie dag, kan ek dalk help?" vra sy van ver af.

" Ja, ek soek die baas van die plaas. Ek neem aan jy is sy vrou." Praat hy direk met haar.

" My pa is in die huis. Hoekom wil jy hom sien?" vra sy vererg. Dit flits deur haar gedagtes dat dit dalk die voorman kan wees... Nee nie hierdie verwyfde dorpsjapie nie. Nooit! Sy hande sal blase kry en sy bleek vel sal lei in die son en sy lyf knak onder die werk. Dan kan hy nie eers ordentlik groet ook nie.

" Christofer Daniëls is die naam, jou pa se nuwe voornaam." sê hy terwyl hy sy hemp reg trek.

Dit voel of iemand haar met 'n beker koue water in die gesig gooi en sy antwoord stroef: " O... Kate de Lange. Stap maar saam, my pa is in die kombuis besig om koffie te drink." Sy besluit by haarself dat hy nie lank gaan uithou op die plaas nie. Hy dink seker hy is op vakansie!

Hulle stap die kombuis binne en Kate praat eerste: " Pa die voorman het uiteindelik opgedaag, ek gaan gou diesel in die bakkie tap, sodat ek hom kan rondwys." Sy vat die Cruiser se sleutels en stap uit sonder 'n verdere kyk of woord.

" Aa.. Christofer Daniëls, bly te kenne. Goed gereis?" Groet haar pa beleefd en probeer sy teleurstelling wegsteek.

" Meneer de Lange, aangename kennis. Die reis was maar bietjie stowwerig, maar sonder teenspoed. Ek vertrou ek kan môre begin?" vra die man.

" Ag ek is sommer Oom Piet. My dogter gaan jou vandag net 'n bietjie rondwys, tensy die rut jou vreeslik uitgeput het?" vra haar pa skepties. Was dit die regte ding om die man aan te stel? Gaan Kate hom nie ore aansit nie?

" Nee, maar Oom se dogter gaan nie betyds terug wees om te kom kook nie." Is sy teenwerpsel.

"Sy kook net naweke, Katriene kan kook. Ons kan jou bagasie later aflaai. Jy wil seker verklee voor jy by haar aansluit? Ek gaan krale toe, sien jou later." Oom Piet sit sy hoed op en loop by die voordeur uit.

Sy bekyk hom van kop tot tone, baie krities. Hy het dieselfde klere aan en 'n wit hoedjie! " Jy moet aanstap, ek wil ry, die plaas strek nie net vanaf die kombuis tot by die voorstoep nie. Ek bestuur, jy kan links klim." Praat sy met hom, maar spreek nie haar skeptiese gedagtes uit nie.

" As jy te besig is, kan jy my môre rondwys juffrou de Lange." sê hy.

" Môre werk ons beeste. Klim ek wil ry." sê sy kortaf en skakel die enjin aan. Sy trek weg toe hy inklim en hy kyk haar verskrik aan. Arme vent, het hy gedink hy kom hou vakansie? Hy lyk na die tipe wat nie sy hande wil vuil mors nie. 'n Regte laventel haantjie. So haar opsomming was reg!

By die eerste hek bly hy sit en sy spring toe uit en maak die hek oop, trek deur en hak die hek. Teen die tyd dat hulle die derde hek bereik is sy goed vererg vir die man langs haar. "Jy hak die ketting los, stoot die hek oop en hak hom weer as ek deur getrek het. O, ja en staan agter die hek netnou beland jy voor die wiele." Slinger sy die verbaasde man toe.

" O, moet ek hekke oop maak?" vra hy veronskuldigend.

"Natuurlik, want ek gaan dit nie verder doen nie." Hap sy na hom.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Hartsnare

deur Driekie Grobler

100 Inspirerende gedigte en hartsgedagtes oor menswees en die lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar