Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende


Kleintjie Leeu is flou gehardloop met die vragte drank wat hy al vir dae lank met die troulorretjie aanry na Braksewater. Die span wat die kos maak lyk of hulle gereed maak vir ‘n veldslag, vir dae aaneen se dood-eet. Hy praat die noodhulpspan ernstig aan oor die tekort aan binne-aarse drup en stretchers om noodgevalle van katobatjie-oorsuiping, stuipe en pampoen-mampoer floutes te akkomodeer.

Stef Kool Dude snuif Cool Aid eetlepel per eetlepel vol, rooineus simptome, vermoedelik van die afvee met die snesies uit Blondie se snesiedoos. Dit voel kompleet of die cool aid sy brein-pype oopmaak. Vir ‘n ekstra versterkingkie gooi hy sommer ‘n dubbel Katobatjie wat hy met groot slukke afstuur na sy stywe lende om so saam met die Cool-Aid-snuif, krag te kry vir die dans. Die vrouens lyk vir hom na elke snuif en sluk, altevol hups en dansbaar.

Heksie: “ Ons sal soelank moet soek na nog van daai tiessoe goeters van Blondie, Stef is besig om sy brein deur sy neus te verloor. Julle moet net nie voor die kinders van die boks besigheid in suiwer Afrikaans praat nie, netnou ruk Jan Grootskiet hom op en skiet op die kinders oor swak taalgebruik. Daai koolkop besigheid-sindroom klink erg..... noggie so daaraan gedink nie, ne? Foetog dat dit nou Blondie se ou spannetjie moes tref. Ons moetie byle oppie paartie toelaat nie, die kinders kan dalk idees kry met die dat hulle koppies vierkantig is en so bietjie raas!”

Sy sug, Ja tien kinners is niemand se maat nie, arme Blondie, sy het nou ook nie aspris vir moeilikheid gaan soek nie, dit is die kraamskok wat haar vrugbaarheid so op hol gesit het en haar bene laat ingegee het. Sy sien swarigheid met die kinders wat so in die bome rondklim, die aankomende troue van die Waatlemoen-pens meisiekind met Blondie se seun en partytjiegangers wat dalk more nie die daglig gaan sien nie. Die gedagte dat die stomme kind hom nou so kon oorvreet het aan vierkantige waatlemoene en die trou-klere wat nog moet klaarkom word eenkant geskuif.

Die musiek is donderend en sy sing saam: “Lekker ou Jan” vat die besem-beat op die San-vastrap ritme. “Ons begin al sole warm maak …. Kom julle kom dans !!!” Heksie sleep almal dansbaan toe – ‘n rasegte Suidwester kán en mag mos dans! Die wilde manne van Gobabis en Joesikus bestorm die dansbaan. Elsabe Lag-gas en Alma tjoklits laat nie op hulle wag nie, bly doodstil oor die effek van gedokterde medisinale gebrande tjoklitkoek en katobatjie vir ekstra woema. Vanaand is die aand dat die manne wat uitsak, op Jessie Swerwer se pienk bus beland, terug huistoe as hulle nie kan byhou nie. Saline Mustang is bek-af haar metgesel Stalin het vir haar weggery, agter ‘n rooikop merrie aan. Heksie skreeu: “Kom Mustang kom dans, dit is te veel moeite om hom agterna te sit. Hy is oppad na die milky way en en ons sal maar Kleintjie se vêrkyker leen om hom dop te hou.” Mustang vat die beat haar agtertrek mooi gevleg vir die oë wat haar volg. Sy skree vir Gaby: “...nes jy sê.....bobbejaan verander nooit van beenhare net van snare....so iets ne?....kan nie meer so lekker onthou van daai gesegde nie ek paartie vanaand” Sy dink: “ More is dit die bokkie-kolle van vanaand se tier, wat ek met ‘n domestos-tong van sy lyf af slaan!”

Die boomgom wyn gemeng met katobatjie is bloedrooi kokende mengsel. Dit sis en wit rook borrel uit die emmer. Gaby kan haar lus nie meer hou nie en skink ‘n groot blikbeker vol. Sy moet darem nog ook die CH3CH20H Boomgom wyn skoon sonder katobatjie probeer, glo ethanol-skop op sy beste heelwat erger as Saline Mustang se skop op Phil Meerkat se been. Sy gaan seker maak dat Stef Kool Dude nie van dit uitvind nie, netnou verloor hy dalk sy hele harspan en oorblywende harsings deur sy neusgate!

Blondie Sluk van pure opgewondenheid die een stuk na die ander stuk kougom in. Die katobatjie, Boomgomwyn en kougom tel ‘n liederlike geveg in haar maag op. Napolion se slag van Marengo klink soos ‘n ligte maroela en Mango skommel-aanval teenoor die gas-ontploffing wat haar derms amper knoop. Riette verstik in haar wyn, die stomme mens lyk soos ‘n space Kadet.

Ute, moeder son is by: “Jaaaa dit is omdat Blondie soos haar kinders oopmond kou, plaas het sy die kougom agter haar ore vasgeplak en haar soos ek, stemmig gedra dan het sy nie nou gesit soos ‘n spinnekopwyfie wat haar eiers saamdra nie!”

Kleintjie Leeu glo nie sy oë nie: “Ek sien ons het ook nou nog iemand oppad na die maan, hoop net nie sy raak maansiek soos Anette nie!!!! Dalk is sy in die waatlemoen tyd soos haar aanstaande skoondogter, laat ek liewer die lorrietjie opstart en die laaste vier gaste aanry.”

Rolene turktrekker kom tot die redding. Sy meng gomverslapper, appelmoes, rosyne, katobatjie en Boomgomwyn. Oumatjie spokie Riëtte bring ‘n soplepel en help om die mengsel vir Blondie ingejaag te kry. Dit is toe Blondie die mengsel sluk dat ‘n vlam haar ingewande tot aksie laat oorgaan en ‘n blaasvlam reaksie haar aanvuur om rieme neer te lê met ses van die groter kinders skreeuend agterna.

Teen hierdie tyd staan stofwolke op soos daar op maat van die musiek voete geklop word. Die stemme dreunsang bo die musiek uit, “onthou jy nog” is aan die orde van die dag. Dieëte vergete, die manne vat mekaar aan met die dubbel aaroopmakertjies en met die stories oor jag en visvang word walvisse met garingdrade uitgesleep en olifante met ketties doodgeskiet.

Phil Meerkat vat die mikrofoon by die orkes en roep die partytjiegangers eers tot orde. “Aan al ons Suidwes Tuis Bes vriende, ‘n hartlike welkom. Dit is ons eerste verjaarsdag partytjie en ons hoop daar gaan nog vele meer weer. Die kuiertjies in ons sitkamer is iets uit ‘n ander wêreld! Ons as STB familie deel alle lief en leed, vreugdes, grappies en inligting Raad word gegee, vriendskapsbande gesmee en gesels is aan die orde van die dag. Julle moet die aand geniet en ons maak volgende jaar weer so!” Anna Strike skree: “Hiep hiep hoeraaa” en ‘n koor van stemme en handeklap volg haar. Toe ontplof die partytjiegangers Sjampanje proppe klap, glasies word geklink, laggende monde blink van die heerlike gebraaide spit-vleis en bykossies. Heidie Potjie se beentjies is kort gedraf langs die sleepwa om toe te sien dat almal genoeg skep. In hulle element, sit en vreet vier van Blondie se vraatsige span onopgevoede kinders al die gogga dekorasies van die kos af. Heidi Potjie en Ronel slaan hulle so nou en dan met ‘n warm braaitang op die bek, terug onder die sleepwa-kostafel in, met moordgedagtes in hulle agterkop! Dat die vrou nou so moes staan en aanteel! Op die dansbaan is daar nie plek vir ‘n muis nie!

Kleintjie leeu jaag met die ou lorrietjie op hoë spoed terug partytjie toe. Die laaste vier gaste klou vir lewe en dood agter op die bak. Oom Penkop en Karel kat kon hy darem opgespoor kry en al is hulle ‘n bietjie laat, mis hulle die okasie vir niks. Dawid Skeidsregter en Peter Pannetjie is wit om die kiewe, kneukels pers, klou vir lewe en dood. Sowat van ‘n rit met net goue maskertjies en jogstraps aan kan riskant wees, menende nou, spoed en windweerstand kan dalk die garingkies die gees laat gee! Peter Pannetjie en Oom Penkop se swart en wit hoedjies is op die nasionale pad noorde toe, alreeds agter gelaat

Met die injaag by die hek kom Blondie en haar histeriese gillende kinders oor die pad gehardloop. Kleintjie Leeu skop die remme van die lorrietjie met al sy krag vas. Daar is nie remme nie. Hy ruk die lorretjie links, die petrol haak vas, die engine brul en die lorretjie haal uit, menende vandag sal die ou tjorrie hulle wys wat perdekrag is! Die lorretjie jaag brullend met ‘n vreesaanjaende spoed op die vuur af. Kole en stukke brandende hout tref die dansers toe dit met ‘n slag tot stilstand kom. Oom Penkop en Karel Kat David Skeidsregter en Peter Pannetjies slaan reg agteroor, hulle makeer die pas. Kleintjie Leeu vlieg sonder vlerke by die gat uit waar die voorruit moet wees bo-op die kos-gelaaide sleepwa. Die versoolde bande en kokende kole vat mekaar aan. Die slag van die bande wat ontplof , vlieënde rubber en gillende mense, laat Jan Grootskiet geen keuse as om te hol vir sy Bazooka’s Hulle is gelaai, die rondom verdediging is opgestel en die valskerms uitgedeel vir die wat hoog gaan vlieg met die katobatjie se sap…. Hy wat Jan Grootskiet is, is paraat, op gereedheids grondslag. Ronel gil op Stef Kool Dude om water by die kroeg te kry. Hy skrik sy kool weg, skiet ‘n emmer yswater oor Redge Rugby en Elsabie Heater met die gedagte van heaters en kortsluitings geaktiveer deur brandende kole! Heksie sien Gaby se partytje rok is van agter aan die brand. Sy gryp ‘n stok en slaan Gaby Hoola oor die kruis dat sy dubbel vou. Met die tweede hou wat Heksie vir Gaby Hoola slaan spat die vonke. Met die derde hou slaan Gaby neer en Annabelle Ramskoeterkie sit handjie by om die vuur te blus. Gaby Hoola word met rooiwyn natgegooi om by te kom.
Anna strike se kapsel is plek plek gate in gebrand, die rook draai, Phil meerkat gryp die mikrofoon en slaan verwoed die kole op haar kop dood. Saline Mustang se gevlegte agtertrek is in ligte laaie, Rolene Turktrekker probeer red wat te redde is gryp die Boomgomwyn, vat ‘n mondvol en probeer vlamme dood spoeg. Sy word die ster van die aand met haar vlam-asem! Marissa Mys bestorm haar met ‘n emmer sand, menende sy is al van binne aan die brand en half gaar en het sand broodnodig vir asem! Johanna Jor Haines se goiingsak “with it” rompie is van agter so vol gate gebrand, dit lyk of sy ‘n luiperdvel mini aanhet wat met Mustang se agtertrek kompeteer! Sy skree moord en brand want haar masker sit op haar agterkop, nek omgedraai! Heidie Potjie en Ute moeder son slaan met nat vadoeke, gooi moerkoffie, kokend of te nie, ontsien nie eers vir Kleintjie Leeu nie. Hy lê soos die skim, roerloos na sy eerste solo vlug en landing in die land van vleis en slaai, pietersielie in die oor! Rina Sneeuwitjie laaf Kleintjie Leeu se masker met cremora, menende sy oë is uit sy kop gebrand. Kleintjie kom gillend by, al wat hy sien in die duisternis is geel vinkies wat draai. Die masker se oog-gaatjies is toegeplak met cremora. Hy skreeu beangs: “Ek is blind ! Gryp die masker vas en pluk dit van sy oë af. Rina Sneeuwitjie sien twee wit gate, verstik en word flou. Sarel Seemonster het nie verniet met sy petrol stoel van Keetmans af Windhoek toe gery vir die groot STB makietie nie, hy beweeg vinnig agter Rina Sneeuwitjie in en keer die spoed van haar val, ‘n hedendaagse prins red haar van die brandende kole op die grond. Sonja Zebra is so doof soos ‘n kwartel, ‘n warm askoek het haar op die linkeroor getref en sy is seker dit is by die regteroor uit! Sy slaan met ‘n stuk stokbrood kole op die kos-sleepwa dood, mis vir Barenda Duifie rakelings, dié vat pad, bang vir ‘n genadedood. Karin Blommetjie se blommetjies koek is aan flarde en Blondie se vier jonger telgies moet die prys betaal elke keer as hulle kop onder die kos-sleepwa uitsteek om te vlug. Die antie is op ‘n doodslaan-missie, dit reën kokende kole, blommetjies-koek en stokbrood houe! As ma Blondie en dominees hiervan hoor!

Oom Penkop en Karel kat, se goue maskers sit op hulle voorkoppe. Oom Penkop se goue jogstrap is vol “air vents” gebrand met bypassende delmation gaatjie-tekkies klou hy sy nuwe versoolde warm rubberkitaar vas, en sing: “Just give me the song’s name and tune” – niks sit hom af nie hy is ‘n man van aksie. Steeds rustend, salig onbewus van die “vuurwerk Makietie” lê Peter Pannetjie nog bietjie bedwelmd. Van die geweldige slag is hy losgeruk uit sy masker en sondag-Kadet-bootsies wat "ge-bone" is vir die partytjie. Dawid Skeidsregter ken van laaf. Gebore uit jare se ondervinding as Internasionale skeidsregter pas hy summier mond tot mond asemhaling toe, draai vir Peter pannetjie op sy maag en beveel vir Karel Kat wat in ‘n skrum posisie op sy knieë staan, om vir Peter Pannetjie so hard as wat hy kan, met die vuis tussen die blaaie te moker. Net vir ingeval sy hartritme dalk effens versteur geraak het van die agteroor neerslaan. ‘n Ou rugby tegniek en baie effektief. Redge Rugby kom sit hand by, word naar ten aanskoue van die noodbehandeling, gil op Jan Grootskiet wat van skok ‘n paar Bazooka skote afvuur wat Peter Pannetjie van die amper dood red en hom laat bykom. Ook maar goed, want Anel Heksie is gereed met ‘n mengsel van Castrol GTX gemeng met baba-ren-olie Samboksalf-terpentyn genaamd “Balastrol” per mond. Dit sou hom gewis die ewigheid ingestuur het. Uiteindelik is alles darem weer onder beheer en die lorretjie onder die boom staangemaak.

Blondie en haar kinders keer na ‘n paar wye draai wind-op, weer terug na die partytjie. Gelukkig het haar seun Bobby Jean tannie Rolene Turktrekker se raad gevolg, die waters gevoel met gai in die wind en ore teen die grond vir navigasie. Die kinders word summier elkeen ‘n stuk groenblaar “spys kyk” koek in die hand gestop vir die senuwees wat pla. Blondie kan haar oë nie glo nie. Dat die Suidwesters nou in haar kort afwesigheid so kon uitrafel en dit op die eerste verjaarsdag partytjie van STB !! Die plek lyk erger as haar huis op ‘n Saterdag-oggend as die kinders dit op horings geneem het. Sy sal die gastelys vir haar seun se troue, verseker baie deeglik moet beplan en het bedenkinge oor die troulorrietjie wat rokend onder die boom staan!

Die orkes laat waai , die Suidwesters vat weer die dansbaan. Aan hulle is daar geen keer nie, die aand is nog jonk, naweek is lank, en daar is spys en drank, genoeg vir veertig dae en veertig nagte en wie weet, miskien moet hulle ook van die “spys kyk” probeer! Stofwolke, kole, rookwolke, niks sit hulle af nie. ‘n Man kan, kan ‘n man dan nie?!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

tuisbes
Baie verbeeldingryk.
7 jaar 9 maande 1 week 1 uur oud



Tong in die kies

deur Delene de Wet

My menswees: my blydskap, humor, nostalgie, ironie, walging en poppies uit pram gooi, en ja, natuurlik ook vuurwarm liefde in die vorm van kortverhale, gedigte, monoloë en briewe. Die boek is 'n gesprek met jou, die leser, want op die einde van die dag is ons eintlik almal besig met dieselfde avontuur in die soeke na oorlewing.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar