Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Twee en dertig van Stef se hare is al aan die een kant van sy kop uitgeruk. Die rou kopvel pla hom nog so effens. Martie het samboksalf en ‘n pleister opgeplak ….om te keer dat hy nie sy kop kaal uitruk nie. Dit kan die vel broos maak en netnou val stukke van sy harsings aan die een kant van sy kop uit. Martie vat nie kanse as dit by kopbeserings kom nie. Dit is die bokse……. Sewe en veertig van die goed…… Dit is húlle wat Stef se senuwees aan rafels het. Opgestapel tot teen die dak. Hy hoop sy swak blaas hou dit enduit want selfs die toilet is tot teen die dak vol gepak. Besems, skottels, tente, slaapsakke, matrasse en drinkgoedjies vir die senuwees. Die versterkingkies staan darem vóór die toiletdeur geparkeer … net vir ingeval!

Stef sug: Ai tog, as hier maar ‘n gang was. Die plek is klein. Waar die gaste wat oppad is vir die dak-natmaak partytjie almal gaan slaap, is ‘n ope vraag. … Wag laat hy liewer nie daaraan dink nie. Trek….. is niemand se maat nie. Hy volg sy vriendin Martie se raad. Hy gooi twee vingers katôbatjie. Proe die helfte weg en maak sommer die glasie verder vol met met ‘n lekker koue Tafelbier. Sluk behaaglik…. Hmmmm…. Christine se mix smaak toe nie te onaardig nie. Aaroopmakertjie ter voorkoming van kolon en hartprobleme wat veroorsaak kan word deur verhuising!

Anel skree van die voordeur se kant af: “Toe-toe julle …… roer julle…. Vat so Stef.” Sy gee ‘n karton aan maar Christine se mix het sy arms lam. Die boks val. Sy groottoon bly in die slag. Bloed spuit en Stef val flou neer. Christine is dadelik by met Omo gemeng met staaldruppels. Stef se groottoonnael hang aan ‘n velletjie. Stef kom by…. hy is heel deurmekaar. Die Omo in sy neusgate, laat hom skuimbolle nies en die staaldruppels aktiveer sy blaas. Pyn is niemand se maat nie. Hy sweet soos ‘n perd. Hy knyp so erg, dat Barenda se Chinese landgenote se ogies soos pierings teen syne lyk.

Martie skreeu: "Nou waar is Herman-spiere. Die pakkerasie moet onmiddellik uit die toilet gesleep word. Stef is besig om orgaanversaking te kry. Die water stroom al uit sy oë…. Ons het ‘n noodgeval hier! Om ‘n blaas te bars kan ernstige skade aan ‘n mens se derms aanrig…….. en dan nog bloedverlies ook!........ roer julle mense ……. soek vir Christa en Beulah op die selfone en sê hulle moet kom help!”

Stef wil-wil weer in ‘n floute verval. “My toonnael!..... kyk die bloed…. Waar is die tang!.”

Anel is nou kwaai: “Nee man, los die dem nael op tot hy self afval! As jy nou gaan sit en karring met hom, gaan jy net strooi aanjaag! Manuela, bring vir ons gou ‘n stuk lap, duct tape en ‘n bottel rooiwyn. Dit werk soos ‘n bom. Pam, jou hansak…. gee vir ons van jou parfuum, dit sal die bloed stop” …………. Toe sak Stef vrywilliglik, sonder om teë te stribbel … die donker floute in!

Riëtte is so verskrik om van die ernstige toestand van Stef te hoor dat sy die spoor byster raak. So tussen die oproep wat sy van Beulah ontvang en die radio-uitsending wat sy behartig … raak haar resep deurmekaar……. “Luisteraars, klits nou die eiers en omo tot styf. Roer staaldruppels een vir een by totdat die bloed uit u groottoon spuit. Plak die pan met duct tape toe en aktiveer die stoof op grill totdat die sweet u aftap. U blaas gaan verseker goudbruin en crisp uit die stoof kom.”

Ute, Christine en Connie kom op die deurmekaarspul af. Hulle gaan sit gou vir Heidie handjie by met koffie en eetgoedjies om die spannetjie tot bedaring te bring. Wanda deel tjoklits uit om die gemoedere te kalmeer en kommandeer vir Sarel en Tolla op om al die goed uit die toilet te dra. Stef moet sitgemaak word en basta. Die man is in pyn en lyding en nog in ‘n halwe beswyming. Sarel se Hardap water gemeng met Anna se kaassous is die ideale resep om die toonnael sonder veel meer pyn afgevreet te kry. Bokwagter is ook by. Hy neem fotos van die toonnael. Die nael staan penorent – pure soos ‘n vlag op ‘n bloederige skip. Sy innerlike begin bewe ten aanskoue van die grusame besering. Hy vat liewer koers kombuis toe. Iewers kan hy dalk ‘n slukkie katôbatjie opspoor vir die naarheid.

Toe Stef tot sy sinne kom staan ‘n laer mense voor die toilet se deur. Of dit die skok en pyn van die toon was … en of dit die selfaangestelde doktersbehandeling was, sal niemand weet nie. Hy storm brullend vorentoe. ‘n Los skrum ontstaan. Dit maal, beur en skreeu en keer … maar hy is los anderkant uit. Sonder spykerskoene vang die polisie hom ‘n kilometer verder – vlugtend vir sy lewe, oppad die gebergtes in.

Die voordeur moes die volgende dag vervang word en alle hospitaalbesoeke is beperk tot twee besoekers per dag. Daar word fluisterend gepraat want die mure het dalk ore en in Stef se toestand moet die nursies maar eers op ‘n afstand gehou word. Hy kan nie nog ‘n terugslag kry nie.   Saam met Harsingskudding – af toon - gebreekte sleutelbeen en ernstige kopbeserings, nog  hormoon wanbalans ook  by ?  Dit sal breinvliesontsteking veroorsaak. ……Dít alles net oor ‘n trek!




Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Trek
Nou het ek heerlik gelag. Dankie tog my trek was nie naastenby so erg nie.
6 jaar 21 ure oud


Ano
Stef
Oh my gonna! Ek het net-nou 'n hele bondel swart spikkels voor my oe gesien! Sou ook flou geval het as ek in daai arme siel se skoene moes staan.
6 jaar 1 dag 16 ure oud


S5TEF SE TREK
luister my aan.
Daar was 'n tyd toe ek getrek het - Verlede tyd

My volgende trek is my laaste trek . . .
Kyk hoe val my hare al klaar uit in voorbereiding!

Thanks vir jou skaars juwele.
6 jaar 1 dag 18 ure oud


stef se trek
hehehe lekker lag ek vir die konsternasie!!!
6 jaar 1 dag 19 ure oud



Tong in die kies

deur Delene de Wet

My menswees: my blydskap, humor, nostalgie, ironie, walging en poppies uit pram gooi, en ja, natuurlik ook vuurwarm liefde in die vorm van kortverhale, gedigte, monoloë en briewe. Die boek is 'n gesprek met jou, die leser, want op die einde van die dag is ons eintlik almal besig met dieselfde avontuur in die soeke na oorlewing.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar