Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Sy sit en staar deur die ovaal venster en luister gesteurd na die brul van die wind. Dit is nou al vir dae aan’t waai. Elke more begin die wind en lawaai dan tot sononder. Teen laat skemer gaan dit lê, uitgewoed, leeg en sonder belofte. Dan eers raak dit stil en kalm, sonder stuwing, nes die drukking van die tekkie wat lig van haar bors. Klokslag, met elke daeraad, begin die venynige pyn; saans is dit stil, net om maar weer telkens te begin. Deur die ruit sien sy die bleek son en die vaalblou hemel. Die lug besoedel alle helderheid. Daar ver, hier voor is net sand so ver sy kyk.

Dis alleen in die enorme huis en met die geloei van die wind voel sy net meer benoud, die tekkie fermer op haar bors geplant.

Sy is vingeralleen. Net sy en die tekkie. Die kind is skool toe. Sy moet opstaan voor die venster en aan die gang kom, maar sy is so moeg. Daar is niks om haar nie – behalwe die rubber op haar bors en die siellose gesuis van die wind.

Haar hare is onversorg, die liggaam geboë en die mond bleek en gespanne. Tog is daar iets wat die oog vang; haar skoonheid beklemtoon. Ja, dis die sterk, hoë wangbene en die oë wat jou deurdringend opsom. Dit laat ‘n sagtheid in haar opvlam.

Sy was die hele seisoen alleen. Net sy en die kind en die tekkie. Dit was onaangenaam, nooit aanvaarbaar nie, maar dis beter so. Dit sou nog ‘n maand wees voor hy terugkom.

**

Bill Ferreira trek met sy beeste uit die bietjie skadu wat oor is. Hy sal moet aanstoot. Dalk het dit vorente gereën en is daar kans vir ‘n groenigheid. Sy koop beskaam wel. Die hitte laat die laaste bietjie gras verlep.

Die beeste durf stadig en moeisaam die stowwerig pad aan. Hulle koppe sal al laer, die gras word korter en sy tekkies se rubber word dunner. Hulle soek al snuffelend na vars kos, maar dis leweloos en yl. Sy geboë figuur is futloos en stroef in beweging.

Al stadiger loop die beeste, so swak word hulle. Die maerte slaan duidelik deur op hul ribbes. Sy spore laat nie meer indruk nie. Nou is dit net fyn stof wat weer terugval, nadat daar getrap is. Dis warm en benoud en die son brand die laaste lewe weg.

Elke dag bly daar nou ‘n bees lê. Eers benoud asof iets op hul borse trap en dan die roggeling van diep binne-in. Hy sny dan maar keelaf. Dis beter as wat die roofvoëls hul lewend takel, die stomme goed. Angs begin nou op sy bors lê, bang dat daar meer gaan bly lê. Hy sien dit dan daagliks vermeerder, sy benoudheid erger. As hul dan maar almal gaan, solank daar net ‘n end aan kom.

Die son is weer flou en dan sien sy hom deur die venster teen die sand afgeëts. Sy staan, vasgetrap deur die tekkie. Is dit dan al lewende hawe wat oor is? Sy versteen en kyk na die benerige lywe wat sukkelend en bulkend verby strompel. Sy groet haar man, sprakeloos.

By die kaal, skoon geskropte tafel gaan hy sit. Sy gaan by hom sit, maar hy staar lewensmoeg voor hom uit. “Dis verby”, sê hy.

Sy gee nie uiting nie en gaan geruisloos sit. Sy leun teen hom en neem sy hand in hare. Hulle sit vir ure so, die slag was hard. Sy wil hom so graag troos, maar vind geen woorden ie. Lank sit hulle so. Die kind is nog nie terug nie. Breed is die teenspoed om hulle en daarbinne is hul vasgevang. Net hulle twee en die drukking van die tekkie.

Later begin hy praat en vertel. Sy hang aan sy lippe, dankbaar dat sy nog daar is om hom in sy uur van nood te onderskraag. Hoekom word hy met dubbele slae getref? Sy wou hom die leed spaar.

Penorent sit sy nou en hou hom deur weemoedige oë dop. Gedaan. Hy kyk nie weg toe sy vir hom loer nie. Die kepe langs sy mond word dieper. Die blou are langs sy slape klop liggies. Sy merk sy bo-arms in die growwe hemp wat saamtrek en ontspan, saamtrek en ontspan.

Sy ontberings word haar ontberings. Sy tekkieslag word haar tekkieslag. Die eindstryd in die wedloop is in sig. Sy onthou hulle in die veldhuisie begin het, halfpad teen Horeb se berg uit. Hoe lekker het hulle nie met hul eie krag aan hul drome gebou nie? Hoe het hul nie gedroom van die dag wanneer hul erfgenaam gebore sou word nie? Die gebeure was ‘n heuglikheid.

Goeie-en-swaarkry-dae het gevolg. Die moeilike tye het die aangename dae begin oorheers. Bekommernis het deel van hul lewe geword. Dit het glad nie so voorspoedig met hulle gegaan nie. Die slag van hul voeteval was nie meer een nie. Dit het in ‘n ongelyke wedloop ontaard. Die een val na die ander het hulle getref.

Sy kon nie meer byhou nie. Hoe beland ‘n mens in so ‘n situasie wat so ingewikkeld is? Sy het nooit gevoel dat sy keuses maak in die wedloop nie. Te veel het asof vanself gebeur. Sy het ook gewone of dit moontlik is om te deel in die oorwinning, terwyl die struikelblokke vrygespring moet word. Sy het deurentyd met haarself geraas en geredeneer en haarself gedwing om te volhard in die dag-tot-dag-bestaan. Die krag van bo het hom egter laat aanhou.

Sy het hom en hul kind in die laaste pylvlak gefaal, net voor die eindstreep. Haar energie en asem het soos mis voor die son tydens die laaste snikke van die wedloop verdwyn.

Sy lag skielik, soos ‘n stomp mes. Dis ‘n verbaasde, wrede klank. Met ‘n swaarte in haar onderlyf en bene, haar longe ‘n kloppende bloedsak, breek haar walle.

“My tekkie raak nou te swaar. Die skrif is aan die muur. Die tyding van die geneesheer is fataal. Here, ek wil nie nou al doodgaan nie.”

Prinsloo Ras
Hoërskool Waterkloof
Graad 10



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Grafte op die Berg

deur Johannes de Swart

Prosigma, dagboek van 'n paranoiese skisofreen



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar