Kortverhale

Bladsye:
Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dit was ‘n lang en moeisame dag vir almal. Dominee Steyn het vir Petrus en Veronica huis toe geneem. Die stilte was tasbaar en hy was selfs ongemaklik met die twee saam. Hy het telkens vir Veronica, in die truspieȅltjie, geloer, maar haar oȅ was toe terwyl sy met haar kop teen die agterste sitplek geleuen het. Haar raafswarthare het sag oor haar skouers gehang en haar lippe was wit saamgepers. Hy wens hy kon haar gedagtes lees.

Petrus het op ‘n stadium net gesug, sy kop geskud en gesȇ, “Ek kan nie glo dat ek ‘n broer het, en dat ons nie saam deur ons eie ouers grootgemaak is nie. Dis soos ‘n droom wat nie wil ophou nie.”

“Ja, hoe verklaar ‘n mens die dinge? Binne ‘n paar minute verander jou hele lewe” voeg Dominee Steyn by.

Die rit vorder verder in stilte. Dis reeds laat namiddag toe hulle by die huis stop. Binne enkele oomblikke kom Mandi, die drie jarige by die deur uitgehardloop met haar arms wyd oopgespry.

“Pappa! My Pappa! Ek weet nie waar jy is nie!” Sy huil spontaan toe hy haar in sy arms neem en haar teen hom vasdruk.

“Pappa is hier, skat. Ek hoop jy was soet?”

“Ek is soet, Pappa. Jy moet nie weer weggaan nie.”

Hy soen haar teen haar wang, maar sy draai sy gesig tussen haar twee handjies en soen hom met haar nat betraande gesiggie en hy proe die sout op haar lippies.

“Pappa, is hier om te bly, my skat. Ek, jy en Tannie Veronica sal vir altyd saam wees.”

Dis asof Dominee Steyn yskoud word. Hy sien hoe Veronica vir ‘n oomblik tot verhaal kom. Sy staan stil, kyk na die kind; na Petrus en dan kyk sy na hom. Sy gooi haar swart hare oor haar linkerskouer en sȇ, “Dit sal ons nog moet sien.” Sy draai om en verdwyn die huis in.

Petrus bedank Dominee en bevestig dat hy self met haar sal praat. Hy en kind stap geselsend na die voorstoep, sonder om weer om te kyk. Dominee Steyn pak sy tog aan na sy eie huis… Sy gedagtes gaan terug na alles wat onlangs gebeur het. Sulke pragtige mense wat skielik die swart kant van die lewe uitgedeel is; en dit omdat mense geheime gehad het.

“So jammer. Tog so jammer, want hier is mooi mense. Wie weet wat die toekoms inhou?” wonder hy hardop.

Die laatmiddagson skyn direk in sy oȅ. Iets hardloop voor hom in. Hy swenk uit, maar die dier tref die kar. Hy verloor beheer en sy voertuig rol. Hy proe die bloed, voel die pyn; toe word alles swart…

***
Veronica gooi haar tjalie op die bed; gaan staan voor die foto van Elizabeth wat op haar bedkassie staan. Sy gryp dit en kyk daarna.

“Hoekom het Ma dit aan my gedoen? Hoekom het Ma my grootgemaak sonder om my te vertel dat ek eintlik ‘n optel kind was nie? Ek het nie Ma se liefde verdien nie. My Pa was? Is ‘n moordenaar? Wie weet? Wie weet waarom ek hierdeur moet gaan? Hoe sal ek ooit uitvind wie ek regtig was? My regte naam en van?”

Sy gooi die fotoraam op die vloer en dit bars in stukke. Sy staar na die gemors, besef wat sy gedoen het, val op haar knieȅ en rou snikke kom hortend uit haar keel.

“Wa…waarom? Ma, (snik) moes my vertel het. Ek is nou ‘n weggooi kind. ‘n Uitwerpsel!”

Haar hele liggaam ruk van verdriet en sy laat die trane vloei. Dit hardloop oor haar wange, haar neus, haar lippe en plons op die foto wat nog onder glasskerwe lȇ

Sy het nie gehoor toe Petrus in die kamer ingekom het nie. Sy skrik toe hy aan haar skouer raak.

“Los my!” roep sy en slaan sy hand van haar skouer af.

“Nee, ek gaan jou nie los ne. Ek gee vir jou om.Ons moet praat. Ek wil vir jou alles vertel. Die rede waarom ek vierjaar gelede hier weg is en nou weer teruggekom het. Ons moet praat. Ek kan nie langer so aangaan nie.”

“Nee Petrus. Ek is moeg. Ek wil rus.”

“Jy kan rus as ons gepraat het. Ek het gereel dat jou badwater getap word. Gaan ontspan, dan gesels ons wanneer Mandi slaap.”

Hy maak die deur agter hom toe en sy tel stadig die glasstukke op.Kyk weereens na die foto van Elizabeth en loop na die bedkassie; maak die laai oop en sien die Bybel. Sy gooi die foto bo-op die Bybel en stoot die laai hard toe.

“Is daar werklik ‘n God van liefde?”, vra sy aan haarself.
Sy haal skoon klere uit haar netjiese kas en verdwyn in die rigting van die badkamer.

***
Arnold is besig om aan sy huis se sinkdak te werk. Die storm van die vorige aand het van die dakplate gelig en as dit nou mot reȇn, sal dit rampspoedig wees vir sy huisgesin. Hy sien hoe Dominee wegry en vir ‘n oomblik kyk hy die eenvoudige motortjie agterna. Hy sien hoe die kar agter die duine verdwyn en hy weet da thy biinnekort net die rooi kolletjie in die verte sal sien verdwyn…, maar hy sien nie die rooi kolletjie nie.

“Dis einaardig. Dominee moes teen hierdie tyd al oor die laaste kronkel gegaan het.” Pla dit hom in sy binneste.

Hy klim vinnig met die leer af en roep dan sy twee seuns om gou te gaan kyk of hulle die kar langs die pad kan sien.

“Ry gou met julle fietse en moet nou nie lank draai nie, hoor?”

Ja, Pa!” be-aam hulle.

Hy is weer doenig op die dak, toe hy een van die seuns in die verte sien. Die kind swaai sy arms en beduie. Onmiddelik weet Arnold dat iets verkeerd is. Hy is rats van die dak of en met instink hardloop hy na Veronica se huis. Uitasem maak hy die tuinhekkie oop, maar voordat hy kon klop, maak Petrus die deur oop.

“Wat lyk jy asof jy ‘n spook gesien het, Arnold?”

“Nee, nog nie, maar ek dink daar’s fout!”

“Fout? Wie? Waar?”

“Ek weet nie. Dis net…” Hy haal vinnig asem “ Ek het gesien hoe Dominee wegry, maar hy het nie deur die …”

“Was daar ‘n ongeluk?” wil Petrus weet.


“Ja. E ee Ek dink so. Sien… ek.. mmm. Ek het…”
“Moenie nog stotter nie. Kom laat ons gaan kyk wat aangaan.”



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

12
absoluut puik en spanningsvol gepen Moekie.. ek kan nie wag vir die volgende aflewering nie....
5 jaar 2 weke 5 dae 2 ure oud


Ano
12
Jy kry dit reg om my volle aandag tot op die einde te hou! :-D Baie mooi gedoen.
5 jaar 2 weke 5 dae 10 ure oud


skipbreuk
weereen s boeieme en jy slaag skitterend daarin om die leser op n hoogtepunt te los wat hom dwing om uit te sien na die opvolg. moekie hierdie verhaal is n treffer
5 jaar 2 weke 5 dae 14 ure oud


Skipbreuk 12 (Die ongeluk)

Dalk is die Dominee nou in die kol met sy verliefdheid.
5 jaar 2 weke 5 dae 17 ure oud


ongeluk
Ek hoop die ds oorleef die ongeluk :-). Ek het lekker gelees...dankie Moekie..
5 jaar 2 weke 5 dae 19 ure oud


.
Aaaahhhh !!!
Nee.
Ai.

Ek hou van die dominee x
5 jaar 2 weke 5 dae 21 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    AFGODE

    deur Piet Schoombie

    Die aangrypende verhaal van 'n weeskind se stryd en strewe in 'n kinderhuis.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar