Kortverhale

Titel: Rock On
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Alleen, verwerp, uitgespoeg langs die groot oseaan van die lewe. Dit is waar ek myself bevind. Vaagweg onthou ek die tye toe ek deel was van die groot rots. “I belonged”, dalk selfs belangrik.

Voorheen het ‘n interesante toneel hom gereeld om my afgespeel: Die skommelend en maalend see het ander klippies rond gespoel, terwyl ek wonder, “Waarheen gaan julle? Dit het na soveel prêt gelyk, Whoesh, Wheee. Die feit dat ek nooit weer daarna van hulle gehoor of hulle gesien het nie, “was of no concern to me”. Dis toe dat ek besluit om te wikkel, en te beur met al my klippie mag. Toe eendag ná die see ‘n regte “bad hair day” gehad het, gebeur dit. Met my gewoel en gewikkel voel ek uiteindelik hoe ek stadig afsak tot op die bodem.
Skielik was ek nie meer deel van die gevestigde klip eenheid nie

O, hel, wat nou. Die opwinding het plek gemaak vir bangheid, alleenheid. Terwyl ek vir dae, of was dit dalk maande hier lê, sien ek die groot klip, sy standvastigheid, en in my klein klip hartjie voel ek skuldig, maar omdat ek ‘n besluit gemaak het, moes ek dit deursien. “Ek is mos groot en sterk” – “So, watch our world, here I come”.

Tsunami, spring gety, noem dit wat jy wil, want toe ek my weer kry is ek in die “wash cycle” van hel. Ek vlieg verby lang stroke kelp, om ‘n swaardvis, onderdeur die mooiste koraal. Wow – what a ride! Maar die “wash cycle” het verander in die spoel “cycle”. Om en om, blou lig dan weer sand.

Moes my wind uitgeval het op ‘n stadium. Foeitog, nou lê ek hier, uitgespoeg deur die see.
Die lekker warm sonnetjie bak op my klip lyfie. Om my sien ek ander klippe, party groter as ek, ander lyk selfs bekend “Haai ouens, hoe lyk dinge?” Elkeen het ‘n storie om te vertel, tog klink dit amper dieselfde. Ons wou almal hier opeindig. Hier op die strand. Vir eers lê ek net alleen eenkant.

Ek voel hoe rol die branders oor my, terwyl hulle fluister, “kom terug, kom terug na die groot rots” Nee! Skree ek – I’ve been there, done that. Hier waar ek nou is, is waar ek hoort, ek beleef die verskil tussen dag en nag. Kyk op na die sterre en droom. Verskillende mense tel my op, dan staar ons na mekaar en wonder.

Gereeld is daar ‘n nuwe klip en ons verwelkom hom met ope arms.
Ja, soms reën dit, en ja daar word ook op my getrap. Glo my, dis alles die moeite werd, want ek het my eie plekkie in die son op die strand.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kodeks

deur Nini Bennett

Nadat nini Bennett bekroon is as kortverhaalskrywer (RAU-Mardene Marais Prys) en as jeugverhaalskrywer (The International Room to Read Children's Book Competition), debuteer sy met 'n digbundel, Kodeks. Sy was een van die vyf debutante wat genooi is om die Versindaba-fees te Stellenbosch (2011) by te woon. Veral die literator Charles Malan het die bundel hoog aangeskryf.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar