Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Veronica klim uit die bad. Trek haar warm aan en stap na die kombuis. Daar staan twee stomende koppies koffie.

“Petrus? Petrus, is jy is die voorkamer?”

Sy dra die koppies tot in die klein kamertjie, maar daar is niemand te bespeur nie. Sy hoor hoe Mandi rustig asemhaal en dit verbly haar om weer die kind te sien.

“Dankie Here, dat U vir Petrus en Karolus gespaar het. Ek weet nie hoe ek aan die kind sou kon verduidelik het, as iets met Petrus moes gebeur het nie.”

Sy sien die Bybel op die diep stoel waar Petrus altyd sit. Sy tel dit op en sit self op die stoel. Sy maak die Bybel versigtig oop. Haar vingers glip oor die buiteblad. Dis so lanklaas wat sy ‘n Bybel vasgevat en werklik oopgemaak het. Haar hande blaai deur die Ou Testament en dan sien sy dit; woorde wat so direk praat. Dis ge-onderstreep en haar naam is in rooi langsaan geskryf.

“Dis Petrus se handskrif!” dink sy.

Rut 2: 7 “en sy het gese: Kan ek maar are optel en insamel by die gerwe agter die snyers? Sy het toe gekom en gebly van vanmȏre af tot nou toe; sy het min daar in die huis gesit.
Vers 8: Toe sȇ Boas vir Rut: Luister tog, my dogter; jy moenie op ‘n ander land gaan are optel nie, en jy mag ook nie hiervandaan weggaan nie; Maar jy moet jou by jou diensmeisies aansluit.”

Veronica maak die Bybel stadig toe. Sy gooi haar kop agteroor en sȇ: “Here, hoe duidelik hoor ek nou U stem. U praat met my en ek wil gehoorsaam wees. Daar is net nog een vraag; wie is Boas?”

Sy maak haar oȅ oop en Petrus staan voor haar. Hy steek sy hand uit en trek haar op.

“Kom, ons moet gou maak! Dominee Steyn het met sy kar verongeluk!”

Sy voel hoe 'n rilling teen haar rug afloop en sy druk haarself skielik teen Petrus se bors vas.

"Hou my net gou vas, asseblief."

Hy neem haar vir 'n oomblik in sy arms en druk haar styf vas. Hy ruik haar nat hare en hy hou daarvan, maar...

Sy besef vir 'n oomblik wat Petrus gese het en sy stoot hom vining weg.

“Dit kan nie wees nie nie. Hy was dan nou-net hier.”

Sy sien die lang blonde man met die potblou oȅ, in haar gedagtes en dit voel asof ‘n mat onder haar uitgeruk is.

“Eers was jy in die see ingesluk en nou het Dominee verongeluk? Wat nog?”

Petrus druk haar weer teen hom vas, maar sy keer beslis.

“Asseblief Petrus. Waar is hy? Is hy… dood?”

“Nee, maar sy kop bloei geweldig. Arnold het reeds vir Dokter Janse laat roep. Ons moet solank na Arnold se huis toe gaan. Almal is daar.”


Arnold se huis is nie ver van Veronica s’n af nie. Hulle draf sommer die distansie in ‘n japtrap. Daar is reeds baie mense wat in en uit beweeg. Dr. Janse se voertuig is ook daar en Veronica is verlig.

“As daar nou een persoon is, wat sal kan help dan is dit Dr. Janse” dink sy hardop.

Hulle stap na binne en Arnold kom staan by hulle. Hy kyk na Veronica.

“Kind, Dominee roep gedurig jou naam. Dokter sȇ dat Dominee harsingskudding het, maar daar is meer.”

“Agge nee. Wat is fout?” vra sy bang.

“Dokter sal seker nou met almal kom gesels.”

Sy woorde was skaars koud of hy maak die kamerdeur agter hom toe. Hy kyk om hom rond en sien vir Petrus en die vrou met die lang swart hare.

“Veronica, gaan binne asseblief. Dominee vra aanhoudend na jou.”
Sy bewe toe sy aan die handvastel raak. Sy haal diep asem en stap binne. Sy skrik.

“Is dit Dominee Steyn? Is dit regtig hy? Kyk hoe lyk hy. Sy kop is geswel en ‘n verband is styf om sy oȅ gebind . Ek wonder hoe erg sy beserings is?”

Sy stap tot voor die bed en sak op haar knieȅ neer.

“Veronica, is dit jy?” vra hy.

Sy hand voel-voel na haar. Daar is ‘n knop in haar keel, maar sy besef sy moet nou sterk wees. Haar stem is egter sag en skaars hoorbaar.

“Dis ek, ja. Moenie praat nie. Ek sal hier by jou bly.”
Sy neem sy hand en sy voel sy hand is klam. Dis die eerste keer was sy aan hom raak en dit voel soos ‘n skokgolf wat deur haar skiet.

“Dankie Meisie. Ek het jou nodig.”

“Ek is hier. Wat kan ek vir jou doen?”

“Sit net hier en hou my hand vas. Asseblief?”

“Ek sal.”

Sy staan van haar knieȅ op en sit langs hom op die bed. Hy trek haar nader en sy gaan lȇ teen sy sy.

”Bly net hier langs my” hoor sy hom smeek.



Veronica skrik toe iemand aan haar skud.

“Veronica? Is jy wakker?”

Vir ‘n kort oomblik weet sy nie waar sy is nie, dan sien sy vir Petrus in die dowwe lig wat van die gang se kant af deurskyn. Sy stoot haarself versigtig van die bed af en stap suutjies die kamer uit.

“Wat is dit Petrus?”

“Dis eenuur en ons moet huis toe gaan. Kan niks verder hier doen nie.”

“Ek kan nie saam met jou huis toe gaan nie.”

Petrus hou haar vraend dop, “Hoekom? Wat hou jou hier?”

Sy kyk in die rigting van die kamer, “Dominee Steyn het gevra dat ek hier bly.”

“Wat gaan hier aan? Is jy verlief op die man?”

“Petrus! Asseblief, stop dit. Ek kan dit nie verduidelik nie, maar ek moet hier bly. Gaan jy huis toe.”

“Nou goed. Ek kom jou agtuur haal. Sorg dat jy gereed is om huis toe te gaan.”

Hy draai om en pompel iets onhoorbaar. Sy hoor hoe die agterdeur toeskuif. Sy gaan terug kamer toe en weet instinktief dat Dominee wakker is.

“Het ek Dominee wakker gemaak?”

“Nee. Was dit Petrus?”

“Hy kan na homself kyk, Dominee.”

‘Noem my, Martin.”

Sy kyk na die man hier voor haar. Die dowwe lig is steeds aan en sy sien dat die swelling af is.

“Hoe voel jy… Martin?”

Hy voel-voel weer na haar hand. Hy kry dit en druk dit effens.

“Baie beter noudat jy weer by my is.”

“Dit sou beter gewees het, as ek huis toe gegaan het.”

“Hoekom? Wil jy nie by my wees nie?”

Sy skud haar kop, “Dis nie dit nie. Ek… ek weet nie …”

“Jy weet nie wat jy vir my voel nie?” vra hy haar direk.

“Jy moet rus, sodat Dokter mȏre die verbande kan afhaal.”

“Jy ontwyk my vraag.”

“Asseblief, Martin. Ek smeek jou. Los dit nou. Ons kan in die oggend weer praat.”

Sy weet dat sy reeds vroeg saam met Petrus sal moet huis toe gaan en nie hier sal wees om met hom te praat nie. Sy wil ook nie nou met gekompliseerde vrae gepeper word nie.

“Martin, slaap nou. Asseblief? Jy moet rus.”

Sy gaan lȇ weer langs hom en dink aan die stukkie wat sy vroeȅr die aand gelees het oor Rut. Die verhaal van Rut speel ‘n prentjie in haar kop af en sy vra haarself die volgende vraag af, “Is ek nie nou ook soos Rut nie? ‘n Vrou wat haar man verloor het; saam met haar skoonma na Moab gegaan het. Hier het sy koringare opgetel en is deur Boas raakgesien. Rut het by Boas se voete gaan lȇ om aan hom te wys dat sy bereid sal wees om sy vrou te word.”

Veronica trek die kombers hoȅr op en plaas haar arm om Martin Steyn. So raak hulle weereens aan die slaap.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

skipbreuk 13
wat n pragtige storie maar ek vermoed dit is die einde van die ongelooflike verhaal. die reeks is welgedaan Moekie
5 jaar 2 weke 3 dae 5 ure oud


Skipbreuk 13 (Rut)

Dit is soms hart om teen die verliefdheid vas te skop
5 jaar 2 weke 3 dae 8 ure oud


skip
Dankie vir die lekkerlees storie, Moekie....ek het dit geniet :-)
5 jaar 2 weke 3 dae 11 ure oud


13
die verhaal raak al hoe interessanter!!! Ek hoop jy luister na haar hart voor sy n besluit maak.. lekker gelees
5 jaar 2 weke 3 dae 17 ure oud


.
Ai, ek weet steeds nie waar my hart lê nie, seker maar waar sy nou lê.
Hoop nou net nie daar is iets meer fout met dominee nie ...
5 jaar 2 weke 3 dae 18 ure oud



WELDADE EN MISDADE

deur Piet Schoombie

Vier en twintig lekkerlees kortverhale en artikels oor 'n verskeidenheid onderwerpe en situasies.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar