Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Dit was haar doop, die goue-krullekop kind van langsaan. Met haar blousel blou oë en stralende glimlag het sy harte gesteel. Haar laggie was musiek in my ore, ‘n melodieuse klank wat refrein het. Ek was toe al in graad drie. ‘n Spikkel kop laaitie wat gegril het as tannies met rooi-vink-bekke soene op jou hele gesig geplant het. Genadiglik was ek daardie dag gespaar want Jessica was ‘n groter trekpleister as ek.

Daardie dag was die begin van ons vriendskap. Ons het in ‘n tyd geleef waar oorlog en geweld net in geskiedenis boeke verskyn het. Koning Zefla was een van daardie heersers wat met ‘n yster vuis en ‘n sagte hart regeer het. Wanneer dit geblyk het dat al die vredesooreenkomste tot niet verklaar gaan word, het hy met sy rustige maar gesaghebbende persoonlikheid, weer die vrede bewaar.

Triponia was ‘n skouspelagtige land. ‘n Land van sneeu en vreugde. Ek en Jessica het saam-saam daar groot geword. Ek onthou toe sy begin loop het: bakbeentjies wat gewaggel het met haar armpies uitgestrek na wie ookal voor haar gestaan het. Daar was dae waar ek gedroom het sy reik na ‘n denkbeeldige son want sy was my eie persoonlike sonstraaltjie. Ander dae het ek my verbeel dat sy as vrou steeds haar arms uitgooi wanneer sy my sou sien. Ek wou so graag vir haar meer as net ‘n boetie-maaitjie wees. Maar wat het ek, ‘n snotneus van 8, in elk geval van liefde en omgee af geweet? Soms het ek haar probeer beindruk met my algemene kennis, wat in der waarheid oorskiet feite was wat ek gretig van die ouer garde gegaps het. Dit het nie gelyk of dit vir haar saak gemaak het nie. In Jessica se oë was ek ‘n reus.

Jessica en haar ma het langs ons gebly. Die huise daar was opmekaar gestapel en teenmekaar gebou. Die bure was vriende gewees, en vriendskap het wyer gestrek as ‘n vriendelike goeie more as ons mekaar in die voorportaal raak geloop het.

Die seuns was grootgemaak vir een taak en een taak alleen. Van dertien af moes ons gaan diens doen. Omdat ons land tussen twee sneeubedekte berge geleë was, was dit ons plig om te sorg dat die sneeu wat van die berge afgerol het, nie ons huise beskadig of mense beseer nie. Ook was dit een van vele maniere om water te berg vir algemene gebruik. Naby die poorte van die stad het Koning Zefla en sy gevolg ‘n pottebakkery fabriek oopgemaak waar my pa en twee van ons bure gewerk het. Groot balle klei was daar gemaak en warm gehou. Bo teen die berg was klein operasionele stasies wat ons gewaarsku het wanneer ‘n sneeustorting dreig of wanneer die sneeulaag te dik was en dit tyd was om water te berg. Op die teerspore was die klippe uitgerol en opgeskiet na die berg toe, die water wat daar gesmelt het was opgedam en gebruik en teen die tyd wat die klei weer ons sement walle bereik het was dit afgekoel en kon die proses weer van vooraf begin.

Een koue wintersoggend in Augustus het Jessica by haar kamerruit uitgeklim om, soos haar gewoonte was, vyf minute van my tyd te steel. Sy was ‘n pragtige, uitgesproke, nege jarige dogtertjie met vlegseltjies om haar kop en vlinders in haar oë. Ek was ‘n jongman van agtien. Haar kloppie aan die venster het my vinnig die kamerruit laat oopmaak. Ek wou nog raas oor sy so stout was om klim-en-klouter te speel maar haar stralende glimlaggie het soos gewoonlik my hart vermurwe en ek kon nie sover kom om haar te berispe nie.
“Tho, waarmee ith jy bethig,” het sy gelispel.
“Niks vir nuuskierige agies se ogies nie.” was my glimlaggende antwoord.
Sy was mal daaroor om my uit te vra oor landsake en as ek haar vertel het wat ek eendag sal moet gaan doen, het sy ‘n bewonderende kyk in haar oë gekry en dramaties geantwoord: “Jameth, jy’th my hero!”

Dit was heerlik om haar te verveel met my grootmens praatjies. Sy was altyd ‘n goeie luisteraar. Na my vertellings het sy met skitterende ogies haar handjies in ekstase geklap en ‘n plaksoen op my wang kom plant. Dit was die hoogtepunt van my dag.

Ek het een aand vir Ma afgeluister terwyl sy met Tannie Doreen, Jessica se ma, gepraat het. Hul hoop was dat ek en Jessica in jare wat kom meer as net gawe maats sou word.Vir my was dit verregaande op daardie stadium. Hoe kon mens aan so iets dink wanneer die meisie ter sprake nog skaars uit doeke uit was? Al die tekens was daar dat Jessica ‘n mooi vrou sou wees. Sy was die ewe beeld van Tannie Doreen.

Een so koue aand kry ek toe weer ‘n kloppie teen my venster. Ek was in my laaste fase van my dienstydperk, net voor ek voltyds sou begin werk het by een van die operasionele stasies. Ek het dadelik venster toe geloop. In my kop het ek probeer om ‘n verskoning te soek om Jessica te oorreed om eerder op ‘n ander dag te kom kuier. Dit was die dag nadat ek nuus ontvang het dat Koning Zefla oorlog verklaar het teen Opotia, ons naburige land. Dit sou beteken dat ons vir meer as net natuurlike sneeustortings moes uitkyk. Toe ek Jessica se gesiggie deur die ruit gesien het, het ek geweet dat sy ook van die toedrag van sake geweet het. Die trane het soos fyn kristal drade aan die hoeke van haar oë gesit.
“Jameth, jy moenie gaan nie. Ek gaan jou nooit weer thien ath jy gaan nie. Hoe gaan ek thonder jou leef, huh Jameth? Wie gaan vir my thtories vertel? Jy moenie gaan nie, ek het ‘n lelike droom gehad.”
Sy het aaneen gepraat, net gestop om asem te haal en dan weer voort gegaan. My hart het spasmas in my bors getrek, maar ek kon haar nie gerusstel nie. Sy was ontroosbaar. Voor ek my kon kry het sy op my skoot gesit, met haar dun wit armpies wat om my nek geklou het.
“Jess, dis okay, als gaan weer na normaal terugkeer, jy sal sien.”, het ek probeer troos.
Ek het in haar oë gekyk en gesien dat sy my nie geglo het nie. Ek kon dit nie verwerk nie. Dit het kompleet gevoel asof ek besig was om waansinnig te raak, maar my hande was afgekap.
Na ‘n nanosekond van stilte het sy skielik vir my ‘n ster gewys.
“Norgalbraim – die thter van my hart”, het sy sag gefluister, “moet hom nie laat verthkiet nie.”
Na dit het sy van my skoot afgeklim, by my ruit uit en verdwyn, sonder om my weer ‘n klapsoen op die wang te gee.

‘n Paar minute na daardie insident het ek bevel gekry van die pottebakkery af. Dit was tyd om aan te meld. ‘n Span Opotiaers was gewaar net suid van die OPS kantoor. Alle bemanning was ingeroep. Ek het haastig ‘n pen gegryp en op ‘n notablad gekrap –
Norgalbraim – my sonskyn-maatjie, jou hart sal nooit verskiet nie, dit belowe ek jou.
Daar was nie tyd vir meer as daardie lyn nie.

Die oorlog wat daar uitgebreek het, het tien jaar aangehou. Ek was later opgekommandeer om saam met honderd ander jongmans patrollie te gaan ry binne die ysberge.
Gletserys het vele manne se lewens ge-eis. Die Opotiaers selfs meer. Hul was ‘n grusame nasie. Hul strikke het soldate se bene afgeruk, plek-plek huise onder ys begrawe en selfs jong vroue laat doodys. Dae en nagte het verstrengel geraak en ons het stadig maar seker tred verloor met tyd. Wanneer ons nie geveg het om die bandiete van ons stadsmure af weg te hou nie, moes ons gaan proviand soek het in die woud. Dit was die moeilikste tyd van ons lewens. Ons het geleef van wat die natuur ons gebied het. In ons geweste was dit nie baie nie. My hart het gesmag na die aande waar ek stories opgedis het vir ‘n blou-oog nooi met vlinders wat in haar oë dans. Ek het gedroom hoe ek teruggaan huis toe en haar daar kry. Nie meer ‘n nege jarige nooientjie nie, maar ‘n volwasse vrou. My drome moes drome bly want ‘n sekonde se aandag wat afgelei word, het ‘n gewisse dood beteken.

Een agtermiddag, middel Maart sou ons later uitvind, het ons in ‘n verbergde ou grot gesit. Vuur was ‘n luuksheid wat ons nie kon bekostig het nie. Nie net sou dit ons lêplek verklap nie, maar hout was skaars, so ook komberse. In die stikdonker koue het vier van ons voor die grot stelling ingeneem op nagwag. Kommunikasie was gereduseer tot die minimum. Dis toe dat ons ‘n groep van om en by twintig manne gesien het. Ons het geweet dis nie van ons manne nie. Die ruwe klere en swets woorde het dit verklap. Hierdie was ‘n ou laai van die Opotiaers, om snags te beweeg en deur die dag uit te kamp in die naaste bome. Ons troepe was stil-stil wakker gemaak en ons het hulle oorrompel. Die koste van daardie aand was vyf van ons vriende. Ek onthou steeds die warm reuk van bloed, die verrote reuk van dood, die tydperk van ontbinding. Elke haatlike gesigsuitdrukking het soos ‘n tattoo aan my siel bly kleef om snags stadig my drome in te kleur.

Ses maande later was daar vrede verklaar. Niemand het meer geweet waarom die oorlog ontstaan het, of wie gewen het nie. Ons was net moeg gebaklei en wou huis toe gaan.

Toe die HD7425 stop om ons af te laai by die grenspos was ons verbaas oor die groot verandering. Ons eens sneeubedekte berge en klowe was lower groen. Daar het wilde blomme tussen gras gegroei. Plek-plek was daar nog ‘n sneeuspikkel, maar dit was in die minderheid. Die stad se mure het soos half gespeelde lego blokkies gelyk. Stukkend, vervalle en grou-grys. Die hekke het wyd oopgestaan, oop vir enigeen wat wou inkom. Soos automate het ons ingestap. Dertig stuk man wat tuis gekom het sonder om tuis te voel. Die gewig van die sewentig manne wat ons verloor het, het saam met ons weinige besittings saam met ons die bekende gesoek.

My huis het my weggelei van die groep af. Dis waar ek haar gesien het. Haar goue hare het in lokke langs haar gesig af gehang. Die son het kolletjies op haar neus geverf wat haar steeds soos die stoute dogter van ouds laat lyk het. Om haar mond was daar ‘n hartseer trekkie. Ek wou na haar toe hardloop maar het nie geweet wat ek vir haar kan of moet sê nie. Wat as dit nie regtig sy was nie? Ek kon haar nie groet in my gehawende toestand nie. My langerige spikkel hare was borselkop afgesny, daar was snye regoor my gesig as gevolg van die blootstelling teen die elemente. My eens sjokolade bruin oë het verbleik, of so het ek geglo.

Ek moes ‘n geluid gemaak het, want terwyl ek haar so intens betrag het, het sy skielik opgekyk en ek het die skrik in haar oë gesien. Sy het haar arms na my uitgestrek en nader gestap. Dit het gevoel of ek gedroom het, ek kon haar weer sien as baba, toe sy begin loop het. Dit was de ja vu, van vooraf, net beter. Daar het ‘n lig in haar oë aangegaan en sy het begin hardloop. ‘n Peleton voertuie sou my nie kon beweeg het nie. Ek het stil gestaan, vasgegom. Net voor sy in my arms ingespring het, het ek gefluister…Norgalbraim. Sy het geweet haar hart het nooit verskiet nie, die son het net vir haar opgekom. ‘n Stralende glimlag vol trane en ‘n klapsoen was my beloning vir tien jaar se wroeging.

Die boek klap stowwerig toe, en twee pare potblou ogies staar die gryse ou oom ekstaties aan.
“Gross, wie wil nou soetsappige stories hoor? Sies Oupa”, antwoord die blou oog dogtertjie met vlegseltjies langs haar gesig.
“Ag kom nou Oupa, vertel ons nou, hoe het jy regtig vir Ouma ontmoet? Daardie storie is darem te vergesog.” laat die ouer seuntjie van hom hoor.
Oupa lag in sy baard.
“Die regte storie lê opgesluit in Ouma se hart.”



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

triponia
so n mooi feeverhaal, sleur n mens mee , Natasha jy het n baie goeie verbeelding , het die ene geniet, groete , BERG
10 jaar 7 maande 6 dae 19 ure oud


Galaktika
Heerlike verhaal vir ’n "sci-fi" verslaafde soos ek.
Kan my inleef in ’n ander wêreld.

Groetnis.
10 jaar 7 maande 1 week 3 dae 8 ure oud


Stunning storie, ek was geboei tot aan die einde, jammer dis so kort ek sou graag wou aanhou lees
10 jaar 7 maande 1 week 4 dae 9 ure oud


Triponia Galaktika
Dis was heerlik om te lees !
10 jaar 7 maande 1 week 5 dae 8 ure oud



The Road to Eden

deur Rachelle du Bois

Once rich and still beautiful, Eve Vermont’s life was in tatters. She found a job as house manager with the wealthy and powerful Blythe family. She soon realised that the compelling Adam Blythe was determined to uncover the painful secret of her past. She was forced to accept that he wasn’t going to stop until he knew what brought her to Oak Manor but was she prepared to open up and allow him to know her as he intended? Or would she keep hiding from Adam and the world? Adam Blythe found a stylish, beautiful and mysterious woman in his home. As house manager. She was totally unsuitable for the job, and he felt compelled to find out more about her. And as he uncovered the layers of this incredible woman, his love for her grew and he knew he had to keep her at Oak Manor at all costs. But would she stay?



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar