Kortverhale

Titel: Rooibye
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dis ons laaste dag op die plaas by pa en ma voor ons moet teruggaan Kaap toe na die vakansie.
Om dit soort-van spesiaal te maak, word daar besluit ons moet in die rivierloop gaan wors braai. Niemand het gedink dat dit wel spesiaal onvergeetlik sal raak nie.

Om eers perspektief te gee… Die plaas se naam kon net so wel Rooibykoek of iets met rooibye te doen gewees het. Dit lyk kompleet of mens met die goed daar boer in plaas van met skaap. En blykbaar is die rivierlopie waarheen ons nou moet gaan, bekend daarvoor dat hulle hulle gatte afgesmeer het aan die hele post-1994 sage. Die ding dat almal gelyk is en almal ‘n ou plekkie onder die son verdien. Die rivierlopie (en spesifiek waar ons wil braai) is hulle eie klein Ventersdorpie waar geen indringer dit mag waag nie. Sommige 2 mense (by wie ons juis kuier op die plaas, en wat wil hê ons moet hulle ma en pa noem), weet blykbaar ook van die reëling.

Maar so word ons toe nou almal agterop die bakkie gelaai, met roosters en stoele, en koelsakke en ‘n blik Doom. (Daar was seker net een blik op die plaas). En daar gaat ons. Almal vreeslik opgewonde. Veral my ou twee kleintjies. Wat weet hulle nou after all van rooibye af.

Ons hou ‘n ent van die rivierloop af stil, want dis te klipperig om daar te ry, en klap ‘n toon van die bakkie af tot by die lopie.
Die pragtigste ou plekkie. Groot bome, baie sand en ‘n klein bietjie water. Langs die een kant van die lopie is sulke steil kranse op, wat saam met die bome lekker skadu maak. Net die regte plek vir braai.
So kry ons ook elkeen ons sit, en begin soek na iets om die keel mee nat te maak.
Dis toe dat ons elke nou en dan iets oor ons koppe of sommer so tussen ons deur sien vlieg. Almal het eers probeer glo dis vliee, maar dit was toe nie. Dis rooibye. Ons probeer hulle in toom hou met die enigste Doom blik op die plaas. En toe my laaitie dit agterkom, gaan plak hy homself op ‘n stoel neer met die blik Doom. Mens sou sweer dis vasgegroei aan sy lyf. (Die blik aan sy hand, en die stoel aan sy gat). Hy weier om enige bewegings te maak.
Sussie (die jongste enetjie) is egter braaf. Sy loop die wereld vol en steur haar min aan die bytjies.

Toe besluit ma mos nou ook om vir sussie te vra of hulle twee nie moet hier teen die krans opklim nie. Dit sal glo vreeslik mooi wees, en ma het haar vebeel sy sien ‘n voeltjienes daar bo iewers. Natuurlik piepie sussie haar amper nat van opgewondenheid en stem in.
Dis waar die eerste moeilikheid begin het. Want pa sê toe vir ma sy weet mos hulle kan nie daar op nie, want die rooibye is juis vreeslik heilig op hulle ou kransie. Nou ma laat haar nie sê nie ! En dit raak ‘n gestryery oor wie is bang en wie is onverantwoordelik. Dis toe dat ma se mond soos ‘n rosyntjie saamtrek, en sy vir sussie aan die hand beetkry, en daar gaat hulle. Ek het nog vir sussie probeer waarsku, maar blykbaar het sy genoeg van haar ouma se bloed in om haar agterwerld mooi netjies skoon aan my af te vee. Stadig maar seker gaan hulle teen die krans op, want ma is ook nie vandag se kind nie, en sussie se beentjies is nog kort. Wel, ma s’n ook.

Hulle het net goed gevorder, toe ma dan nou konsuis ‘n voeltjienes met eiertjies in sien. Net nog so ‘n entjie op. Ons ander geniet onsself toe nou al lankal met die vuurmaak en biertjies drink. Vergeet toe nou al amper van die bergklimmery.
Dis toe ook net kort hiena dat hierdie oorverdowende sielsdeurdringende gil die stiltes skeur.
Twee rooibye wat vir sussie as indringer eien en haar dan ook sommer steek. Nou hulle steek mos nie soos ‘n gewone heuningby een keer en vrek dan nie. Nee hy steek aanmekaar op een plek. En vrek ook nie.
Nou kyk, sussie sal nooit ‘n atleet wees nie. Die ou beentjies is maar kort, en dan lyk hulle nog kompleet soos ‘n donkie wat in ‘n jamblik getrap het s’n.

Maar dit stop haar nie om die olimpiese 100m rekort te probeer breek nie. Dit sou nogal iets besonders gewees het, in ag genome dat die kransie net twee of drie meter lank is. En as sy dit nie met spoed kon regkry nie, sou sy iets probeer breek met haar stem.

Weet nie of ma destyds gedroom het van Springbok klere nie, maar haar rugby instinkte skop toe ook gelukkig in, en sy tackle vir sussie net voor sy oor die afgrondjie kan gaan. Wynand Olivier sou skaam gekry het. Gepraat van rekorts. Ma het definitief een of ander rekort gebreek met die afkom van bo tot in die rivierlopie waar ons gesit het. Met sussie ook nog in haar arms.

Nodeloos om te sê wat pa se kommentaar op die hele petalje was. Het mos gesê hulle moet nie daar op nie. Die stryery weer van voor af, maar hierdie keer het ma maar onder gebly.
Gelukkig was iemand slim genoeg om whiskey te bring. Kon dit toe darem op die ou steekplekkies sit.
Die bye het ons darem vir die res van die dag uitgelos. Miskien was dit omdat ons baie stiller gesit het, maar ek dink nog steeds sussie se gil het ook iets daarmee te doen.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Die Besoeking

deur Kobus van Eden

DIE BESOEKING handel oor 'n Gideonsbende wat die plaasmoorde begin wreek. Hul sukses is verstommend! Gou staan Koos Gerade bekend as die Bloedwreker en sy manskappe as 'die hel.'



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar