Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die hitte skroei neer,wanneer die son die ooste kleur,hier waar Simon Akker woon.n Aarde met geen genade.Hier veg almal alleen vir oorlewing.Teen die hitte, die woestynwind,n put sonder water,paaie wat na nerens lei,die adder,die skerpioen en die nagwolf.Simon Akker is 80 jaar oud,n gesonde 80.Hier is hy gebore en hier sal hy neergele word.Silwer hare,kreukel hande en ou voetsole wat paaie ken is al waaraan n mens die ouderdom kan eien.Hy woon in n rietdak huisie omring deur haakbos.Haakbos en n vuur wat deurnag kletter is al wat die nagwolf weghou.Wanneer die woestynwind egter waai is die vuur nie nodig nie,want alles wat leef kruip in stilte weg.Met die jare hou hy vas aan " Die Here is my Herder" wat sy Oupa Groot op n klip gebeitel het.En so leef Simon al n hele 80 jaar saam met sy Herder hier waar die hitte skroei.Dit begin skemer word.Simon vryf die twee stokkies teenmekaar in sy hande,en n vlamnetjie is reg om die haakbos aan te steek.Vanaand geniet hy warm suurmelk uit n klei beker wat nie te koop is op hierdie aarde wat hy ken nie.Sy vriend Henk,Simon noem hom die lig van die beskawing,lewer elke veertien dae 50 liter water,2 liter suurmelk,mieliegruis en n handgrootte soetmelk kaas af.Die soetmelk kaas noem Simon.
die manna van sy Herder,waaraan hy met groot dank en tyd eet.Soveel so, as Henk arriveer dan laat hy Simon se muf stukkie kaas wat oor is in sy broeksak verdwyn.Snoek braai hyself,wat Simon in stilte met n glimlag geniet.Simon en Henk se vriendskap is n lang storie van lank gelede.Simon het geveg vir die kind se lewe,maar daaroor gesels ons later.Toe Henk weer sy lewe,studie en beroep in die beskawing gevind het,het hy n belofte gemaak om vir sy " life saver" te sorg.Jare probeer hy Simon Akker na n vyfster hotel lewe lok,maar sy ou vriend ken en wil net een aarde ken.Alhoewel hy hom al hoor se het dat hy graag nat sand eendag onder sy voete wil voel.Henk vra nooit uit nie,maar hy sal tog graag wil weet waar en hoe Simon leer skryf het.Hy het toevallig woorde soos Moses sin op n klip gevind en vele ander woorde.So sorg hy sonder vrae,vir die ou hardeband swart folio boeke en n wynbottel vol potlode,wat Simon met sy knipmes skerp maak.Eenkeer in twee maande vra Simon vir n bottel wyn uit die Kaap.Hierdie maand het hy egter n lee wynbottel met n kurkprop bestel.....Nou is Simon 90 jaar oud.Vanoggend bind hy die folios versigtig in n rol,en sit dit in die wynbottel.Hy seel die bottel met die kurkprop toe hy die helikopter hoor draai.Saam met Henk vertrek hy na n nuwe aarde wat hy nie ken nie.Henk sit op die sand en kyk Simon agterna.Hy het sy briefie in n bottel op die strand vergeet.Henk skuif dit gou onder sy handdoek in.Simon trap versigtig op die nat sand van die nuwe aarde.Hy glimlag toe hy dit tussen sy tone voel,en die seewater oor die ou ou voete spoel.Hy kyk op en glimlag vir Henk.Henk wuif en fluit vir hom.Nou vul sy lag en die geraas van die seemeeue die lug.n Koel bries waai deur sy silwer hare.Kreukel hade skep seewater en laat dit stroom oor n ou ou gesig.Simon se briefie in n bottel wat hy met die seewater wou deel,vind die nuwe aarde.En vanaand met sy kierie in sy hand,help Henk hom die trappe op.Henk hou sy ou vriend vas,toe kreukel hande die Langenhoven prys en sy boek" n Aarde met geen genade" styf teen sy bors vasdruk,terwyl hy fluister," Die Here is my Herder.".



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Simon
Pragtig gedoen... baie besonders!
4 jaar 4 maande 1 week 5 dae 12 ure oud


Simon se briefie
ongelooflik mooi gepen.. heerlik gelees!
4 jaar 4 maande 1 week 6 dae 22 ure oud



Destined to Love

deur Rachelle du Bois

As she sat down on her suitcase, despair almost overwhelmed her. The events of the past week should have prepared her for something like this – this old house with this overgrown garden in this godforsaken little town in the eastern Free State of South Africa, which was left to her by a grandmother she had not known existed. But as she steadily began uncovering the secrets of her granny’s and her mother’s past, she found her destiny here, irrevocably linked to her smouldering neighbour, Julian du Toit. He'd made a promise to her grandmother that he fully intended to keep.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar