Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

“Het jy als ingepak?” vra Tian met die intrapslag. “Ja, ek het, hallo vir jou ook,” groet sy en trek sy kop af vir ’n soen. “Hmm vir hierdie tipe hallo sal ek nooit ooit kan moeg raak nie.” Tania glimlag op na him en druk dan nog ’n soen teen sy lippe. “Hoe laat wil jy ry môreoggend?” Tian sit sy sakke neer in haar sitkamer voordat hy deurstap kombuis toe waar sy besig is om kos te maak. “Wel, die vlug is kwart oor ses die oggend en ons moet twee ure voor die tyd daar wees om in te boek. So ons gaan seker so drieuur se kant moet ry, nie dat daar verkeer sal wees nie. Wat maak jy vir ons om te eet?” vra hy oor haar skouer terwyl sy een hand klaar kospotte toe dwaal om ’n happie te steel. ’n geniepsige raps oor sy kneukels laat him sy hand vinnig terugtrek. “Eina my skat! Dis mos nie nodig nie!” sy lag net en roer weer ’n slag deur die pot. “Jy weet jy mag nie uit die potte eet nie, engeltjie, die die reëls. Punt en klaar. As jy maalvleis en pasta wil hê moet jy wag vir etenstyd.” Om te vergoed vir haar kwaai woorde druk sy n soen skrams teen sy ken. “Nee, nee, jy moet dit of ordentlik doen of glad nie!” hy kry haar om die middel bet en gooi haar dan soos ’n sak patats oor sy skouer. Tania begin giggel en herinner hom net betyds om die plate af te sit voordat hy vasberade afsit na haar slaapkamer toe.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Gebroke Harts Gebede

deur Anze Bezuidenhout

Gebroke Harts Gebede is ‘n digbundel oor die einas van die lewe. ‘n Soeke na liefde op ‘n stormagtige pad. Mag hierdie bundel vir die leser ‘n pad na herstel aanwys. Die diepe besef dat jou krag van Bo kom. Ja jy is tot alles in staat deur Christus wat jou krag ~ Anze Bezuidenhout



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar