Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Werner draai stadig van die N1 af, terwyl ek by die venster uitstaar na die ongelooflike lang en leë pad agter ons.
“Werner, waarheen vat jy my?” vra ek, terwyl ek terugdraai om na hom te kyk.
“Jy sal sien,” sê hy met ‘n knipoog en een van sy onweerstaanbare skewe glimlaggies.

Dis my verjaarsdag en na die lekkerste ontbyt in die bed met ‘n wonderlike koppie koffie, het Werner my uit die bed gejaag, en ons het in die pad geval.

“Uiteindelik!” roep hy uit. Hy sit sy flikkerlig aan en draai in by die twee afgedopte, amper wit, amper roesbruin, plaashekkies.
“Waar is ons?” vra ek ongeduldig, maar ongelooflik nuuskierig.
“Net-net verby Kaapschehoop, dit is die eerste stop vir jou verjaarsdagtoer.” Die kar kom tot stilstand en Werner klim onmiddellik uit. Ek sit vir nog so ‘n oomblik stil en kyk om my. Ek maak stadig my deur oop, klim uit en gaan staan langs Werner.
“Uh, Werner, is hierdie plek veilig?”

Die plaas is donker en verlate. Selfs die dood het al vergeet van hierdie plek. Werner staan met ‘n glimlag op sy gesig en kyk die dieptes in. Hoor hy dit nie? Hoor hy nie die stilte nie? Sien hy nie die niks waarin ons staan nie? Hier is niks en niemand nie. O nee, van hierdie plek het die dood nie vergeet nie, sy vermy dit.

“Ek het vir jou gewag,” praat daar skielik iemand uit nêrens. Ek kyk die groot man met die lang hare, wat nadergestap kom, verstom aan. “Ek benodig jou nie langer nie, jy kan maar gaan.” spreuk hy vir Werner aan
“Ekskuus Meneer, Maar ons slaap vanaand hierso, soos bespreek. Ek en – “
“Anna-Bia. . .ja ek weet.” Val die man vir Werner in die rede. Bevrees tree ek agter Werner in, en vat saggies aan sy hand.

Ek besef hoe onheilspellend die donker is en dis heeltemal te stil. Ek laat gaan vir Werner en loop om die kar, sodat ek so ver as moontlik kan wees van die gruwelrige, donker man. ‘n Koue rilling beweeg stadig teen my rug op en ek wip terug om te kyk of Werner nog oukei is. Hy’s nie daar nie. Ek beweeg versigtig nader, eers dan sien ek hom langs die kar lê.

“Werner!” skree ek en hardloop nader. Ek sak af op my hurke langs hom, en vat sy hand in myne.
“Anna, hy soek jou siel.” steun Werner saggies. ‘n Traan rol saggies oor my wang, en maak dan sy pad tot op die gras waarop Werner lê.
“Wie?” vra ek, met my stem wat net wil breek, en ‘n hart wat wil bars.
“Die dood,” fluister hy saggies.

Dit is toe dat ek besef, die dood, het ingetrek.

Werner hoes en proes ‘n paar keer en staan dan regop.
“Klim in,” sê hy haastig en hardloop om die kar. Eers toe hy die sleutels vir die vierde keer draai, besef hy dat die kar nie aan die lewe wil kom nie. Nee, die kar is dood. Ons albei spring uit en kyk in die donker in, opsoek na enige vorm van beskerming. Ek sien ‘n klein huisie, weggesteek agter twee groot dennebome.

“Dit is my huis en ek ken my kamers.” fluister die dood saggies. Ek het altyd verwag dat die dood ‘n vrou is, met spierwit krulle en bloedrooi naels, maar hierdie gruwelooslike wese wat langs my staan, is alles behalwe ‘n vrou. Hy blaas saggies sy warm asem oor my gesig en ek kan voel hoe die donker onder my vel inkom, ek voel hoe ek myself in die gemak van die oomblik verloor, ek voel hoe ek doodgaan. Werner gryp vinnig my hand en die donker verdwyn. Saam, hand aan hand, hardloop ons al hoe dieper die berge in, weg van die dood af.

Na wat soos dae se hardloop voel, was ons net weer terug waar ons was. Op ‘n donker verlate plaas, langs ‘n dooie kar.

In ‘n oogwink, was die dood terug.
“Anna-Bia, dit is vir jou wat ek wil hê. Of jy dit wil aanvaar of nie, net een van julle sal dit lewendig hier uitmaak. Net een van julle gaan kan hardloop. Wie is dit, Anna, wie is dit?”

Net daar het ek my besluit gemaak, ek weet wie ek is, ek weet wat ek wil hê, en dit is nie op die plaas, in die arms van die dood nie. Die oomlik wat jy weet wie jy is, en wat jy wil hê, is elke besluit wat jy maak die regte een.

“Tot die dood ons skei,” fluister ek, met ‘n gebroke hart, ‘n hand vol beloftes, en oë vol trane. Ek druk sy hand een maal, en laat dit val.

Met die son agter my wat stadig oor die vlaktes loer, haal ek eenkeer diep asem, en ek hardloop…



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Plek van die Flaminke

deur Rachelle du Bois

Delia Kriel is mede-eienaar van die vakansieoord Zeesig. Haar eerste ontmoeting met Alex Vorster, haar sexy nuwe buurman, laat haar hare rys. Hy jaag haar kat die skrik op die lyf en hy jaag haar die harnas in. Kortom, hy pla haar, vreeslik, aanhoudend. Hy het haar rustige bestaan hier op Zeesig kom versteur en sy is vies, baie vies. Alex se broer, Xander, is die diep een, die stil musikant wat sy hart op Delia se vriendin, Madeleen, verloor het. Hy is koppig en hy weet wat hy wil hê, maar sy is versigtig vir die liefde, want net 'n donkie sal twee keer oor dieselfde klip struikel. En sy is nie 'n donkie nie. Hy is egter die ideale model vir haar beeldhouwerk en haar kunsuitstalling lê voor . . .



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar