Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek loop met 'n baie nare gevoel na die kindersaal. Ek moet nagdiens doen. Dit is ons derde nag. 'n Storm woed buite en ek weet vannaand is daar drama. Ek trek my mantel stywer om my terwyl ek na die ou gebou toe stap vanaf my motor. ‘n Ambulans kom stadig aangery tot by die Ongevalle afdeling, en besoekers stap en gesels opgewonde, terwyl hul beweeg na die sale om hul geliefdes te gaan besoek. Die gebou waar die kindersaal is, is nog deel van die ou hospital. Die nuwer hospital is direk langsaan gebou. Daar is besluit om die kindersaal apart te gebruik sodat hul meer spasie kan hê in die nuwe hospital. Die statige ou gebou lyk so donker teen die vlietende lig wat die blitse maak. Ek kyk vir ‘n oomblik net op na die nuwer gedeelte en sien siloette teen die gordyne. Die dagstaf is afwagtend op die nagstaf, sodat hul , na hul lang dag, kan gaan slaap. My rug kriewel en koue rillings gaan teen dit af en ek weet vanaand is die aand! Iets gaan gebeur. Dis nat en koud. Die dagportier groet my vriendelik. “Naand staffie, dis lekker weer vir pannekoek . Hoop jy werk lekker. Ek gaan nou huis toe.” Ek groet hom met ‘n glimlag. Hy probeer altyd die beste van ‘n slegte saak maak. Maak altyd grappies met die mense. Ek voel sommer ‘n klein bietjie beter, maar kan nog nie die snaakse gevoel afskud nie.

By die saal aangekom, gewaar ek dat my junior kollega nog nie daar is nie. Die staf skarrel nog rond, en toe Estelle kom, kom hul almal in die dienskamer staan met ons. Die suster lees die pasiënte se verslae aan my en my junior kollega en is tog te dankbaar om huis toe te gaan in die storm. Die suster kyk met simpatieke oë na my en sê: " Ek is bly ek hoef nie in die storm te werk nie. Sterkte, staffie!" Hunkerend kyk ek hulle agterna toe hul uit die dienskamer stap na die hysbakke.
Estelle, my junior verpleegstertjie, is babbelend en opgewonde. Sy is baie ywerig om te werk. Ons doen ons take wat ons moet en ek doen rondtes met die dokter. Nagsuster kom loer net in, want hul is besig in kraamsaal. Sy laat weet as ons haar nodig het, moet ons net bel. Ons het 6 pasiëntjies, waarvan die oudste, ‘n mooi dogtertjie genaamd Chloë, so 7 jaar is. Die kinders is onrustig met die storm wat buite woed en ek nog meer ongemaklik, want dit bly voel of iemand na my kyk. My hare staan omtrent orent. Ek weet daar is stories van 'n seuntjie wat rondloop en 'n ma wat haar kind soek. Ek het hul nog nie tee gekom nie, maar ek voel vanaand baie onrustig... en as ek so voel....
Dis middernag., Met ‘n gesukkel het ons die kinders tot ruste gebring en hul slaap nou darem almal. Estelle het gesê sy gaan gou vir ons kos haal, want sy weet ek hou nie daarvan om al die pad eetsaal toe te loop. Buitendien het ek papierwerk om klaar te maak. Sy is skaars weg, toe hoor ek die gestamp teen die muur agter my terwyl ek nog sit en papier werk doen. Die venster was toe, maar die gordyne was oop. Ek vlieg op om te kyk wie so laf kan wees om my nou bang te maak in die storm, maar tuur na buite, nadat ek die venster oopgemaak het, en sien niks. Ek word net nat gemaak deur 'n vlaag reen. Vinnig maak ek weer die venster toe. Net minute na ek gaan sit het, gebeur dit weer, maar die keer is ek vinniger. Weereens niemand nie. Nou begin my hart wild klop. Hier is iets of iemand wat dit doen, dalk die "iemand" wie my dophou??

Ons kry 'n opname later en die kleinding is baie ma-vas. ‘n Twee jarige rooi krulkop seuntjie wat te oulik lyk. Sy ou vet wangetjies is sommer nat van die trane. Nagsuster het kom help en het gesê ons moet maar beurte maak om by hom te sit tot die medikasie begin werk en hy slaap. Die ouers is huis toe gestuur deur die nagsuster, aangesien dit net te moeilik sou wees om met die kleinding te kon werk as die kind die heeltyd by die ma is. Met ‘n groot gesukkel het Estelle haar beurt gehad. Toe ek by haar oorvat, huil die klein seuntjie nog en is woelig in die kot. Ek besluit om maar saggies te praat met hom, maar hy het net vir ‘n klein oomblik stil gesit en luister . Toe begin ek sing vir hom. Hy het stadig begin bedaar. Ewesklielik spring hy regop en hou armpies uit en maak baba geluidjies asof hy sy ma sien....ek praat maar kyk nie om wie dit is nie. Die kind beweeg al met die kotkant af en hou armpies uit. MAAR... daar is niemand nie! My hare rys behoorlik en ek voel ek is nie alleen in die kamer nie en ek maak dat ek daar uit kom. .Estelle kom tot my redding in die dienskamer. "Genugtig, staf, jy lyk of jy 'n spook gesien het! Kom sit en drink jou koffie! Wat gaan met jou aan? Jy bewe soos ‘n riet!” Ek vertel haar van die petalje. “Nee, gaats, staffie, jy speel seker. Ek wil self gaan kyk wat daar aangaan!” Bang-bang is ons die gang af. Klein klitsie lê en slaap, mooi toegemaak, en duimsuig. Ek kon nie glo wat gebeur het nie. Estelle kyk my verbaas aan. ‘n Groot vraagteken op haar gesig spreek boekdele. “Wat op aarde ….” Is al wat sy uitkry. Ek trek net skouers op. Die toneel voor my is onverklaarbaar. Wie was dit wat saam met my in daardie kamer was??? Die ma wat haar kind soek??

Nog is het einde niet.. nagsuster kom later 'n draai maak om te sien hoe ons vorder met die nuwe pasiëntjie. Ek vertel haar die kind het uiteindelik aan die slap geraak. Ek was nie so onnosel om haar te vertel het HOE hy aand die slap geraak het nie. Estelle was ook baie slim en bly net tjoep stil. Suster kyk eweskielik verby my en Estelle na niks. "Staf, wie is daardie seuntjie wat so ronddwaal? Ek dog jul is net vol tot en met kubiekel 4? Wat is sy diagnose?" Ek kyk vir nagsuster aan asof sy mal is. "Maar suster, ons is net vol tot kubiekel 4. En ons het nie 'n seuntjie wat in daardie agterste saal lê nie!" Nou is dit suster se beurt om my aan te kyk. "Nee jong staffie, die kind is nou net daar agter in. Hy lyk nogal bleek en siek." Met ongeloof kyk ek en Estelle mekaar aan en stap saam bang na die agterste saal om ondersoek te gaan instel. My oë sper wyd met elke weerligstraal om te sien of ek die kind gewaar. Daar is NIEMAND! "Suster het suster seker verbeel," probeer ek poog om dapper te bly. "Ja seker maar, maar ek kon sweer ek het 'n seuntjie daar sien ingaan.... toemaar. Sien later, en onthou jou stats, staffie. Ek sal dit later kom haal." Suster is daar weg en Estelle staan en kyk my nou bang aan. “Staffie, is dit jou en nagsuster se idée om my bang te maak? As dit is, het jul in jul doel geslaag!” Ek kyk Estelle vreemd aan. “Genugtig verpleegster Viljoen, hoekom sal ons nou so iets doen??? Jy sien dan self hoe bang is ek. Ek het nooit kon dink dat al die stories wat ek gehoor het, waar is nie. En sowaar, vanaand moes albei van hulle hier kom manifesteer. Nou glo ek hulle|!”

Nog nooit was 'n nag so lank en so vol drama nie.. Die storm het uiteindelik uitgewoed. Chloë, wat deur die nag ‘n paar keer wakker geword het, het vir Estelle gehelp met koffie en tee uitdeel vir die ander kinders, terwyl ek medikasie toegedien het vir die wat dit nodig gekry het. Vensters en gordyne was oopgemaak en die skoon, vars lug het ingestroom by die vensters en die son het heerlik warm geskyn. Wie sou kon dink dat daar soveel drama ‘n paar uur gelede hier afgespeel het.?? Daardie oggend toe ek afgaan, na ek oorgegee het aan die dagstaf, en ek terugkyk na die vleuel waar die kindersaal is, wonder ek wie aan daardie muur sou stamp.. Daar is niks waarop iemand kon staan nie..... want die saal was bo.

Ek was net bly die nag van verskrikking was verby en ek is huis toe om in my eie warm bed te kon klim en wegraak droomland toe.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

-
oops ek sien 'n foutjie het ingesluip daar waar die seuntjie moet SLAAP en nie SLAP nie.. my vingers het te vinnig getik.
8 jaar 10 maande 1 dag 6 ure oud



slavin

deur Maangodin

Annelise, die skrywer van Maanvrug, is terug. Ná haar eksoties-metafisiese reis deur die hiernamaals in Weerloos speel slavin weer in die bekende wêreld van hedendaagse Suid-Afrika af. slavin bevraagteken die definisie van normale seks en die aanvaarde sienings oor seksualiteit. Dit streel en verlei, daag uit en wonder. slavin is weereens net vir volwassenes. Eroties Afrikaans.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar