Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Ek is so sku vir ‘n paartie soos ‘n klein laaitie vir ‘n bad, maar net soos hy moet bad , moet ek saam gaan paartie hou.

Die saak staan so ;’ Die vrou kom uit ‘n familie groter as my IK en hulle heg helemal te veel waarde na my sin aan verjaarsdae en sulke dinge.
Ek is nou maar eenmaal ‘n analfabetiese trogdoliet, want ek kan gin sin maak aan hoekom mens geluk gewens word met verjaarsdae nie . Dit is mos geen prestasie of deur ons eie doen dat ons jarig word nie.
Ek kan verstaan as iemand geluk gewens word as hy/sy goed doen op skool of sport of sing of resiteer. Ek kan ook verstaan as iemand geluk gewens word met ‘n prestasie op besigheidsvlak soos bevordering of begin van ‘n eie onderneming.
En dan glo ek natuurlik elke man wat langer as twee weke getroud bly , verdien meer as net ‘n goue handdruk, ons manne verdien die hoogste verdienste vir uithou vermoee en deernis met die ( nou moet ek liggies tred, anners verloor ek dalk meer as net my kartjoenkels ) kom ons se liewer anner geslag. Maar dis nou ‘n onderwerp vir daai outjie op die draadloos om met die volk aan te vat, ek het ‘n storie in my vingers.

Eerns verlede jaar is die vrou se familie almal saam getrek vir ‘n geleentheid daar bo innie Drakensberge . Daai naweek sal ek nooit vergeet nie , nie net omdat ons lekker gekuier het nie ,maar oor die koue .
Mens, ek het al koud gekry in my jare, maar daai naweek was kouer as leeu koud , dit was so koud dat dit nie eers meer koud was nie .
My ledemate ( soos in bene en arms en dervoege, nie soos in navolgers en agtervolgers nie ) het stuk stuk bevrore geraak , die pyn , o ,die pyn. Ek kan nou verstaan hoekom die hoener mense daai hoenerstukke AAI KJOE EF,, want anners sal daai vlerkies sommer self begin vlieg om weg te kom uit die koue.

So met die kuier saam word daar toe vertel dat die jaar twintig twaalf van Onse Liewe Heer , ‘n baie spesiale jaar in die familie se bestaan sal wees.
Een van die skoonsusters hap glo so na die tagtigs se kant toe , middel sus van die vyf lelike susters word glo sewentig en die suster wat in haar spore volg word glo dertig maal twee.
Net daar, terwyl sommige ‘n lekseltjie koffie neem en anner van ons iets met meer woema ter beskerming teen die aanval en inval van die ysmagte nuttig , word die betrokke susters se kinners aan gese om vir hulle se Ma’s en die skoonsus ‘n gesamentlike paartie te reel.
Almal wat betrokke is en die wat nie regstreeks betrokke is nie , maar wil wees begin te konfidireer.
Onse manne sluip so een een weg soos muise op sokkies, totdat almal van ons om die vuur staan en ernstig maak of ons braai. Maar ons verligting en ontvlugting hou toe ook nie lank nie , want die vroue kry koud en omsingel ons onbetrokkenes om die vuur.
Gedagtes word sedeloos rondgestrooi en uitmekaar geruk en met uitskei tyd bly die gedagtes net gedagtes.

Twintig twaalf val in onse midde soos ‘n ooraktiewe kleuter wat van ‘n mankoliekige tafel afdons , en skielik ontwaak die gedagtes van verlede jaar weer.
Betrokkenes begin praat en die fountjies word rooi warm gebel en die pos word ge-ee en almal word ge –cc.
Maar soos dit gaan wanneer baie mense bymekaar moet kom , is geen plek geskik vir almal nie en so besluit die susters en hulle se krose om elkeen maar haar eie paartie te gooi.

Suster Bloemfontein wat sewentig word verjaar eerste en haar kroos spring in dolle vaart weg met reelings.

Die Vrystaat word vrot gebel en uiteindelik besluit hulle om ons almal op te roep na die groot dorp Kestell vir die heuglike geleentheid.

Een sonnige dag kry die vrou ‘n pakkie innie pos . Dit is die amptelike uitnodiging na die paartie toe .
Mens , fensie se ek jou, kepleet met maskers en elleke ding.
Tema is glo “ Karnival in Venesie” en ons almal moet glo opdress. Naarstiglik word gegoogle vir kostuumpies vir die karnival, maar o wee, wat ‘n futuliteit.
Smaak my duidelike mense soos ek en anner in die vrou se familie is ‘n nagevolg van ontwikkeling en vooruitgang, want nerens kry ek of die vrou ‘n soeitjie wat by onse lywe pas nie. Maar nou ja ,die spreekwoord seg mos “Aanhouer wen (alhoewel hy nie altyd eerste kom nie). So soek ons en ons byt om deur te byt en jou wraggies, ons raak geholpe. Skaapagtig voel ons want ons had wyd gesoek, in ander dorpe en provinsies , terwyl die soeitjies sommer in ‘n winkel hier neffens ons hang . Ons is so koesaaited ons laat weet almal wat moet paartiekeer dat ons op die fonds der soetjies afgekom het.
Die familie sak op daai arme winkel toe soos vliee op ‘n ……
Een en elk van ons, groot, minder groot en selfs klein raak geholpe en almal en nog wie is gereed om op te dress virrie paartie.
Die Vrydag begin die groot uitog na die Riemland en teen 4uur is almal reeds daar, gereed vir ‘n naweek van ril en jol.
Die Saterdag laat middag word gedress en ek en die wrederhelfte vat daai hoteletjie se ambieaans vas met ons soeitjies, sy as Madame Vinkel en ek as haar beskerm heer Muskietmier Koljander.
Die ander mense stroom na binne en daar is van Die publieke vrou Venessa Franco tot by Charlie Chaplin en Antie Shrek.
Man ons vat daai dorpie en skud hom dat die prekant Sondag toe ons by die kerk instap begin hakkel.
Sondag middag vertrek die meeste en net die Vyf susters en hulle velle bly agter.
Skielik is dit stil en vloei die heimwee soos soetwyn terwyl ons intro en alla ander inspeksies hou van die naweek.

Te veel van ‘n goeie ding is wonderlik.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Skoonsus
En hierdie was n te veel storie
8 jaar 2 weke 6 dae 23 ure oud



Agter Geslote Deure

deur Johan Botha

Hoe sê ‘n vyfjarige kind vir iemand groter as hy om hom nie te verkrag nie? Hoe reageer hy as hy sien hoe sy ma mishandel word deur ‘n dominerende vark van ‘n pa wat op drugs is? Wat gebeur met hom wanneer hy ouer word en probeer om by die samelewing in te pas, ‘n samelewing waar hy sukkel om met ouer mans te kommunikeer? Hoe probeer hy om sy eie identiteit te skep en ‘n beter mens van homself te maak? Dan word hy aangesê om sy pa te vergewe? Hoe? Waar sal alles eindig? Hierdie is sy lewensverklaring.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar