Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



'n Pa vertel eenkeer vir sy seun: "Hier anderkant die bult op die plaas is 'n bos wat ek jou tot op hede belet het. Ek sien jy hou van nuwe plekke en dinge ontdek toe dag ek lat die seun van my dan tog maar die bos gaan ontdek want ek wil jou graag gelukkig maak. In so 'n bos kan mens ook baie dinge omtrent die lewe leer. Dit sal jou net goed doen. Eers gaan ek vir jou 'n bietjie raad gee.." Omdat die Boer sy seun lief gehad het en nie wou hê dat hy moet seerkry nie gee hy toe vir hom al die raad wat hy kan wat sy seun uit die moeilikheid sal hou maar ook juis omdat hy sy seun goed geken het en net om dit ordentlik te laat insink eindig hy met: "...en as jy dan nie my raad volg nie sal jy sekerlik omkom en vir altyd in pyn en lyding in die hiernamaals verkeer" Dit bly die seun se keuse of hy die raad gaan volg of nie en hy sal seer sekerlik die nagevolge van sy aksies self moet dra alleen daar in die onbekende bos al is dit dan nie noodwendig die dood en ewige lyding daarna nie. Langs die pad ontmoet die seun 'n rakker wat hom toe vertel dat sy pa eintlik lieg, hy ken daai bos soos die palm van sy hand en hy weet dat mens daar maar enigiets kan doen wat jy wil jy sal beslis nie vir ewig ly nie. Wie het die seun liewer gehad, sy pa of die rakker langs die pad?

Dis die storie wat al die Boer se seuns en dogters elke aand vaak maak en aan die slaap maak.

Maar dis maar net rakker se slaaptydstories:

"...en as jy dan nie my raad volg nie sal jy sekerlik omkom en vir altyd in pyn en lyding in die hiernamaals verkeer"

Dit is nie wat die Pa gesê het nie; dis wat die rakker gesê het; die Pa het net gesê: "...en as jy dan nie my raad volg nie sal jy sekerlik omkom." . . . maar die rakker het die stêrtjie aangelas en die woorde omgedraai. . . . toe glo die seun die rakker en word die rakker sy held omdat mens daar maar enigiets kan doen wat jy wil jy sal beslis nie vir ewig ly nie en ook nie omkom nie. Die seun glo toe in 'n onsterflike siel in sonde vir altyd lewe in onvoorwardelike genade vir almal.

Wat die seun nie sê nie. is dat sy Pa vir hom 'n Lamp gegee het om al die ander rakkers in die bos raak te sien, maar die seun weier om olie vir die lamp te neem en loop net agter die blink stadliggies aan agter die rakker en geniet hom gate uit. Eendag toe vertel die rakker vir hom dat miskien is daar raad wat sy Pa gegee het wat die seun tog maar sal moet na luister en die rakker nooi hom na hulle vergaderplek en voer die seun dwelmdrank en gesuurde brood en kort voor lank toe kon die kind nie meer dink nie en sy sinne raak deurmekaar, want die seun het nie geweet hierdie vergadering is 'n strik waarin hy getrap het nie. Die seun roep toe na sy Pa en sy Pa staan op uit die dood en hoor wat die kind vra, en die Pa sê vir hom om uit die strik te gaan, want sy Pa het die sleutel gehad vir die deur van die vergadersaal en die Pa sê vir die seun: "Gaan uit, die deur is oop." Maar die kind weier en bly daar binne.

Lank daarna toe gaan dieselfde rakker en hy skakel die bos se liggies af, en dis stikdonker en toe sien die seun hoe die meisies loop na 'n feesmaal met hulle lampies en die seun probeer sy lampie opsteek, maar daar was nie genoeg olie in nie. Toe vra die seun vir die meisies van hulle olie, maar ongelukkig het elkeen net genoeg vir haarself kon neem en sê toe vir die seun om by die rakker olie te kry. Die seun het al sy geld betaal om olie by die rakker te koop, maar hyself het ge-olie geraak en sy lampie was dolleeg. Toe loop die seun weer terug na die rakker om olie te koop, maar die rakker het olie verkoop wat nie brand in duisternis nie.

Na nog 'n lank tyd hoor die seun dat sy Pa 'n fees hou en hy hardloop na die feesplek se deur en klop en toe sy Pa die deur oopmaak, toe ken sy Pa nie die seun wat nie olie geneem het nie, want die Pa het seuns bygekry wat genoeg olie in die lampies het.

Toe huil die seun, maar ewe skielik toe verdwyn alles, en hy sal nooit weet wat daarna gebeur het nie.

Die dogtertjies met die lampies was toe al die tyd sy sussies

http://www.woes.co.za/bydrae/rubriek/tien-maagde

Die rakker sit nou in die donker tronk, omdat hy nie lief vir die seun was nie.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Dans van die Vlammevers

deur Evelyn van der Merwe

100 Gedigte met inspirasie, humor en ‘n kykie na die ou dae.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar