Kortverhale

Bladsye:
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Tree ‘Affirmassisties’ op..., nie ‘rassisties’...!!!

Dit was gister toe ek al te lekker lus kry vir ‘vis met skyfies’..., sommer by die ‘Wimpy’..., en nie Koos kokkerot op die hoek..., se ‘sies en slips’ nie. Daai olie, jy weet..., en op my ouderdom moet ek die Cholesterol begin dop hou, wat are vernou en dan druk na strategiese plekke verlaag.
Dit beïnvloed jou ‘dienslewering’..., en natuurlik is gemeenskapsdiens die belangrikste. ʼn Mens moet jou plig na kom in enige houshouding..., en natuurlik binne die wet..., anders is daar naargevolge...
So sit ek toe rustig op my eige..., konsentreer om nie ʼn graat te sluk nie..., toe ek die gekabel daar by die betaal kant gewaar.
Eers dog ek dis omdat die ou sy Krediet saam met die JSE verloor het..., maar toe hoor ek daai verskriklikste omstrede woord...’rassis’...?!
Nou verstaan ek nie..., en probeer agter die ras kom wat soos ʼn slang daar sis...?
Met die gespartel by die ‘till’..., toe sluk ek wragtig ʼn graat..., en die rib loop steek dwars in my keelgat vas soos ʼn steeks donkie.
Nou soek ek iets om die ding mee af te sluk..., maar al wat leef en beef is om die ‘till’..., en dit gil en skree en beduie woes...
Dit kos my toe daarnatoe loop..., om een van die swart ‘waiters’ se aandag te trek vir ʼn glas lemoensap..., en ek wou net omdraai..., om nie betrokke te raak nie..., toe dring die ander man..., wit natuurlik..., dring hy daarop aan om deur ʼn blanke bedien te word.
My liewe aarde..., waar kom daai man vandaan dog ek...?!
So in my terugloop hoor ek toe hoe die onbeskofte dame vir die minder onbeskofte man sê..., “ As jy deur ʼn blanke bedien wil word..., loop soek dan ʼn plek wat blanke kelners het..., want ons het nie blanke kelners nie...”
Nou ja...! Ek as huis-politikus begin toe al hoe meer die man se probleem verstaan....
Ek begin toe terug dink waar ek orals aangegaan het in my dag se uitstappie by die ...uhmm..., dit naam van die ‘Shopping Centre’ mag ek seker nie oorvertel nie...?!
In elk geval..., ek was daar vir net oor die half dag..., om te fliek..., iets te eet..., en om myself te ‘stick’ vir ʼn bietjie bederf..., en nou dit...!
Van die oggend af speel ek toe..., ‘Sherlock Holmes’..., Holms..., holes..., Homes...?! Daai ou met sy hoedjie en vergrootglas..., jy weet wie ek bedoel...!
Ek begin toe sommer waar ek vanoggend die eerste keer my gedagtes opgetel het..., in my bed..., toe die hond my gesig met sy tong gewas het. Mollie..., dis nou my wors se naam.
Ek het ook van daai ‘fancy’ televisies wat jy stel en wat dan van self aankom in die oggend. Ek begin my dag om nuus te kyk..., en toe onthou ek die swart gesig wat ek daar op die kassie gesien het. Dit is nou waarneming nommer een..., onthou dit...!!!
Toe maak ek klaar..., en terwyl ek ontbyt nuttig..., sit ek die radio aan..., maar die ding is toe van sy stasie af..., nie mal nie..., net van die stasie af. Nou begin ek van vooraf sukkel om weer by Rippel uit te kom..., of Radio Pretoria..., want hulle lieg nie so baie soos die ander stasies nie.
Toe maak ek my waarneming nommer twee...! Ek sukkel om die stasie duidelik en sonder sneeuklank op te vang...? Maar die blerrie swart stasies is duidelik..., en ʼn mens sukkel nie om dit op te vang nie...??!
Maak dit die volgende punt...!!
Uiteinde luister ek toe maar RSG..., sonder grense..., sê wie...?!
Maar ons los dit maar eers daar...
Toe met die maag vol..., kan ek uiteindelik mý dag aanpak..., en sommer so in my onderbewuste ry ek ...sentrum toe...
Nie lank gery nie toe gaan die motor se petrolliggie aan..., en dit kos my toe eers brandstof opgaar in die motor. Nou onthou ek punt nommer vier..., of drie eerder... ! Net swart joggies het petrol ingegooi..., geen wittes...?!
Gekom by die sentrum..., die motortjie parkeer..., en daar is ʼn tsotsi wat na my karretjie wil kyk...?! Geen wittetjie nie...?!
Toe ek nader stap om by die ...sentrum in te gaan..., toe kyk die sekuriteit outjie-tjie my aan..., ook met pik swart oge..., niks kleur in daai oge nie...?! Dit is nou al putjie nommer vyf...! Miskien haal ek nog die agtiende putjie...?
Nou wat sal ek doen...?! Eers kyk watter nuwe kompakskywe daar is..., maar ek rook nie..., en speel ook nie skaak nie..., so kom ons praat maar eerder van ʼn CD.
Daar gekom toe soek ek ʼn bietjie Klipwerf vastraptjie..., maar daar ook was net ʼn Zulutjie om my te bedien..., en die winkel speel toe ook net Zulu musiek...! Ons maak dit putjie nommer ses...!
My koffie moerderreerdertjie het ook die vorige week gekalf..., so ek besluit toe om vir my ʼn nuwe enetjie by daai pienk moffie winkeltjie te kry...!
Soek-soek met selfbediening kry ek toe ook ’n swartetjie vir my...! Putjie nommer sewe..., oeps...! Wat...!!?? OK...!!
Hulle sê die een is nie ʼn putjie nie...! Moet ʼn lewendige swartetjie wees...?!
Nou loop kyk ek net wat is nuut ..., want alles gaan mos vorentoe afplat soos die nuwe televisies...
Toe is daar weer ʼn Xhosa wat wou help..., maar ek kyk maar net..., maar nou weet ek dit was putjie nommer sewe...!? Rég...? Reg...!!
Nou moet ek die koffie moerderreerdertjie gaan betaal..., en daar is toe weer ʼn ander swart tannie wat my bedien..., en dit is putjie nommer agt...!
Van daar besluit ek..., ek sal by ʼn Christelike winkeltjie ingaan om ʼn bietjie sielsversterking te kry vir my swak siel...!
Daar was toe gelukkig ʼn wittetetjie wat my gehelp het...!
Van daar gaan ek toe na ʼn ander winkeltjie wat skoon CD’s verkoop..., want ek moet die Boere CD’tjie oorvertaal na ʼn ander een toe..., vir my karretjie..., want ek speel nie oorspronklike CD’tjies in my karretjie nie..., want die sonde vernietig hulle daar binne.
Daar word ek toe vriendelik gehelp deur ʼn Sotho’tjie..., en toe ek betaal by die ‘till’ ..., deur nog ʼn Sotho’tjie...! So dit is nou putjie nege en tien..., met net een mis ...’wit’..., so vêr...!
Nou is ek ook al uit my oggend se moer uit..., en so besluit ek ook toe om weer vol te maak net soos my karretjie se opgaar...! Sommer daar by Mc..., Mc Gyver..., Mc Koffie..., Mc en been...., ‘Mugg and Bean’..., dis reg ja...!
Daar word ek ook toe weer erg vriendelik bedien deur ʼn Kwandebele..., so ons kan dit putjie nommer elf maak...!
Van daar is ek op na daai Rooi vierkantige plek toe om klere te koop..., want dit is weer tyd vir nuwetjies..., want my ander is nie meer te vars nie. Daar word ek toe weer bedien deur nog swartetetjies..., maar ons maak dit maar net een putjie verder..., putjie nommer twaalf...!
Klaar kleretjies gekoop toe loop hierdie oom eers fliek toe om te gaan rus..., en daar kry ek toe vir putjie-tjie nommer dertien...!
Van daar is ek weer na “wired’ of so plek toe..., om vir my ʼn koffie grindertjie te koop..., want die ander plek het nie my maak gehad nie..., en so slaan ek putjie nommer veertien...!
Toe van daar is ek weer by ʼn ander winkeltjie in..., waar die samoesas baie lekker geruik het..., en daar stry ons toe oor putjie nommer vyftien...!?
Ek besluit toe van daar om eers vir die vrouetjie ʼn sjokeletjie te koop vir die liefde.
Daar is ek toe ook deur ʼn Swazi bedien..., putjie nommer sestien...!
Van daar het ek toe die lus ontwikkel vir ʼn stukkie vis met skyfies..., en nou besef ek dit is putjie nommer sewentien...!!!
Dit was nou net so vinnige terug gedagte van my dag gewees..., en toe besef ek dat ek hierdie man moet bystaan want hy moet ook sy kwota ‘regstelling’ kry vir die dag...., en dat daar waarheid in sy woorde steek...
Ek stap toe in die bresse in vir die ander man..., en verduidelik toe die saak aan die eienaar van die Wimpy....:
En nou moet julle almal baie mooi luister....!!!
Die saak staan so...! Die Minister het gesê dat regstellende aksie te stadig plaasvind na sy sin..., en dat hy die firmas in die toekoms gaan beboet wat nie regstellende aksie wil toepas nie...! Nou besef ek dat dit ʼn ernstige beroep op alle bevolkinggroepe in SA was....!!! Ons almal..., ek en jy..., moet regstellende aksie streng toe pas..., want dit is wat die regering wil hê...!!!
Daarom ..., as jy jou kwota swart vir die dag ingekry het..., moet jy seker maak jy kry jou regmatige kwota wit ook in vir die dag...! Verstaan jy...???
Sodra jy jou kwota swart ingekry het vir die dag..., moet jy nie begin om ‘rassisties’ op te tree nie..., maar ‘affirmassisties’..., en aandrang op jou kwota wit vir die dag...!!!!
Dit is waar die ander..., die swartetetjies..., ons blankes..., ons wittetjies..., nog altyd verkeerd verstaan het...!!!
Ons moet nie sê ons is rassisties nie..., want daai woord is ʼn vloekwoord..., ʼn baie lelike woordjie..., en ons moet dit baie vêr weggooi....!!!
Ons moet se dat ons ‘affirmassisties’ is..., want dit is hoe die ANC tatatetjies wil hê die blanke moet optree...!!! Onthou...! ‘Rassisties’ en ‘affirmassisties’ is nie dieselfde nie...!!!
Die hele wêreld keer ‘affirmassistiese’ gedrag goed..., self die ANC...!
So maak ek dan ʼn ernstige beroep op die Afrikaner om sy ‘rassistiese’ houding teenoor ander bevolkingsgroepe in die land te staak..., met onmiddellike effektetjie..., en’ ‘affirmasissties’ op te tree soos daar van ons verwag word...!!!
Is dit duidelik...!!!
En so slaan ek putjie nommer agtien...., die wenner oor apartheid..., en onderdrukking..., want nou is ons almal uiteindelik ʼn gelykie..., almal dieselfde...! ʼn Gelyketjie-tjie....



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Affirmisties
Knag sekfyf. skerp. 'n Goeie begrip het net 'n halwe woord nodig.As almal tog net tot hierdie insigte kan kom. Of miskien is daar net min genoeg mense wat eerlik genoeg is dit uittespreek. (my eie probeerslag) Ik dinkt goed gesprach. Ik hoop dat je en antwoord magt geven dat zou het wel gemakkelijker gaanen wat wij morgen moet doen? In een land waar de wegen zo gevaarlijk zijn als hi
7 jaar 1 maand 2 weke 6 dae oud


Monarco,
baie dankie. Jy het n windskeef glimlag op my gesig kom plak.
Groete
A
9 jaar 2 weke 17 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Vir vanaand sal ek net jou hand vashou

    deur Zymrly

    Gedigte saamgevat oor die seer van die lewe. 'n Handvol emosies wat aan die hart raak omdat die tonele, gedagtes en emosies deel is van elke dag se lewe



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar