Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Tian het skaars sy hand gelig om te klop, toe die deur oopswaai en hy vir Tania in sy arms moet vang. “Sê my, sê my! Sê my,” smeek sy terwyl sy soene oor sy hele gesig druk. Al laggend dra hy haar in by die deur en druk dit dan toe agter hulle. “Patience is a virtue, sweetie,” antwoord hy en snoer haar mond met sy eie. “Hallo, Tania-skat,” groet hy toe hy sy mond lig. “Hallo, my engel,” groet sy terug voordat sy hom doelgerig in die rigting van haar kamer stuur. “Kom nou, Tiantjie, jy moet my se asseblief,” vra sy met haar hand op sy bors. ’n ligte stampie laat hom agteroorval op die bed, lat die lug sy longe met ’n verbaasde sug verlaat. Sy strek haarself lui langs hom uit en begin speels met sy knope peuter. Toe die eerste hempsknoop skiet gee, vat Tian haar hand vas. “Wag eers, my skat, daar’s nog baie tyd vir sulke dinge. Daar moet nog eers ’n bietjie water in die see inloop.” Hy druk ’n soen op haar handpalm voordat hy haar tot teenaan hom trek. “Hoe baie water?” vra sy plaerig en vou haar palm oor sy wang. Hy trek ditjies en patroontjies op haar rug met sy vingers en is vir ’n hele ruk stil. “Tian?” “Hmm?” kom sy stem slaperig. “Ek wil maar net vir jou sê hoe lekker dit vir my is om so by jou te wees.”



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Jesus Beter en Beter

deur Lynie van Westfort

'N digbundel deur God geinspireer. Geskryf deur 'n verloste vrou. Baie diep het Hy my uitgehaal.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar