Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Nadat Veronica droog aangetrek het, kry sy vir klein Mandi buite, besig om haarself te vermaak met skulpies.

“En toe, waarmee is jy so besig, Poplap?” vra sy en gaan sit plat op die sand by Mandi.

“Ek speel hys. Dit is Pappa, Mandi” ( Sy hou ‘n klein wit skulpie in die lig) “… dit is my Mamma.”

Veronica kyk na die kind en weet nie mooi wat om te sȇ nie; die kind gaan egter voort.

“Pappa sȇ,my nuwe Mamma is mooi; soos tannie Onica.”

Veronica glimlag verlee enspeel-speel ook nou met van die skulpie. Sy stoot dit deur die sand nes Mandi.

“Wat het Pappa nog gesȇ?”

“Pappa sȇ, my Mamma het lang hare.” En sy wys met ‘n vingertjie na Veronica se hare wat aan die kant van haar gesig in ‘n lok gedraai is. “Soos Tannie Onica s’n.”

Onverwags maak Petrus sy verskyning en kom sit langs Mandi. Hy gee haar ‘n klapsoen.

“En toe my pragtige ou dogtertjie; gesels julle lekker?”

Mandi kyk met sterretjies in haar oȅ na hom, “Ek praat lekker. Ons speel hys.”

“Dis mooi. Ek hoop ons gaan eendag ons eie huis hȇ; en ‘n Mamma ook.”

Hy kyk vas in Veronica se groot oȅ en skielik lyk dit asof daar vrees in hulle skuil.”

Sy staan op en skud haar romp af.

“Verskoon my asseblief. Ek gaan ontbyt maak.”

Die geur van eiers en spek trek deur die klein huisie. Petrus leuen teen die deur en hou haar elke beweging dop.

“Haai?” sȇ hy sag.

Sy loer onderlangs na hom sonder om hom te antwoord. Haar hart klop vinnig.

Hy loop tot by haar; haal die eierspaan uit haar hand; lig haar ken vir die tweede maal vanoggend op en soen haar weer liggies. Sy bewe effens en laat die gevoel van “behoort” oorneem. Hy stop. Stap effens terug en sȇ, “Trou met my. Ek is lief vir jou en daar staan niks meer tussen ons nie.”
Sy kyk op en skud haar kop,

“Dis nie waar nie. Daar lȇ vier jaar van verwydering tussen ons en … en ‘n kind. “

“Ek weet, maar ek het jou nog nooit vergeet nie.”

“Hoe kan jy so iets sȇ? ‘n Week na Ma se dood, vat jy jou goed en loop. Jy het nie eers gegroet nie, net ‘n briefie op jou bed om te sȇ dat jy moet weggaan. Jy het nie van jou laat hoor nie. Het later by Karolus gehoor dat jy getroud is en ‘n dogtertjie het. Na amper vier jaar daag jy hier op, met die kind en verwag van my om jou sommer net te aanvaar? So asof daar niks tussenin gebeur het nie?”

Haar wange is rooi van ergernis. Haar oȅ blits. Petrus besef dat hy nie nou ‘n omdraai kan loop nie.

“Ons was onder die indruk dat ons broer en suster is. Ek was smoorverlief op jou. Toe Ma sterwe, was dit net ek en jy en die versoeking was byna te veel vir my. Ek moes weg.”

Hy draai van haar af weg en vryf sy voorkop, asof hy diep dink.” Ek moes gaan. Om jou elke dag te sien, het my byna mal gemaak. Jy was so naby… en tog ook so ver…”

Hy slaan met sy vuis op die tafel en ‘n vurk val op die grond.

‘Vervlaks! Hoekom het almal die geheim vir ons weggesteek? As ons geweet het, dan sou alles soveel makliker gewees het. Ek sou nie weggegaan het nie en jy sou nie getrou het nie.”

Veronica tel die vurk op en plaas dit op die tafel
.
“Ek wou nie met Ferdie trou nie. Ek het jou gemis. Die aande wat ons op die stoep gesit en gesels het; op die strand gaan hardloop het; grappies gemaak het. Jy het uit my lewe verdwyn en ek …? Ek was alleen.”

Trane rol stadig oor haar wange en sy kyk met groot oȅ na Petrus.

“Jy het my gelos… ek het niemand gehad nie. Niemand nie!”

Nou vloei haar trane vrylik en hy trek haar nader.

“Ek is jammer. Ek het nie geweet wat om te doen nie; hoe om elke dag tegemoet te gaan met die wete dat ek vir jou lief is nie. Ek het gedink dat ek van jou sal vergeet as ek trou. Ons was gelukkig, maar ek kon jou nie uit my gedagtes kry nie. Ek het Mandi alleen probeer grootmaak, maar dis moeilik. Ek moes huis toe kom. Ek moes haar hierheen bring, sodat sy jou kon ontmoet. Ek het ‘n vrou nodig en Mandi het ‘n Ma nodig. Iemand soos jy …”

Sy maak haar uit sy arms los en gaan staan weer voor die stoof.

“Dinge het net te veel verander. Ek het verander.”

Sy kyk na hom.

“Ek moet hieroor dink. Gee my tyd…asseblief?”

Dis asof sy hom smeek, maar hy wil dit nie hoor nie.

“Veronica, jy kan dit nie aan my doen nie. Ek wil met jou trou. Ons is nou vry om lief te hȇ en ons lewe vorentoe te geniet.”

“Hoe kan jy dit sȇ? Jy weet nie wat intussen met my gebeur het en of daar iemand anders in my lewe is nie. Die lewe staan nie stil nie en ek het iemand anders ontmoet.”

Hy staan met sy hande in sy sye. Daar is verbasing op sy gesig.

“Moenie vir my sȇ… Dis die Dominee né? Jy wat jou hard verhard het. Jy val vir die Dominee? Ek kan dit nie glo nie.”

Veronica smyt die eierspaan op die tafel, haal haar voorskoot af loop by die kombuisdeur uit.

“Sorg vir jou kind!” roep sy agterna.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

skip
Dankie, Moekie...ek kan net nie besluit wat die beste oplossing vir die situasie is nie...gelukkig is dit jou werk :-)
5 jaar 5 dae 14 ure oud


15
ek hoop werklik dat Veronica die taal en stem van haar hart sal hoor en volg.... sien in spanning uit na die slot hoofstuk
5 jaar 5 dae 20 ure oud


Ano
15
Oh moeilikheid in hoofletters! Die lewe kan soms te ingewikkeld wees, of hoe?
5 jaar 6 dae 5 ure oud


skipbreuk.
moekie jy is n meester. dit is jammer dat die reeks ten einde gaan loop maar mag hierdie reeks die begin van baie wees. sien uit na die slottoneel in hierdie aangrypende verhaal
5 jaar 6 dae 10 ure oud


Skipbreuk 15

Arme Veronica sit letterlik tussen twee
vuure.
5 jaar 6 dae 13 ure oud


.
Ek glimlag.

Ek hou baie van hoe jy die "reeks" heelpad so interessant gehou het en nou alles duidelik maak.

Nou .. nou wag ek tot .. more?
5 jaar 1 week 2 ure oud



MAMMON

deur Piet Schoombie

Mammon handel oor 'n beroepsgholfspeler se lewe en ervarings plaaslik en oorsee. Soos die boek se naam aandui, speel geld deurgaans ’n belangrike rol..



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar