Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Papiere ritsel soos donderweer. Dalk is ek net té fynbesnaard terwyl ek wag vir terugvoering op my werk. Na alles kan hierdie ‘n nuwe begin vir my loopbaan wees. Of nie.
Ek sluk swaar in die stilte. Ek waag dit nie om op en af te loop soos my mier-gevulde bene aandring nie. Nog papier-donderweer laat my op my tande kners.
Die leser lig haar wenkbroue verbaas soos haar oë oor die blaaie vlieg. My hart klop vinniger, al vinniger, soos die papier-donderweer harder word terwyl die bladsye wat oor is van die manuskrip al hoe minder word.
‘n Suisende wind word deel van die storm in die kantoor; ek besef dis ek wat té vinnig asem haal. Die storm hou sumier op. Die leser kyk goedkeurend na my. Of dalk is ek besig om te hallusineer van al die suurstof wat ek so vinnig ingeasem het. Nee; sy knik ook. En sy glimlag.
“Is daar nog?” vra sy nuuskierig. “Ons kan doen met ‘n nuwe reeks.”
Ek val amper flou – dis wat gebeur as jy jou asem vir te lank ophou – en knik gretig. Haar glimlag is so verblindend soos weerlig. My toekoms ook.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Storm
If you can dream it, you can do it. So het 'n slim iemand gese.
3 jaar 10 maande 1 dag 18 ure oud


nuwe begin
Pragtig! Eks bly dit het toe uitgewerk mooi man !
3 jaar 10 maande 2 weke 1 dag 2 ure oud


storm
Dreams are good friends het Vicky Leandros gesing
3 jaar 10 maande 2 weke 1 dag 8 ure oud


storm van 'n nuwe begin
Ag, dis sommer lekker om te droom...
3 jaar 10 maande 2 weke 1 dag 13 ure oud



Die Storie agter die Storie

deur Christo Nel

'n Bybelse dagboek waarmee jy in 'n halfjaar se tyd dwarsdeur die hele Nuwe Testament, sy verhaal en "nuwe wyn-waarhede" kan werk.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar