Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Veronica bring die sop na haar lippe en sy sien hoe die vlamme teen die wand van die kaggel lek-lek.

“Wat het Dominee regtig hier kom maak? Ek is mos nie in Dominee se gemeente nie?”

Dis asof hy ‘n vuishou tussen die oȅ kry.

“Dink reg, Steyn. Dink reg”, flits dit deur sy gedagtes.

“Ek doen maar die rondte van Vader Cloete en al dink jy, jy is nie belangrik nie; dan moet ek jou telleurstel. Jy is baie belangrik, vir God, die gemeenskap (sug)… ook vir my.”

“Hoe bedoel Dominee nou?”

Hy staan op en wys hoflik vir Veronica om te sit. Sy gehoorsaam en neem ‘n slukkie van die warm sop. Hy volg haar elke beweging.

“Ek wou vroeȅr by jou ‘n draai kom maak het, maar dit het als so dol gegaan die laaste twee dae. Toe hoor ek van die manne en jou broer wat vermis geraak het. Ek is baie bekommerd oor jou.”

Sy lig haar kop en kyk hom vol in die oȅ, “ Ek kan na myself kyk, dankie.”

“Jy’s reg. Jy kan en jy het dit reeds bewys, maar daar is meer as dit.”

Skielik voel hy baie ongemaklik. Hy beweeg na die waskom en plaas sy leȅ beker daarin. Die waswater is nog lou.

“Moet ek dit nou uitblaker, of moet ek wag?” wonder hy vinnig.

Hy draai om; stap na die venster. Hy voel hoe sy wange gloei en hy haal weereens diep asem.

“Meisie, ek weet dis nou ‘n moeilike tyd vir jou. Ek was nog nooit deur so iets nie, maar ek sien elke dag die hartseer en trane van die gemeenskap waarin ek werk. Dis ‘n moeilike en baie eensame lewe vir jou. Jy is reeds 'n paar jaar weduwee en jy het jou rou tydperk gehad. Mense om jou sien dat jy nie aanbeweeg het nie en nou, nou is ek hier om jou daarop voor te berei. Ek gee vir jou om.”

Sy kyk lank na hom in stilte. Dan staan sy geruisloos op en kom staan tot voor hom. Sy oȅ volg elke beweging van haar lyf. Sy is korter as hy en hy hoor haar asemhaling hier vlak voor hom. Daar is vuur in haar oȅ. Haar lippe tuit en sy pruil voordat die woorde uit haar mond glip.

“Ek mag dalk my man verloor het, maar ek het nie nodig dat enige iemand my moet bejammer nie. Die Here het my gestraf vir iets wat ek verkeerd gedoen het en daarom rou ek steeds. Ek kan en mag nie weer liefhȇ nie.”

Hy sien woede in haar grys-groen oȅ.

“Meisie, …”

Sy ruk haarself voor hom weg en staan terug, “Ek is nie jou “Meisie” nie…”

Dominee Steyn se hart bons.

“Hoe dom van my?”, flits dit vinnig deur sy gedagtes.

“Goed, Veronica. Ek voel nie jammer vir jou nie. Ek het gevoelens vir jou en …”

“Gevoelens vir my? Kan nie wees nie. Ek is nie eers …”

“’n Lidmaat van my gemeente nie?”, voltooi hy die sin.

Jy hoef nie ‘n lidmaat te wees om in my hart in te klim en my menswees om te keer nie.”

Veronica gaan sit weer voor die kaggel terwyl hy sag verder praat.

“Elke keer as ek jou sien, dan soek ek jou geselskap op. Ek wil naby jou wees. Ek dink aan jou, droom van jou; ek eet, slaap en werk elke dag, met jou in my gedagtes.”

Hy hou haar dop. Dis asof iets in haar roer, toe sy haar kop laat sak.

“Dominee, jy moet nie… Moenie van gevoelens en liefde praat nie. My man was lief vir my en kyk wat het met hom gebeur? Hy het verdrink. Die Here het hom geneem, omdat hy lief was vir my. My broer, die enigste wat ek oor het, is ook iewers in die water besig om te verdrink en Dominee praat van emosies en liefde?”

Hy stap tot voor haar en lig haar ken met sy warm vingers, sodat sy moet opkyk na hom.

“Veronica, ek wil met jou trou. Ongeag of jy getroud was. Jy bekoor my en ek wil my lewe met jou slyt. Jy hoef nie ‘n lidmaat van my kerk te wees om met my te trou nie.Ek sal jou weer leer om te vertrou, en ek glo dat God jou op Sy eie tyd sal leer en wys dat Hy vir jou omgee en lief het.”

Sy voel sy aanraking is sag en sy bewe effens.

“Ek kan nie… Ek mag nie liefhȇ nie.”

“Ja, jy mag en jy kan!”

“Nee, ek mag nie. Daar is iemand anders. Was altyd iemand anders!”

“Iemand anders? Wie? Sȇ my, wie?!”

“Die deur word oopgeruk!”

“Kom Veronica, Kom! Petrus en Karolus lewe. Dominee, kom saam en maak gou!”



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

storie
Ai, ek lees net so lekker, Moekie,,,
6 jaar 6 maande 3 dae 18 ure oud


skipbreuk 6
sjoe jy sorg dat die spanningsdraad hoog bly!!! .. mooi geskryf
6 jaar 6 maande 4 dae 2 ure oud


skipbreuk
Hierdie skipbreuk reeks van jou boei mens woord vir woord. ek sien uit na die volgende aflewering
6 jaar 6 maande 4 dae 12 ure oud


Skipbreuk 6

Liefde hoef nie baie vrae te vra nie, dit gebeur net.
6 jaar 6 maande 4 dae 23 ure oud


Skip
Wat 'n onverwagse wending.
6 jaar 6 maande 5 dae 2 ure oud


.
Ek stem saam met Ano ! ! ! ! !

Jy beskryf baie goed. Dis asof ek dit kyk, nie lees nie.

Bindend en sommer net blerrie mooi.
6 jaar 6 maande 5 dae 5 ure oud


Ano
Skiip 6
Ag nee, daar hou die storie alweer op!
6 jaar 6 maande 5 dae 5 ure oud



Buffelshoek se nuwe stasiemeester

deur neels claasen

n Spoorwegroman oor die lewe op die buitestasies in die sestiger en sewentiger jare



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar