Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Wanneer die aandbriesie uiteindelik die dorre Ethiopiese woestyn begin afkoel, stap Makida, koningin van Sheba, uit op haar koningklike balkon. Sy glimlag waardig met haar vol bruin lippe en wuif seremonieus vir haar saamdrommende onderdane.
“My liewe mense van Sheba, dit is voorwaar heerlik om weer tuis te wees. Ek het julle gemis. My reis na Jerusalem was lank en uitputtend, maar dit was die moeite werd. Koning Salomo is meer as die man wat sy reputasie wil voorgee. Hierdie is my en koning Salomo se seun, Menelik, die grootste geskenk wat Salomo vir my gegee het. Hy is gebore in die eerste jaar van ons terugrit. Ek glo dat hy julle eendag met dieselfde geesdrif as sy pa sal regeer. Maar mag dit slegs by geesdrif bly…

My seun sal daarin geskool word om ons tradisies en oortuiginge te onderhou. Ons nasie se getrouheid aan ons gode is ‘n maatstaf wat my seun lewenslank sal eerbiedig. Salomo, met sy 700 vroue en 300 byvroue, waarvan meeste van vreemde lande is, het afvallig geraak van sy God. Hy aanbid nie meer die God van Abraham nie en vind genot daarin om deel te neem aan sy vroue se afgodsrituele. Hy ervaar verkwikking en bemagtiging in die kragte van die okkulte. Mag my seun nooit die pad so byster raak nie.

Koning Salomo is besig om die wêreld se mees skouspelagtige tempel op te rig met die hulp van ‘n ene Hiram Abiff, ‘n argitek, vakman en Meester Vrymesselaar. Die temple word opgerig ter ere van die Israelitiese God, Jahovah, en sal die rusplek wees van die Verbondsark, Israel se mees kosbare heiligdom. Salomo, wie vir alle doeleindes sy rug op Jehovah gekeer het, het aan my beken dat hy en Hiram Abiff beplan om geheime boodskappe in die tempel in te bou. Blykbaar het die ander messelaars te hore gekom van hierdie geheime kodes – kodes wat ‘n mens kwansuis met bose kragte lei tot verligte kennis om mag en rykdom te bekom. Hiram Abiff se lewe is nou in gevaar. Salomo moet ligloop dat hiedie geheimenisse van hom nie lei tot euelange ondergrondse wedywering vir heerskappy en fanatiese geldgierigheid nie.

Mag my kleine Menelik meer wysheid, integriteit en getrouhied as sy vader toon. Mag Salomo se afvalligheid en wellus nie ‘n klad op my nasate se eer wees nie”.


“Geliefdes, moet julle tog nie vasstaar teen die feit dat Salomo meer as een vrou gehad het nie. Dit was daardie tyd se tradisies. Vir ons is dit egter nie meer van toepassing nie. Ons lewe in ‘n ander tyd. In ons moderne samelewing is bigamie vir God afstootlik. Daarom dat ons, as Christene, ons president as ‘n goddelose man moet beskou. God het vir Adam net een Eva geskape, nie ‘n blik vol koekies nie.

Salomo was die wysste man wat ooit geleef het. Daarom moet ons ons wend tot die Skrif waarin Salomo al sy wysheid saamgevat het. Ons moet hieruit lewenslesse leer en hierdie lesse onderhou. Dit is die wil van God vir ons lewens. Kom ons neem ‘n voorbeeld. Solomo sê in Spreuke 13, vers 24… die Engels vat dit so raak… “Whoever spares the rod, hates their children”. Die Woord van God sê uitdruklik dat, as ons die boompie wil buig terwyl hy nog jonk is, ons ons kinders pakslae moet gee wanneer hulle ongehoorsaam is. Moenie die rottang wegbêre nie, geliefdes. Slaan hulle reg. Moenie na moderne sielkundiges luister nie, gemeente. Hulle is op ‘n dwaalspoor. My kinders word goed gevoeter as hulle stout is, of dit nou teen ons goddelose regering se wette is of nie. God se Wil moet ons lewens rig. Hierdie wyse lesse van Salomo is tydloos en geld vir ons vandag nog. Broers en suster, laat ons, soos Salomo, altyd in die lig lewe”.









Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

WELDADE EN MISDADE

deur Piet Schoombie

Vier en twintig lekkerlees kortverhale en artikels oor 'n verskeidenheid onderwerpe en situasies.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar