Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

“Kaptein, die manne kla die wind is te sterk en die golwe te hoog!”, roep Petrus met bakhande na die Kaptein, sodat die hom kan hoor bo die gedruis van die golwe.

“Ag, jy is net ‘n stadsjapie, wat ‘n bietjie bang is vir rowwe weer!”, skreeu die Kaptein terug.

Petrus draai sy rug op die Kaptein en strompel terug na die bemanning.

“Die Kaptein wil niks weet nie.”

“Dis belaglik! Hoe kan hy nie sien wat besig is om te gebeur nie?”, sȇ-vra Karolus.

Karolus is briesend en wil met alle geweld die Kaptein tromp-op loop, maar Petrus gryp hom net betyds vas.

“Dit gaan nie help nie, Karolus. Ons wag nog so ‘n rukkie, dan sal ek weer gaan praat.”

Die manne stem almal saam en stilte daal oor hulle neer. Die golwe slaan soos hamerslae teen die klein bootjie en die vissers weet dat hulle nie regtig ‘n kans staan om te oorleef nie.

“Kyk, hier is te veel water in die boot, “ roep Karolus vererg uit. Hy staan weereens op en Petrus wys vir hom om te stop.

“Los, ek sal weer gaan praat.”

Sy voete sleep deur die water en hy is deurdrenk. Hy gryp net betyds aan die kajuitdeur vas, toe nog ‘n golf oor die kant plons.

“Is dit alweer ons mannetjie met die sagte handjies?, smul-lag die Kaptein.

Hy vryf sy hande teen mekaar.

“Vanaand sal ek jou ‘n les of twee van ons water leer, boetie. Hier is ѐk baas, totdat die “Groot Man daar bo” my anders kan bewys!”

“Kaptein, asseblief? Dit gaan nie oor my nie; die bemanning stem almal saam dat dit tyd is om terug te draai. Ons het reeds nie ‘n goeie vangs gehad nie en ons wil eerder by ons familie wees totdat die see bedaar het.”

“O So, nѐ? Julle konkel almal agter my rug? Nou gaan sȇ jy vir die bemanning, ѐk sȇ, nee!”

Petrus vererg hom vir die voortvarendheid van die Kaptein. Hy pluk die Kaptein voor sy bors en bring die kort mannetjie se gesig tot voor hom.

“My geduld is op! Ek het ‘n kind wat op my wag en so is daar bemanningslede hier, wat die enigste broodwinner is. Jy sal nȯú omdraai. Het jy my?!”

Petrus laat los die Kaptein. Die Kaptein val soos ‘n stuk lood teen die kajuit. Hy skarrel vinnig agteruit na die stuur en sis hard genoeg vir Petrus om hom te hoor: “As ons aan wal stap, sal jy nooit weer by my werk nie.”

Petrus draai om na bakboord en voordat hy iets kan sȇ, is daar ‘n rumoer aan bakboord kant.

“Man oorboord! Man oorboord!”

Die Kaptein klap vir Petrus teen die kop, “ Dis jou skuld! Jy is ‘n uitvaagsel! Jy het die manne opgesteek!”

Petrus gryp die Kaptein vir die tweede keer vas en hierdie keer slaan hy die Kaptein hard met sy kop teen die, van die Kaptein.

“Jy, noem my nooit weer ‘n uitvaagsel nie. Ek, is ‘n kind van die Here. Die Almagtige wat die see, wind en wesens in Sy hand vashou. Jy moet liewer stilbly en die boot terugneem kaai toe! Het jy my?”

Petrus los vir die tweede keer die Kaptein sodat hy hierdie keer hard met die dek in aanraking kom.”

Petrus haas hom na die bemanning.

“Wie is oorboort? Wie?”

“Karolus het sy balans verloor en …”

Voordat enige iemand iets verder kon sȇ, duik Petrus in die water en swem in die rigting waarna almal gewys het.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

3
Dankie, Moekie...ek het lekker gelees...onthou asb die leesversoeke :-)
5 jaar 7 maande 3 weke 4 dae 9 ure oud


skipbreuk 3
hoop die opvolg kom vinnig
5 jaar 7 maande 3 weke 6 dae 21 ure oud


Skipbreuk
Ek hou van die opbouende spanning hier. Kan nie wag vir die vervolg nie.
5 jaar 7 maande 3 weke 6 dae 23 ure oud


.
Ek hou baie hiervan.
Dis vir my regtig goed geskryf.
5 jaar 7 maande 4 weke oud


Skipbreuk 3 (In die storm)

Die spanning is aan't opbou en wie gaan nou oorleef, om die waarheid te praat.
5 jaar 7 maande 4 weke 10 ure oud


skipbreuk
daar gaan seker n opvolg op hierdie spannende storie wees
5 jaar 7 maande 4 weke 11 ure oud



RANGEERWERF

deur Johann P. Boshoff

Hierdie selfpublikasie, met die volledige titel RANGEERWERF: DIE WAARHEID GELIEG, bestaan uit nege (9) homofiliese kortverhale met sterk biografiese inslag opgeneem. Dit is 'n rangering deur die lewe.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar