Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Veronica word wakker terwyl dit nog donker is. Sy luister na Martin se rustige asemhaling en sy voel ‘n warmte in haar binneste.

“Here, is dit die man aan wie ek my moet verbind? Is dit U wil?”

Sy glip weereens stadig uit die bed en die keer kom sy weg daarmee. Draai haarself in haar tjalie toe en sluip vinnig na buite.

“Dis nog donker en die lug is steeds koel. Ek wonder hoe laat dit is?” fluister sy aan haarself.

Arnold is ook reeds op. Hy sien haar skraal figuurtjie en fluister-roep agter haar aan.

“Veronica? Kom in. Dis nog koel buite. Jy sal siek word! Kom, ek gaan maak vir jou koffie.”

“Ek moet huis toe, Arnold. Ek wag net vir Petrus”

“Dis net na sewe. Hy’t gesȇ hy kom jou agtuur haal. “

Sy draai gedwee om en stap agter Arnold aan tot by die kombuis. Hy maak vir haar koffie en vir ‘n oomblik is daar doodse stilte. Arnold gee die koppie koffie aan en kyk na die mensie hier voor hom.

“Jy lyk moeg, Nooi?”

“Ek is. Het baie dinge om aan te dink en vir myself uit te werk.”

Hy kyk vraend na haar, “Petrus?”

“Hoe weet jy Arnold?

“Hoe lank ken ek julle al; vyftien jaar of so? Die broer en suster wat so ‘n besonderse band het? Altyd bymekaar soos finkel en koljander?”

“Ja, ek weet. Ons het gister uitgevind dat ons toe nooit bloedfamilie is nie. Verskillende ouers…”

“Nooit! Wie het dit kwytgeraak?”

“Oubaas Gert en Mieta het jare gelede met Ma Elizabeth saamgesweer om die waarheid te bewaar totdat daar net een persoon oor is, wat dan die waarheid moet ontbloot. (Sug) Gister was so ‘n dag.”

“Genugtig, Nooi? Dit moes ‘n geweldige skok gewees het? Wil jy daaroor praat?”

Veronica haal wees diep asem.

“Ek moet eers dink en dinge vir myself uitwerk. Ek kan nie nou irrassionele besluite neem nie.”

Sy plaas die koppie in die wasbak.

“Arnold, sȇ vir Petrus ek is strand toe. Hy kan my daar kry.”

“Maar, dis …”

Sy glip vinnig by die agterdeur uit en loop-draf in die rigting van die see.

Dis windstil en die sonnetjie skuif-skuif sy glim oor die see se horison. Die golwe breek skuins voor haar. Sy trek haar skoentjies uit en hak die bandjies om haar vingers. Sy voel die koue seesand tussen haar tone; staan dan botstil totdat die koue sand en water by haar enkels is. Met een beweging gooi sy die sandale op die strand en beweeg stadig die golwe in.

“Ma-Elizabeth, hoekom het jy my nooit vertel nie; my nooit gesȇ dat ek nie ‘n van Staden is nie?”

Sy voel die koue teen haar heupe en skreeu dan hard uit, “Wie is ek? Iemand sȇ my, wie is ek?”

Sy slaan met haar hande op die water wat rondom haar woel. Dis koud, maar dis asof die see haar intrek en iemand aan die anderkant… diep in die see vir haar wys en roep, “Kom, my kind! Kom…”

Haar lang hare sliert in die golwe. Haar voete staan nie meer op vaste aarde nie en sy besef dat sy te diep gegaan het.

Sy spartel en paniekerig sis sy vir haarself.

“Uit! Ek moet hier uit! Martin het my nodig,,, Petrus het my nodig,,, Mandi het ‘n Ma nodig…”

Sy gooi haar arm vir oulaas in die lig… “HELP!”

Toe gryp twee sterk arms haar vas.

“Lȇ stil, sodat ek jou kan uitkry.”

Sy ken die stem en sy voel veilig. Sy maak haar oȅ toe en gee haarself oor aan die wieg van die golwe en die skerk arm wat haar vashou.

“Ek wil elke dag in hierdie arms lȇ. Hierdie sterkte om my hȇ. Die nabyheid van iemand wat ek kan vertrou en op wie ek kan steun.”

Die water loop oor haar gesig; sy proes. Die arms tel haar uit die water en sy besef dat sy nou self verder kan loop. Die man druk haar teen hom vas en hulle staan vir ‘n oomblik so met die koue water wat teen hulle afdrup. Sy bolyf is kaal en sy spiere bult teen haar sagte lyf. Sy hoor sy vinnige hardklop. Hy buig effens vorentoe; lig haar ken en soen haar koue lippe soos sagte golfies wat deurbreek. Vir ‘n oomblik laat sy hom toe om haar te soen… Sy lippe smeek en soek teen hare en dit maak iets in haar wakker. Sy proe die sout en vir 'n oomblik wil sy haarself oorgee aan die gevoel van ekstase. Haar arms wil hom vashou, maar dit voel soos lood;... dan stoot sy hom weg.

“Nee, nie nou nie!”

Sy hardloop so vinnig as wat sy kan, deur die nat sand, gryp haar sandale en beur na haar huis wat in die verte op haar wag.

Die man duik weereens die golwe in en verdwyn in een van die branders.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

14
ek voel soos Ano!!!! jy ken die kuns hoe om n storie tot sy uiterste en spanningsvol te vertel... lekker gelees!!!
5 jaar 5 dae 4 ure oud


Ano
14
Ag nee man, jou storie is hopeloos te kort! Nes ek myself gemaklik maak vir 'n lekker lees, hou dit op. Gmph....
5 jaar 1 week 9 ure oud


.
Nou los jy my behoorlik high and dry ... hehe.
Ag dit was nou mooi.

Hierdie hoofstuk van jou het my aan Moerbybos laat dink.
Ag, dankie vir die storie!
5 jaar 1 week 11 ure oud


soen
weereens slaag Moekie daarin om ons op n hoogtepunt te los wat mens laat uitsien na die volgende hoofstuk
5 jaar 1 week 15 ure oud


Skipbreuk 14 (Die soen)

Lyk vir my daar is nog iemand wat op Veronica verlief is.
5 jaar 1 week 18 ure oud


Soen
Ai, Veronica se getwyfel kompliseer dinge net. Dankie. Lekker gelees.
5 jaar 1 week 22 ure oud


soen
Sjoe....lyk my Veronica is omtrent in 'n vertwyfeling....dankie, Moekie..lekker gelees
5 jaar 1 week 23 ure oud



Arhoma Gedigte

deur Aná Niem

Ses verhalende gedigte voorgedra: Identiteit, Hierdie kind, Uiterste Wil, Alleen-vrou, Leer van sukses, Lobola. Hierdie CD is die ideale geskenk vir iemand met diepte.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar