Kortverhale

Bladsye:
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



‘n Bewerige hand hang onseker in die lug en ‘n hees stem mompel binnemonds, “ totsiens, my kinders “. Trane vloei vrylik oor haar sagte wange. “ Wanneer sien ek julle weer “ , fluister sy by haarself. Asof op ‘n antwoord op haar vraag, steek Matilda haar kop deur die motorvenster, en roep, “ ma, sien ma die naweek “ ! Met ‘n vaart verdwyn die weeldemotor om die naaste draai.
Vandat Matilda met ryk Chris de Villiers getroud is , het sy skaars tyd gehad om een keer per week in te loer by Rita, by wie sy tuis was die afgelope twee jaar. Noudat hulle Rita ter ruste gelê het, het hulle besluit dat sy in ‘n aftree-oord hoort. Ag, hoe mis sy wat Rientjies is, nie vir Rita met haar ondeunde laggie as sy een van haar stout grappies kwytgeraak het nie.
Hierdie plek lyk so koud en onvriendelik. Net ryk weduwees en wewenaars met stug gesigte, is al wat sy sover in die gang raak geloop het. Die een het meer juwele as die ander een aan en die mans probeer die een meer fikser en regop loop as die ander.
Gelukkig het sy ‘n klein woonstelletjie met sy eie uitgang na buite wat uitloop op die groot tuin. Daar is net een slaapkamer, maar dis al wat sy nodig het.
Nou eers gaan uitpak en haar gunsteling foto’s uitstal waar sy hulle kan sien as sy teveel verlang. ‘n Koppie tee en ‘n beskuitjie sal die ergste honger stil. Hulle is so vroeg weg van die huis en moes eers vir haar ‘n paar ekstra goedjies, soos gesigroom, sjampoe, ‘n pak beskuitjies en ‘n paar gemaklike skoene gaan koop. Daar was nie tyd vir ontbyt nie.
Sal die kinders werklik die naweek kom of sal sy alleen die naweek wees.? Sy sal maar moet sien maar hoop diep binne-in haar hart dat hulle, hul woord sal hou.
Rientjies begin stadig en onseker alles in die groot tas uit te pak. Opnuut biggel die trane oor haar wange as sy aan haar twee kleinkinders , Andrè en Ronèl dink. Hulle is so na aan haar hart en baie lief vir haar. Ronèl sal sommer soggens voor skool haar kamer binne hardloop sonder om te klop, en ‘n blom uit die tuin op haar wang lê en sê “Oumie, dis vir jou met liefde van my”. En dan met ‘n klapsoen op haar wang , net so vinnig weer verdwyn.
Sy skakel die ketel en dra-radio gelyktydig aan. Sy luister so graag na Radio Driehoek met sy Christelike programme. En toe “Amazing Grace” saggies haar oor bereik, vloei die trane weer. Dankie Heer, prewel sy, ek weet U is by my en ek is nie alleen nie. Vinnig droog sy haar trane af en besluit tot hiernatoe! Ek gaan gelukkig wees en nuwe vriende maak of hulle nou wil of nie ! Ek wil ‘n glimlag op mense se gesigte sien. En gaan werk daaraan.
Drie-uur gaan lê Rientjies , of altans Rina, soos net Dominee haar noem, vir ‘n rukkie om haar moeë bene te laat rus. Sy moet onthou aand-ete is om vyf- uur en sy moet goed lyk en nie soos ‘n uitgewaste lap nie.
Soos besluit, lig sy haar half-vyf uit onder die verekombers en gaan maak eers weer ‘n koppie tee. Stadig begin sy haarself verklee in ‘n donkerblou langbroek en wit bloesie. Daarna borsel sy haar weelderige silwer hare wat haar gesig omvou. Sy betrag haarself in die lang spieël en mompel tot haarself “ Rientjies, jy lyk glad nie sleg vir jou ouderdom nie “. Sy glimlag vir haar eie onnutsigheid .
Drie minute voor vyf begewe Rientjies haar na die algemene eetsaal. Onseker oor waar sy moet sit, loer sy rond en besluit om sommer by die naaste beskikbare tafel plaas te neem. Maar van nêrens verskyn ‘n jong dametjie hier langs haar en verduidelik dat die tafel permanent uitgegee is, en verwys haar na ‘n kleiner tafel waarby niemand nog sit nie. Sy gaan skep haar vleis,groente en slaai in en wanneer sy die tafel bereik, sit daar reeds ‘n man. Sy steek in haar spore vas en dink dat sy by ‘n verkeerde tafel is. Nadat sy haarself verseker het dat dit tog die regte tafel is, neem sy onseker plaas en weet nie wat om te verwag nie. Gaan hy haar ook ignoreer of sal hy darem ‘n poging aanwend om ‘n gesprek te voer. Nadat sy plaas geneem het, vlieg hy skielik uit sy stoel op soos iemand wat skielik wakker geskrik het. “ Huh.. huh .. ek is … Stefan , Stefan Van Biljon “. Sy knik, vervaard maar met ‘n breë glimlag. “Aangenaam Stefan , bly om jou te ontmoet “ . Daarmee sprei ‘n glimlag stadig oor sy gesig. Jy moet maar verskoon dat ek so deur die blare voorkom, maar dis my eerste dag hier. O! myne ook sê sy vinnig – tè vinnig.
Sjoe! Wat ‘n oulike man ! Langerige grys hare, blou-blou oë , ‘n skaam glimlag en geen boepie nie. Ek is al vir twintig jaar alleen en bid al vir die afgelope vyf jaar vir ‘n lewensmaatjie, miskien het Liewe Jesus hom oor my pad gestuur met ‘n doel. Nee wag, Rientjies; maan sy haarself, moet nou nie die Here vooruit hardloop nie, hou jou in.!
Hul eet in stilte en hy vertel haar dinge uit sy kinderjare. Van sy jarelange vroutjie , maar ook beste vriendin wat twee jaar gelede na ‘n beter plek verhuis het. Sy kinders wat eerder privaat wil wees en besluit het dis nou tyd dat hy moet verskuif. Hy kan sy eie plek bekostig maar sien nie kans vir die eensaamheid en om alleen te bly nie.
Die eetsaal gons soos ‘n bye-nes soos almal lag en gesels. Dit is die laaste ding wat sy verwag het. Miskien was dit my stram gesig wat die mense so onvriendelik laat optree het , toe ek hulle in die gang raak geloop het, dink Rientjies by haarself. Ek het negatiwiteit uitgestraal en dit terug gekry. Van nou-af gaan ek liefde en nederigheid uitstraal, besluit sy.
Stefan vra om verskoon te word aangesien hy nog moet gaan uitpak en Rientjies droom oor die volgende ete – ontbyt ! Ek gaan my beste parfuum dra môre-oggend, besluit sy. Oe! Maar sê nou-net die man is allergies vir sterk reuke en gaan soek ‘n ander tafel om by te gaan eet ? Nee, dit mag nie gebeur nie! Sal maar die sagte Chanèl gebruik. Rientjies begewe haar na buite en wandel deur die groot tuin met sy blou-reën, vark-ore en haar geliefde katjiepiering. Waar sy by laasgenoemde boom ‘n wyle lank vertoef om die soet geur in te adem. O! dis hemels Vader! Plant asseblief een van diè voor my huisie wat U vir my voorberei het Vader. Ek sal so bly wees, bid sy in haar gedagte, kinderlik. Daarna begewe sy haar na haar huisie, soos wat sy dit noem. Eers weer Radio Donkerhoek luister en nog weereens ‘n koppie tee. Toe daar in ‘n vreemde taal gepraat word wat sy nie verstaan nie, skakel sy toe maar die TV aan.
‘n Riller van alle rillers verskyn op die klein skerm van haar TV. Rientjies vlug onder die komberse in en gryp haar teddiebeer waarmee sy slaap, en niemand mag van weet nie, en druk diè styfvas teen haar bors. Die fliek se naam, lees sy, is Urban Legend. Oe! Ek hoop ek kan vanaand slaap, dink sy.
Ongeveer, tien-uur skakel sy die TV af en besluit dis tyd om nou eers haar bybel te lees en stil te raak. Maar die beeld van die riller wil nie wyk nie.“ Vader, vergewe my dat ek so ‘n aaklige fliek gekyk het, en nou te bang is om te gaan slaap, bid sy woordeloos.
Daar was toe geen nagmeries soos Rientjies gevrees het nie, en staan toe heel verfrissend op en lus vir die nuwe dag. Sy het amper lus om ‘n blom in haar hare te druk, maar doen dit tog nie.
Stefan is toe reeds aan die tafel toe sy daar opdaag met ‘n yslike hol kol op die maag. Haar eetlus skiet die hoogte in en roereiers het nog nooit so lekker gesmaak nie, of is dit dalk die gebakte tamatie wat skielik soos poeding smaak. Die gesprek aan die tafel wou eers nie vlot nie, want dis asof ‘n ongemaklike stilte oorgeneem het. Maar na ontbyt nooi Stefan vir Rientjies om saam met hom deur die tuin te wandel. By die katjiepiering kom Stefan tot stilstand, pluk ‘n blom en druk dit in Rientjies se hare. Sy steek verstom in haar spore vas. Sjoe! Wanneer laas het ‘n man vir haar ‘n blom gegee, wat nog te sê in haar hare gesteek?
Later sak hul moeg in die tuinbankie neer en vertel mekaar stories uit hul kinderjare. Toe Rientjies later van hom afskeid neem en haar begewe na haar kamer, voel dit asof hul mekaar nog altyd geken het.
Die naweek gaan stil-stil verby en van Matilda en Chris hoor Rientjies niks , en snaaks genoeg, sy gee ook nie om nie. Sy verlang na haar kleinkinders maar sy kan maar bietjie wag voordat sy hul weer sien.
Saans na ete gaan sit sy en Stefan in die tuin en lees hy vir haar uit P G Du Plessis se Somerstories. Sy geniet dit maar erken aan haarself dat al sou hy ook vir haar Rooikappie voorlees, sy dit net so kon geniet.
Die volgende naweek gaan weereens stil verby sonder ‘n vooraf foonoproep of ‘n besoekie. Rientjies begin nou skuldig voel omdat sy nie sleg voel daaroor nie. Maar verskoon haarself met die gedagte dat dit nie haar skuld is dat sy nie sleg voel nie. Inteendeel, hulle sal bly wees dat sy dit so aanvaar. Ja, en dis goed so. Alles werk mos mee ten goede.
Een aand in Oktober, en ses weke na haar aankoms in Winterrus, vra Stefan haar om saam met hom te ry om die sonsondergang te aanskou vanaf die strand. Haar kaalvoete vind die natsand en soos ‘n kind lag sy uitbundig toe die koue haar voete binne dring. Net daar tel Stefan haar op in sy skraal arms en draai al in die rondte met haar. Sy slaan haar dun armpies om sy geplooide nek en lag soos ‘n stout kind. Ek lewe, wil sy gil ! Vader, ek het nie geweet die lewe kan so mooi wees nie !Dankie dat U my gebed verhoor. Dankie Vader.
“Stefan, sit my asseblief dadelik neer “, gil sy saggies. Hoekom? vra hy verbaas. Dis Vrydag en ek moet nou dadelik my selfoon afskakel, mompel sy tot haarself ! Hy staar oorbluf na haar en wonder wat het dan nou verkeerd gegaan, maar kyk haar bewonderend agterna , waar sy gebukkend haar handsak uit die motor haal.
Gewoonlik skakel Matilda op Vrydag-aand, as hul besluit het om die Saterdag te kom kuier. Met ‘n druk van haar vinger, skakel sy vinnig die selfoon af. Oe! My kinders, vergewe asseblief jul Ma vir die glipsie ! Maar ek, Rientjies Human is baie besig ! My kop draai nou nog van die geswaaiery deur die lug maar ek gaan sorg dat dit nie net daarby bly nie! ‘n Skelm glimlaggie verskyn op haar mooi gesig wat nou tien jaar jonger vertoon in die lig van die sonsondergang.

Marlè









Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Wintersrus
Maelè n pragtige verhaal. Juo taal tegniek is onverbeterlik
6 jaar 2 maande 14 ure oud


. . .Wintersrus
Die liefde het waarlik geen beperkings nie

Oud of jonk . . .
Bly dit altyd gunsteling onderwerp.
Mooi geskryf
6 jaar 2 maande 2 dae 21 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    slavin

    deur Maangodin

    Annelise, die skrywer van Maanvrug, is terug. Ná haar eksoties-metafisiese reis deur die hiernamaals in Weerloos speel slavin weer in die bekende wêreld van hedendaagse Suid-Afrika af. slavin bevraagteken die definisie van normale seks en die aanvaarde sienings oor seksualiteit. Dit streel en verlei, daag uit en wonder. slavin is weereens net vir volwassenes. Eroties Afrikaans.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar