Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Die lang man, met sy blonde hare stap flink in die rigting waar die glim van die groot vuur die strand verlig. Die see se gedruis klink swaar in sy ore en hy weet die water is magtig en sterk.

Arnold sien die man aankom, “ Oubaas Gert! Hier kom Dominee nou!”
Oubaas Gert klim van die hoȅ rotslys af en stap stadig met moeȅ bene om Dominee te woord te staan.

“Naand, Oubaas. Wat is die nuutste?”

Oubaas Gert vryf sy oȅ met sy duim en pinkie, asof hy sand daaruit wil kry. Sy stem klink vir die eerste keer moeg en stram.

“Dis Veronica, Dominee. Die kind ontstel my. Sy staan net en tuur oor die see. Ek dink die ding van haar man wat so in die see verdrink het en nou haar broer…”

“Het hulle sy lyk gekry?”

Oubaas Gert skud sy kop, “ Baie ander, vyf man tot dusver, maar niks van haar broer en Karolus nie, Hulle is nog daar in die bose water besig om te verdrink of…”

Dominee plaas sy hand op Oubaas Gert se skouer en vir die eerste keer in jare voel Oubaas hoe daar trane vloei. Hy ruk en snik sonder ophou. Dominee draai Oubaas na hom en druk vir Oubaas teen hom vas.

“Huil maar. Dis nie ‘n skande nie Dis altyd swaar as dit mens se eie bloed is.” Die twee mans staan vir ‘n wyle so en dan hoor hulle vinnige voetstappe op die sand. Dis Arnold. Oubaas Gert vryf gou die trane met die agterkant van sy hand weg en draai verleȅ sy gesig na die see.

Dominee besef in watter posisie Oubaas Gert in verkeer en stap vinnig na Arnold om die aandag weg te neem van Oubaas af.

“Hoe lyk dit Arnold?”

Arnold is nog effens uitasem, “Het so pas woord gekry dat daar ‘n man by Langebaan gekry is. Hy leef blykbaar, maar hy is bewusteloos. Ons is nie seker of dit Oubaas Gert se seun of Petrus, Veronica se broer, is nie. Hulle lyk nogal na mekaar.”

Dis asof daar weer vuur in Oubaas Gert se bene kom en


Hy gryp Aenold aan die arm.

“Nou kom mannetjie, waarvoor wag jy? Laat ons onmiddelik gaan kyk.”

“Sterkte Oubaas Gert!”, roep Dominee afgterna.

“Vanaand gaan ‘n besige aand wees. Ek moet by elke nuwe weduwee besoek gaan aflȇ. Dis my werk en my roeping”, dink hy terwyl die seesand onder sy skoene wriewel in die rigting van die groot vuur.

Dominee Steyn stap van huis tot huis en elke huis het sy trane en weemoedige situasie. Moeders en vroue wat wenend voor ‘n warm kaggel sit of net voor hulle uitstaar. Sy hart gaan uit na elkeen. Hy het lief geword vir hierdie groepie mense. Sy mense en die Heer se kudde. Sommiges is rowwe diamante en ander is sy hande en voete, vir wanneer hy nie betyds by die siekes of swakkes kan uitkom nie.

Uiteindelik staan hy voor Veronica se huis en sy hart bons, sy hande sweet en hy wonder hoe dinge vanaand gaan afloop. Veronica se hart is verhard en hy weet presies wat haar standpunt omtrent God is, maar vanaand is hy hier omdat hy iets vir haar voel…

Mieta staan reeds voor die oop deur en sy wink vir hom om na binne te gaan.

“Dis al laat Dominee en Dominee stap nogsteeds van huis na huis?”

Dominee Steyn knik sy kop, “Is hier iets om te drink, Mieta?”

“Natuurlik, Dominee weet mos. Hier is altyd ‘n warm dingetjie. Vanaand is dit sop.”

“Kan nie wag nie”, sȇ hy en trek ‘n stoel nader aan die kaggel.

“Slaap Veronica?”

“Nee, Dominee. Sy sit net en tuur na die oop, groot, rowwe see. Ek dink sy maak haarself reg vir die ergste.”

“Ek sien die kind slaap rustig.”

“Sy was reeds vas aan die slaap toe Veronica teruggekom het van die strand af. Die arme bloedjie verstaan nie waaroor als gaan nie. Sy klou aan Veronica vas asof sy nooit weer sal laat gaan nie.”

Skielik staan Veronica in die kombuis-ingang.

“Naand Dominee. Ek hoop nie u het vir my kom preek nie.”

Hy staan vinnig op en sy oȅ drink die prentjie voor kom in. ‘n Pragtige vrou; slank, lang raafswart hare wat oor haar skouer drappeer. Diep groen oȅ wat dwarsdeur hom kyk. Lippe van sagte satyn.

“Hoe gaan dit, Veronica? Hou jy nog kop bo water?”

“Ek is sterk, dankie. Is reeds deur so iets, sal seker nie die laaste keer wees nie.”

Sy hart breek vir haar. Hy wil haar in sy arms neem, haar vasdruk en vertel dat hy omgee. Hy wil hȇ sy moet weet dat hy omgee.

Veronica hou Dominee Steyn fyn dop.

“’n Aantreklike man. Sterk en fors. Iemand wat nie met hom laat mors nie”, dink sy terwyl sy vir haar ook ‘n beker sop haal.

Mieta hou die twee fyn dop. Sy weet wat hier aangaan en sy moet nou dadelik spore maak.

“Julle moet my gou verskoon. Ek is oppad na die vuur.”

Voordat enige van hulle kon reageer, glip sy by die deur uit en die koue seewind omvou sy arms om die dik lyfie.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

skip
dek het van hierdie een gehou wat die leed van n vissers gemeenskap so pragtig uitbeeld
5 jaar 7 maande 3 weke 5 dae 2 ure oud


Skipbreek 2

Nou sal ek graag wil weet wat verder gaan gebeur met die Dominee.
5 jaar 7 maande 3 weke 5 dae 5 ure oud


Skip
Dis 'n lekker storie, Moekie. Stuur asb vir my 'n leesversoek met die volgende afleweing :-)
5 jaar 7 maande 3 weke 5 dae 11 ure oud



DVD-reeks, HOE HOOR EK DIE HERE SE STEM

deur Christo Nel

Hoe hoor ek die Here se stem? Soveel gelowiges vra gedurig: Maar hoe hoor ek die Here se stem in my lewe? In hiedie DVD-toerustingskursus gebruik Christo Nel 9 sessies om verskillende fasette van die antwoord op hierdie vraag vir gelowiges te belig.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar