Kortverhale

Titel: Tripel D's
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Daar is drie D's in my lewe. Drie D's wat my gesin verwoes.
Drie D's wat my kinderjare onangenaam maak.
Die D's word misbruik deur een D.
Die D is die oorsaak van `n gebroke gesin.

Weet jy wat jy doen aan ons gesin? Het jy geen gewete nie?
Jy het jou keuses om te maak, maar die keuses wat jy maak is die van `n botterkop.
Jou optrede word gekenmerk aan die van `n rouriem.
Wanneer gaan jy leer? Wat het verkeerd geloop in jou lewe?

Die liefde wat ek voorheen vir jou gehad het is opgedroog soos `n uitegerukte boomwortel.
Blameer jy my? Jy is die oorsaak van my hartseer. Jy is die persoon wat ek soms dood wens.
Blameer jy my? Soms dink ek dit sal beter vir ons almal wees.
Die haat wat ek in jou gekry het is as gevolg van jou onverstandelike optrede teenoor ons.

Almal sien jou as `n asjas en `n ietermago.
Jy was nie altyd so nie, almal het jou lief gehad, maar vandag word jy gehaat deur almal.
Almal probeer jou help, maar jy bly `n Judas vir die gesin.
Jy was goed groot gemaak, maar jy het sleg groot geword.

Jy veroorsaak daagliks hartseer, geweld en teleurstelling in ons gesin. Jy is so gevoelloos.
Jy kan vir eens in jou lewe probeer soos `n volwassene optree, en maak keuses soos `n ringkop.
Dis nie te laat om te verbeter nie.
Dis tyd om jouself te vergewe en jou verlede te verwerk.

Dis nie te laat om die verhouding tussen jou en jou gesin te herstel nie.
Ons wens jou alles behalwe hartseer toe.
Ons het die reg op `n gelukkige familie.
Dis moeilik vir ons almal, maar jy maak dit nog moeiliker as wat dit werklik is.

Almal wil sien hoe jy as `n blom uit jou omstandighede groei.
Ons voed jou met kompos daagliks, wat jy daarmee doen is jou keuse.
Oorwin die heintjiepik en raak ontslae van die geitjie en iesegrim wat jy is.
Almal wil sien hoe jy weer gebore word as `n reine fetus.

Daar is dwelms, dobbel en drank in my lewe.
Dit verwoes ons gesin.
Dit maak my kinderjare onangenaam.
Die oorsaak van alles is die misbruik van een dwaas. My jongste suster.



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

ORAL IS MY GOD

deur Johann P. Boshoff

N.a.v. hoofsaaklik Psalm 139 word God se aktiewe teenwoordigheid in Boshoff se 36ste boek bepeins. Aandag word in 'n opstel ook geskenk aan die skryf van 'n oordenkingsbundel.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar