Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Rimpel Pimpel is ‘n klein kaboutertjie wat in ‘n groot tuin, in ‘n reuse sampioen saam sy familie bly. Hulle sampioen-huis is helder rooi met groot wit rooi kolle daarop, nie net vir die mooi nie, maar ook om mense te waarsku dat die vrolike sampioene giftig is.

Rimpel Pimpel is baie lief vir teken en verf en, toe hy vyf weke oud word, sê sy pa vir hom dat hy nou kan help om die woonbuurt se sampioene, waarvan die kleure dof gebrand is deur die son, te verf. Sy pa wys vir hom hoe om die verfblik oop te maak, te roer en egalige hale te verf sonder om te mors en los Rimpel Pimpel om te begin werk.

Rimpel Pimpel geniet die verwery maar, na ‘n rukkie, word dit vervelig om net wit kolle te verf. Hy besluit om die werk lekkerder te maak. In stede van ronde kolle, begin hy allerhande patrone op die sampioen-huisies verf. Hy verf driehoeke en vierkante, harte en sommer baie ander vorms, net soos was hy lus kry.

Toe Rimpel Pimpel se pa die aand by die huis kom, sien hy wat Rimpel
Pimpel gedoen het en hy is baie kwaad. “Rimpel Pimpel,” sê hy, “dit was
baie stout van jou. Ek is baie lus om jou ‘n groot pak slae te gee.”

Rimpel Pimpel se onderlip begin bewe.

“Jy sal die huise moet oor verf.” sê sy pa, “En ek gaan die geld vir die verf van jou sakgeld aftrek.”

Die trane begin loop oor Rimpel Pimpel se wange – hy is juis so lief vir lekkers en, as hy nie sakgeld kry nie, kan hy nie vir homself lekkers koop nie. Maar hy huil ook omdat hy weet dat hy verkeerd gedoen het en hy bang is dat sy pa en ma nou nie meer vir hom lief is nie.

“Ek is baie jammer, Pappie,” sê hy, so deur die trane. “Ek sal dit nooit weer doen nie.”

“Ag, ou man,” sê Rimpel Pimpel se ma. “Rimpel Pimpel weet dat dit verkeerd was maar hy hou so baie van teken en hy teken regtig baie mooi. Kan ons hom nie maar die keer net waarsku nie?”

Rimpel Pimpel se pa dink so bietjie. Dan sê hy: “Rimpel Pimpel, ek sal jou die keer oorsien maar onthou om volgende keer presies te doen wat ek vir jou sê.”

Rimpel Pimpel knik sy kop.

En, gaan sy pa voort, “Ek weet jy hou van verf en teken. Jy kan nou die
binnekant van ons huis versier met jou tekeninge. Wie weet, dalk hou die bure daarvan en dan kan jy sommer ekstra sakgeld verdien as jy hulle huise ook binnekant mooi maak.”

Rimpel Pimpel glimlag nou breed. Hy kan nou na hartelus teken sonder om in die moeilikheid te kom. En, beste van alles, al het hy drooggemaak, weet hy dat sy pa en ma nog steeds lief is vir hom.





Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Grafte op die Berg

deur Johannes de Swart

Prosigma, dagboek van 'n paranoiese skisofreen



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar