Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Dominee Steyn se woorde sink stelselmatig by die twee jong manne in. Hulle is eintlik verstom om te hoor dat die waarheid vir so lank van hulle af weggehou is. Karolus stop die Dominee vir ‘n oomblik. Hy draai na Mieta toe.

“Ma Mieta. Ek is bly dat ek jou as ‘n Ma gehad het, want jy het my alles geleer wat jy geweet het. Noudat Pa nie meer met ons is nie, below ek, dat ek Ma nie in die steek sal laat nie.”

Mieta gryp hom om sy middel en sy druk hom so styf as wat sy kan, teen haar vas.

“Ek was so bang dat jy my sal verwyt. So bang..” snik sy deur haar trane en snikke van verligting.

Karolus streel Mieta se grys hare met sy regterhand en druk sy wang teen haar kop.

“Ek sal Ma nooit verlaat nie. Ek belowe.”

Petrus staan op om te loop, maar Dominee Steyn keer hom vinnig.

“Nee Petrus. Sit asseblief. Hier is nog informasie wat jy moet weet.”

Dominee Steyn kyk na hom, “Is dit werklik wat jy wil doen? Sommer net loop sonder om alles te hoor?”

Petrus besef dat hy net aan homself gedink het. Hy draai om en sien hoe Veronica haarself verder tussen die kussings ingewurm het. Hy stap na haar en gaan sit dan langs haar. Hy soen haar liggies op haar voorkop. Dominee sien dit en sy hart spring in sy keel op.

“Verdomp!” flits dit deur hom. Hy haal diep asem en neem ‘n oomblik om tot verhaal te kom.

“Mense, asseblief. Neem julle sitplekke. Ek moet nog die res ook met julle deel.”

Die wind huil om die hoek van die huis en ‘n venster klap skielik toe. Doodse stilte…

“Goed, waar was ek nou weer?” Hy vryf met sy vingers oor sy voorkop en dan vertel hy verder.

“Soos ek reeds genoem het, het hier ‘n kort mannetjie met ‘n bos rooi hare opgedaag. Sy vroutjie was baie fyn en tingerig. Hulle het ‘n dogtertjie van so om en by ‘n jaar oud gehad. Mens kon beslis agterkom dat die vrou bang was vir haar man. As haar man gepraat het, het sy gespring. Hy was amper nooit nugter nie en mense kon hoor hoe hy op die vrou en kind skreeu. Mense het die vrou skaars gesien. Sy was in die huis toegesluit dag in en dag uit. So het Oubaas Gert aan my oorvertel.”

Mieta val Dominee in die rede.

“Het Gert vir Dominee vertel van die “vreeslike” dag?”

Hy draai na Veronica.

“Gert het vertel van die eenjarige dogtertjie wat net doek en frokkie aangehad het. Die kind het op ‘n stadium vreeslik gehuil. Mense het gewonder wat aangaan totdat Oubaas Gert en nog twee manne die huis se deur moes afgebreek en die kind daar uitgehaal het. Die vroutjie het in ‘n plas bloed gelȇ. Die man was nȇrens te vinde nie. Net die huilende kind. Hulle het die kind na Elizabeth gebring en so het jy, Veronica, saam met Petrus, as broer en suster grootgeword.”

Veronica se stem is onverwags. “Wat het van die man geword?”

“Hy word tot vandag toe gesoek vir moord” deel Mieta hulle mee.

Dis asof daar ‘n doodse stilte heers. Dominee Steyn kyk verward rond. Iemand moet skreeu of huil of flou word, maar niks… Net stilte.

“Tee vir iemand?” kom die onverwagse stem van die gasvrou, wat met ‘n houtskinkbord inloop. Die teepot is ‘n ou blikketel, maar die dien nog sy doel. Die skinkbord word versigtig op die hoektafeltjie geplaas en sy besef dat haar teenwoordigheid oorbodig is. Haar vinnige voetstappe verdwyn na buite en die wind waai… Waai om die hoek van die huis, deur die huis en deur die lewens van elkeen wat op sy eie sit en die informasie verwerk.

“My keel is droog” dink Dominee Steyn en stap na die skinkbord. Mieta gryp hom aan die arm en wys met haar kop in die rigting waar Veronica stil voor haar uitstaar.

“Ek sal skink, Dominee.”

Hy stap tot by Veronica. “Kom, ons moet gesels.”

Haar oȅ is groot en uitdrukkingloos. Haar lippe beweeg skaars as sy fluister, “Goed.”

Hy neem haar hande en trek haar op. Sy val effens vooroor en sy raak-raak aan sy bors.

“My Meisie. Hoe graag wil ek jou vashou en vertroos. Ek wil …”
Sy gedagtes word onderbreuk.

Karolus se stem breek die stilte en almal kyk vraend op.

“Dominee, ek neem Ma nou huis toe.”

Dominee knik toe Mieta opkyk en hy verstaan. Sy lyk moeg en die afsterwe van Gert is reeds soos ‘n steen wat vergerol moet word. Karolus haak by Mieta in en hulle verlaat die vertrek in stilte.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

11
diep-seer vol deernis gepen Moekie
5 jaar 4 weke 1 dag 1 uur oud


Ano
11
Mmmm, die arme dominee. Ek begin al jammer voel vir die vent. Dis tyd dat hy 'n soentjie kry, ne? Net so enetjie om sy hoop te laat opvlam... :-)))
5 jaar 1 maand 1 dag 6 ure oud


Skipbreuk 11
Dis net 'n kwesie van tyd of die arme Dominee se knieë is..

Dankie vir die lekker lees aan jou kortverhaal.
5 jaar 1 maand 1 dag 16 ure oud


skipbreuk
moekie jy kan trots op jouself wees oor hierdie verhaal. Absoluut puik van nr 1af
5 jaar 1 maand 2 dae oud


Nie die einde nie?
Die wind waai ... die wind, dis so goed!
5 jaar 1 maand 2 dae 5 ure oud



Die winkende Dood

deur neels claasen

die verhaal van n tienermeisie wat in dwelms se kloue beland het



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar