Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



Kookolie gooi ‘n jakkalsdraai. “Dit was sy, dit was sy” skreeu hy vir Jaco De Villiers.
Elvina gee vir Viooltjie ‘n geroeste blikbeker en sê sy moet net ‘n ligte gorreltjie vat!
Sien jy? Skree Bosveld saam, sy en Thomas Heymans het die blikbeker by die berge van Nimmer opgetel. “Met hierdie hande het ek gehelp” voeg Charmain by. Gert Strydom kom by, “Ja ek het dit self gesien, in hierdie helder somer onder die bloedige son, bly daar maar min oor in die lewe, Tyd laat sy merk,”
Gert Strydom skud sy kop meewarig, miskien vereis die lewe bêregoed van ‘n Pa soos Ben Brandt dit gestel het. Dan was daar nou nie so ‘n moles oor ‘n blikbeker nie nie!

Daleen Enslin kom op ‘n stywe draffie aangestap. “Jacky, my honde kind, kom ons kyk wat se kabaal is hier aan die gang. Ek is seker daar waar die teerpad eindig by Bevolkte Kong se plaas, is Ben Brandt besig om Ewige Trou te sweer aan Wildevy, daardie oulike kind wat hier aangekom het met die draai van die seisoen!” Camile die Weeskind wat anderkant daai randjie by Suzett Strydom bly het vir Derec Botha help Ontmasker en toe skiet Kiewiet hom die Ewige wêreld in dat hy Tikke-takke soos Karmenaadjie se Baal-Sasar byna die einde sien toe hy voor Theo Malan neerslaan”

Langs die rugbyveld voor Mima en Ingrid N word Quina die ANC se spreekbuis flou. Vic Viviers se lied Sonop verf vrede, vermeng met Klasie Slapie deur Woordverwerker en Elmarie Smit se Aanneemkind het haar asem weggeneem. Hierdie is ‘n lelike geveg en sy sal moeilik met haar lippe wat dig geswel is van vertalend sing, kan Glimlag onder kruisverhoor deur Marike Geldenhuys om die gebeure korrek te kan weergee.


Ry jy saam? Skree Sneeuwolf, vandag is hier pêre en jaag met Brandewyn tert agterna oor Parras, paaie en Stoppe, onkeerbaar! Stadig! Stadig! , ek is g’n hekkies atleet nie gil Dave doodsbenoud en sit hulle agterna. By hierdie geveg wil hy nie betrokke wees nie, as Ben Brand hom vandag hier vastrek met “Waar is ons Wetenskap-fiksie en Fantasie gaan hy dit nie maak nie!

Hy los dit gevegte vir die skrywers wat alles hier bo glo, want dit is so na aan die waarheid as wat kan kom, vra maar vir AJL oor legendes!

Gedigte
• As jakkals draai deur Kookolie
• Dit was Sy deur Jaco De Villiers
• Ek gee aan jou deur ELVINA
• ENEMMEL (die bekers is nou geroes) deur Viooltjie
• Sien jy? deur Bosveld
• Berge van Nimmer deur Thomas Heymans
• Hierdie Hande deur Charmain*
• In hierdie helder somer (ongespieëlde (unmirrored) sonnet) deur Gert Strydom
• Miskien vereis die lewe deur Gert Strydom
• Beregoed van 'n Pa deur Ben Brandt
• Tyd laat sy merk deur Gert Strydom
• Jacky, my honde kind deur Daleen Enslin
• draai van die seisoen deur wildevy
• Waar die teerpad eindig deur Bevolkte Klong
• Ewige Trou deur Ben Brandt
• Ontmasker deur Dereck Botha
• Weeskind deur Camile
• Anderkant daai rantjie deur Suzette Strydom
• Ewige wêreld deur Kiewiet
• Tikke- takke deur Kiewiet
• B A A L - S A S A R (2) deur Karmenaadjie
• My.... deur Ingrid N
• Aanvaarding deur Marina Marais
• ANC deur Quina
• Die einde deur Theo Malan
• Langs die rugbyveld deur Mima
• R I P – Jannie deur helna
• Glimlag onder kruisverhoor deur Marike Geldenhuys
• Haiku: Sonop verf vrede deur Vic Viviers
• Klasie Slapie deur Woordverwerker
Gorrel
• Parras, Paaie en Stoppe deur Brandewyntert
• NET 'N LIGTE GORRELTJIE. . .MAAR HOE LIEG SO 'N BEK DAN NOU! deur Vonnie
• My aanneemkind deur Elmarie Smit
• RY JY SAAM ? deur sneeuwolf
Rubrieke
• Legendes deur AJL
• Waar is ons Wetenskap-Fiksie en Fantasie ? deur Ben Brandt
• ek is g'n hekkies-atleet nie, Meneer! deur Dave



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Geveg
Kreatief oospronklik verby!

Lekker tandewys-wyd gesmile
6 jaar 11 maande 3 weke 6 dae 14 ure oud


Woes
Baie dankie vir die lieflike kommentaar ek leer van julle so ek hou fynnnnnnnn dop! Werkklik bly julle het dit geniet.... kan weer so maak Elvina, dankie! F.
6 jaar 11 maande 4 weke 9 ure oud


Skrywers
Uitstekend. Encore for more!!:-))
6 jaar 11 maande 4 weke 9 ure oud


Woes maar wonderlik.
"I Like! I Like"! Hiehiehiehie! hoe lekker skater ek nogsteeds vir hierdie bekgevegte.

Sooo moet dit mos hier op Woes gaan. . . Woestelik maar welmenend, al vegtende, maar vredig. 'n Gemoedelikheid wat ons so na aan mekaar bring dat dit sowaar voel asof die woorde nie uit alle windrigtings kom nie, maar asof ons as'tware hier op Woes gesellig onder een dak verkeer. Woes maar wonderlik.

Voorwaar, staande applous!

6 jaar 11 maande 4 weke 9 ure oud


12/10
Jy weet dit nog net nie maar ons boek jou vir volgende Woensdag.
6 jaar 11 maande 4 weke 9 ure oud


Volpunte
Staande applous vir Jou!!! :D
6 jaar 11 maande 4 weke 9 ure oud


Sjoe
Maar jy het baie gelees en goeie navorsing gedoen. Genotvolle leeswerk...dankie
6 jaar 11 maande 4 weke 9 ure oud


UITSTEKEND!
STAANDE APPLOUS!
6 jaar 11 maande 4 weke 10 ure oud


***
Vrede, broers en susters, vrede!

:))
6 jaar 11 maande 4 weke 10 ure oud


woeste geveg
Hierdie is voorwaar uitstekend, miskien flans jy elke week net voor Donderdag vir ons so enetjie saam, ek het dit nou regtig geniet. Ons almal het bietjie humor nodig.
6 jaar 11 maande 4 weke 10 ure oud



beloftes

deur daniel v kaylan

'n Briewe roman oor die verlore, verbode liefde van 'n jong meisie...



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar