Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Tsepo dink diep en kou ingedagte aan die agterkant van sy pen. Hy weet dat hy dit nie kan bekostig om punte te verloor nie. Afrikaans was nog altyd een van Tsepo se beste vakke, maar vandag kan hy net nie sy konsentrasie by die vraestel bepaal nie. Hoe op aarde vertel jy jou beste vriend dat jy die MIV-virus het? Niemand sal hom ooit weer aanvaar nie. Wat sal Lebo daarvan sê? Wat sal die predikant daarvan dink? Al hierdie vrae bly in Tsepo se agterkop maal.

Tsepo dink weer aan die ongeluk. Dit het omtrent ‘n maand gelede gebeur. Dit was ‘n heerlike, sonnige dag en... Tsepo se gedagtes word onderbreek deur die harde gebulder van meneer Mkolobe se kwaai stem. “Jou vraestel, asseblief!” sê die meneer en gluur Tsepo kwaai onder deur sy brilraam aan. “Um...hê...e...ek bedoel ekskuus...e...jammer Meneer” stotter Tsepo. “Hier is dan nie ‘n dooie woord op die vraestel ingevul nie,” sê meneer Mkolobe streng. Tsepo kyk skuldig af en mompel “Jammer, meneer.” “Wel, jy weet natuurlik dat ek nie vir jou kan punte gee hiervoor nie,” weerklink die Meneer se stem. Uiteindelik lui die klok en dit is pouse. Vrolike kinders bondel by die klasdeur uit. Tsepo voel baie gespanne, omdat hy weet dat hy nou vir Lebo sal moet vertel van hierdie vreeswekkende virus.

Hy onthou nog hoe sy ma hom gisteraand geroep het. Sy het ernstig gelyk. Tsepo het geweet dat sy nie nou vir hom sou vra om te help water aandra nie. “Sit, my seun” het sy gesê en vir hom die onderstebo krat aangewys.

Ek kon net nie verstaan wat aan die gang was nie. “Tsepo, onthou jy nog daardie ongeluk?” het sy gevra. “Ja, Mamma, maar ek het mos niks oorgekom nie, dis net ‘n paar bloukolle en skrape.” Het ek geantwoord. “Nee, Tsepo, jy verstaan nie, na die ongeluk was ons mos na die kliniek toe. Oom dokter by die kliniek het mos van jou bloed getrek” het Mamma met ‘n bekommerde uitdrukking op haar gesig gesê.

“Mamma, dit was regtig nie seer nie” het ek gelag. “Tsepo, die dokter moes jou bloed instuur vir toetse om seker te maak dat jy nie die verskriklike virus het nie. Die virus se naam is die MIV-virus. Ek het vandag na die kliniek toe gegaan en die dokter het gesê dat jy MIV-positief is. Dit beteken dat jy die virus het.”

Lebo wag reeds vir Tsepo by die lekkerste speelplek in die skool, onder die groot ou kareeboom. Wanneer Tsepo van ver af aangestap kom, sien die vreugdevolle Lebo hom. “Tsepo!” skree Lebo. “Het jy onthou om jou klipkarretjie te bring?” “Lebo wag, daar is ernstige nuus wat ek vir jou moet vertel,” sê ek. “Jy weet mos die ongeluk wat die bus gemaak het toe ek en my ma-hulle van Lesotho af terug gekom het, nadat ons vir my tannie Liesbet gaan kuier het.” “Ja,” sê Lebo met ‘n groot frons op sy voorkop.

“Ek het jou nog nie vertel nie, maar ek het saam met my ma kliniek toe gegaan. Om ‘n lang storie korter te maak kan mens maar net sê dat ek MIV-positief is,” verduidelik ek. “O!” antwoord Lebo. “Wat is so vreeslik daaraan>” vra Lebo verveeld. “My ma sê dis ‘n verskriklike virus, maar ek is self nie seker wat dit is wat hierdie virus so vreeslik maak nie,” sê ek onseker.

Lebo kyk my met groot oë aan en vra” “Is die MI... umm wat ookal virus, dodelik?” “Nee, ek weet nie, ek het nog nooit so daaraan gedink nie... sê nou net dit is dodelik!” sê ek paniekerig. “Ag nee wat, jy is mos nie nou dood nie” sê Lebo. “Ek wil net sekermaak wat die betekenis van hierdie virus is, asseblief kom saam met my na die kliniek toe vanmiddag,” sê-vra ek. “Ja goed, dit is reg, ek sal na skool saam met jou kom,” sê Lebo ongeduldig. “Kan ons nou speel, ek wou nog die hele pouse my klipkarretjie vir joj wys.”

Waar ek in die kliniek se wagkamer sit, is ek vreeslik bekommerd. “Hou nou op om jou naels te kou, ek is seker jy verbeel jouself net, alles sal reg wees” fluister Lebo troostend. “Ja, maar hoekom het my ma dan gesê dat die virus so erg is?” vra ek onseker.

Die suster glimlag en roep vir my en Lebo in. Ons volg haar in die gang af. Sy stap voor. Terwyl ons in die gang afstap, fluister ek vir Lebo: “Sy lyk nogal gaaf”. Lebo knik instemmend. In die kantoor bied sy vir ons twee stoele aan. Die stoele sit baie gemaklik. Dit is geplaas voor ‘n pragtige eikehoutlessenaar. Daar is net een stoel agter die lessenaar en die suster neem daardie stoel in. Die suster het so ‘n wit uniform aan met ‘n naamkaartjie vasgesteek aan haar uniform. Met skrefiesoë leun ek vorentoe en sien daar staan ‘Polina’ op die naamplaatjie. Ek wonder vir ‘n oomblik wat sy van ons twee vuil kinders wat nou hier voor haar kom sit het, dink. Ek wou nog skoon aantrek, maar daar was nie tyd nie...

My gedagtes word onderbreek deur die vriendelike stem van die suster. “Waarmee kan ek julle twee mannetjies help?” vra sy glimlaggend. “Ons umm... ja ons wil meer weet rondom die MIV-virus, sê ek. Die suster se gesig word ernstig. “Weet julle wat dit beteken as iemand MIV-positief is?” vra die suster. “Nee, nie regtig nie” sê ek. “Tsepo het vir my gesê dat sy ma vir hom vertel het dat hy MIV-positief is,” voeg Lebo by. “Ja, dis wat gebeur het,” sê ek. “My ma sê die virus is baie ernstig en dit maak my baie bang, want ek weet niks oor hierdie virus nie!”

Die suster kyk besorgd na my en sê: “Ek wil hê dat julle nou mooi moet luister na wat ek nou vir julle gaan vertel. Tsepo moet veral mooi oplet, want wat ek nou gaan sê, gaan van toepassing op hom wees.”

Nou voel ek eers verward. Lebo kyk vinnig in my rigting met oë so groot soos pierings. Die suster gaan voort deur te sê: “Wanneer iemand soos Tsepo uitvind dat hy of sy MIV-positief is, moet hulle dadelik van iemand hulp kry. Mens moet nooit te skaam of bang wees om te kom vra vir hulp nie. Tsepo het die regte ding gedoen deur na die klieniek toe te kom. Tsepo, jy sal baie rus moet kry. Oefeninge is baie belangrik en moenie vergeet om gesonde kos te eet nie. Probeer om so rustig as moontlik te wees, want spanning is veral nie goed vir ‘n persoon wat MIV-positief is nie.”

“Hoekom maak almal so ‘n groot bohaai van die virus, my ma sê dis vreeslik en ek moet allerhande reëls volg, ek verstaan nie.”

“Tsepo, die virus is nie iets waarmee mens speel nie, dis dodelik,” sê die suster ernstig. Die woorde sny soos ‘n mes deur my hart. My mond hang oop. Dit is asof ek nie kan glo wat ek sopas gehoor het nie.

Met trane in my oë vra ek die groot vraag: “Gaan ek doodgaan?”

Die suster staan van haar stoel af op en sit haar hand op my skouer. “Die virus het al baie mense se lewens geëis, maar ons sal ons bes doen om te voorkom dat jy doodgaan.”

Sy gee vir my ‘n drukkie en vra dat ek Lebo saam met haar moet kom. Lebo plaas sy hand op my skouer. “Toemaar, ou Tsepo, dis vir my net so ‘n groot skok, ek sal saam met jou staan deur dik en dun.” Lebo is so ‘n goeie vriend, dink ek. Dit is wonderlik om iemand soos hy te hê.

Wanneer ons by die uitgang van die hospitaal kom, staan ons eers vir ‘n rukkie stil. “As jy iets wil vra, is jy baie welkom, ek is elke middag hier by die kliniek tot vyfuur. Onthou asseblief wat ek vir jou geleer het en jy kan nog steeds aangaan met jou lewe, net soos voorheen.

“Middag, Tsepo, hoe was jou dag by die skool?” vra Mamma beleefd. “Middag, Mamma, ek het nie so ‘n lekker dag gehad nie. Die rede hoekom ek is laat is, is omdat ek eers na skool na die kliniek toe was.” “So, dis waar jy die hele middag was,” sê Mamma die keer ernstiger. “Ja, Mamma, ek wou graag meer uitvind rondom die virus wat ek het. Mamma, dit is verskriklik, het Mamma geweet dat die virus dodelik is?” vra ek met ‘n klein stemme. “Ja, Seun.” sug Mamma.

My oë skiet vol trane. “Hoekom het Mamma dit van my af weggesteek?” vra ek snikkend. Mamma stap nader en vat altwee my hande. Sy kyk my in die oë. “Tsepo, sê sy saggies, moenie vir my kwaad wees nie, ek het self nog nie die feit verwerk nie.”

“Wat het die suster gesê?” vra Mamma besorgd. Ek antwoord haar tussendeur die snikke. “Sy het gesê dat iemand wat MIV-positief is, baie gesond moet eet, ek sal moet oefeninge doen en sy wil hê dat ek baie moet rus. “O,” sê Mamma. “Watter gesonde kos en oefeninge het die suster bedoel?” vra Mamma onseker.

Ek dink vir ‘n oomblik diep... “Ek weet nie, mamma,” kom die antwoord uiteindelik. Mamma het voorgestel dat ek more vir die suster moet gaan vra. Nadat ek brood geëet het en my huiswerk gedoen het, het ek vroeg gaan slaap.

Om een of ander rede staan ek vanoggend vroeër op. Dit is seker omdat ek gisteraand so vroeg gaan slaap het, hierdie ding van die siekte pla my verskriklik. Ek kan nou nog nie glo dat ek die MIV-virus het nie. Ek besef skielik dat die lewe eintlik so kort is.

“Lebo!” roep die viriendelike stem van tannie Lina. “Ek kom, Mamma,” weerklink Lebo se stem. Ek wag vanoggend vir ‘n verandering vir Lebo. Ons stap mos elke oggend saam skool toe.

Op pad skool toe vra ek vir Lebo of hy nie asseblief vanmiddag saam met my na die kliniek toe sal stap nie. “Wat wil jy hierdie keer vir die suster vra?” wil Lebo ongeduldig weet. “Ek wil weet watter oefeninge ek moet doen en hoe ek dit moet doen, die suster het mos gister van oefeninge gepraat,” verduidelik ek. “O,” sê Lebo. “Dit is nie al nie, ek wil ook meer weet rondom die gesonde kos wat ek moet eet” sê ek oortuigend. Ek weet darem van een ding en dit is die rus waarvan die suster gepraat het.

“Het jy agtergekom dat ek vanoggend vir jou moes!” lag ek. “Ja, maar dit is ook net omdat die haan verslaap het en nie vanoggend so vroeg soos gewoonlik gekraai het. Dit het gemaak dat ek ook verslaap het,” sê Lebo terwyl hy afkyk. “Verskonings, verskonings,” sê ek laggend. Lebo begin ook te lag, ons twee besef skielik hoe flou die stire van die haan was.

Labo lag uit sy maag uit. Hy steek my aan. Ons twee lag so lekker dat ons nie aankomende voertuig sien nie. Wanneer ek opkyk, sien ek dat die trok amper reg voor ons twee is. Die reaksie kom vanself en ek pluk Lebo aan die arm en begin hardloop. Dis te laat!!! Alk wat ek kan hoor, is skreeuende remme en ‘n toeter van die trok.

My oë gaan oop. Met my eerste beweging skiet die pyn deur my arm. “Eina!” kom die woorde uit my mond. Ek kyk om my rond. Ek ken dan hierdie plek. Iemand kom na my toe aangestap... sowaar, dis sus Polina. Ek is in die kliniek.

“Hello, Tsepo, hoe voel jy?” hoor ek die vriendelike stem van suster Polina. “My arm is seer,” sê ek deurmekaar.

“Jou arm is gebreek. Hy moet net stil lê met jou arm, hoor. Dit gaan ‘n tydjie neem voordat jou arm heeltemal gesond.” Sê die suster.

“Ek verstaan nie, hoekom, is my arm dan gebreek? Wat maak ek nou in die kliniek?” vra ek. “Die ambulans het hulle kom help, nadat iemand gebel en gesê het dat daar twee seuns in die pad lê. Daar was ‘n trokbestuurder wat vertel het dat julle voor die voertuig ingeloop het. Dit het alles vroeg in die oggend gebeur, so ek neem aan dat julle op pad skool toe was. Dit was baie onverantwoord. Julle moet altyd baie mooi oplet as julle skool toe,” sê die suster ernstig.

“O, ja ek onthou nou vandat ek en Lebo geloop en lag het... ummm verder kan ek nie juis onthou nie.” sê ek deurmekaar.

“Jy was heeltemal bewusteloos toe die ambulans vir jou en Lebo hier kom aflaai het. Dit is die rede hoekom jy so deurmekaar voel. Jy is gelukkig dat jy net ‘n paar bloukolle en ‘n gebreekte arm het, dinge kon baie erger uitgedraai het,” sê die suster oortuigend.

“Dankie dat julle so mooi na my kyk en my so mooi versorg,” sê ek dankbaar. “Ek is net bly dat jy darem nog oorleef,” sê die suster glimlaggend. Tevrede dat ek niks ernstog oorgekom het nie, lê ek gemaklik agteroor in die bedjie by die kliniek. “Jy kan vanmiddag terug gaan huis toe,” sê die suster.

Die suster staan op en loop stadig by die vertrek uit. Dit val my by dat ek niks van Lebo gehoor het nie. “Suster, wag, daar is nog iets wat ek wou vra,” skree ek vir die suster agterna. “Ja” sê die suster. “Lebo was mos saam met my in die ongeluk, wat het dan van hom geword?” vra ek bekommerd. Die suster se gesig word ernstig.

“Lebo is in ‘n staatshospitaal. Hy is om die oomblik in die intensiewesorg eenheid.” Verslae sit ek in die bedjie. “Kan ek nie vir hom gaan kuier nie?” vra ek. “Die hospitale laat slags famielielede toe om te kuier by mense in die intensiewesorg eenheid.”


Ek mloet net vir Lebo gaan kuier, maak nie saak wat nie. As ek mooi vra, sal ek tog sekerlik toegelaat word om vinnig te gaan loer by Lebo.

Daardie middag, nadat ek uit die kliniek ontslaan is, het ek by die staatshospitaal opgedaag. Mamma is seker nou baie bekommerd, maar dit moet maar weg, Lebo het my nou baie nodig.

Die ontvangsdame lyk nogal streng, sy dra ‘n bril wat op die punt van haar neus sit. “Goeiemiddag, my naam is Tsepo. Ek is op soek na Lebo Ramashia,” sê ek vol selfvertroue. Die suster blaai deur ‘n klomp lêers. “Is jy familie van Lebo?” vra sy uiteindelik.

“Nee, Suster, maar ons is beste vriende, ons ken mekaar al vandat ek kan onthou,” sê ek. “O, ek is baie jammer, maar ons laat ongelukkig net familielede toe om besoek af te lê aan mense in die intensiewesorgeenheid.” Ewe skielik bars ek net in trane uit. Ek kan nie die trane keer nie. Ek snik so hard, dat almal in die wagkamer na my kyk.

Die suster kyk besorgd na my. “Ek sal net vandag hierdie uitsondering maak, Tsepo, gaan maar deur. Jy moet reguit in die gang af loop. Die deur heel op die punt is die intensiewesorgeenheid.” “Baie dankie,” sê ek snikkend.

Lebo lyk verskriklik, sy hele gesig is opgeswel. “n Groot gedeelte van sy lyf is met verbande toegedraai. Daar is so ‘n snaakse masjien wat aan hom gekoppel is wat sulke aanhoudende piep-piep-piep-geluide maak. Lebo se oë is toe. Ek het vir ‘n baie lang tyd by sy bed bly sit en huil. Die suster het laat weet dat die besoektyd verby is.

Teen die tyd wat ek by die huis aangekom het, is dit reeds donker. “Waar was jy my kind?” vra Mamma bekommerd. Ek kan sien dat haar oë rooi gehuil is. “Ek is so jammer, dat ek nie dadelik huis toe gekom het nie, Mamma. Lebo is verskriklik siek. Ek het vir hom gaan kuier/” “Jy en Lebo moet nooit weer so onverantwoordelik wees om voor ‘n trok in te loop nie. Lebo se ma het vir my alles van die ongeluk kom vertel,” sê mamma.

‘n Week het verbygegaan. Die week was glad nie lekker nie. Die skool is sommer stil sonder Lebo.

“Middag, Mamma hoe, was Mamma se da...?” Voordat ek my sin kan voltooi sien ek vir Mamma en tannie Lina op die bank sit en huil. “Wat is fout, Mamma? Tannie wat gaan aan?” vra ek baie benoud?

Mamma praat deur haar snikke. “Lebo is oorlede!” Dit is seker die skrikwekkendste drie woorde wat ek ooit in my lewe gehoor het. Die woorde sny soos ‘n mes deur my. “Leboooo, Neeee!!!” huil ek.

‘n Week het verbygegaan. Ek het nie skool toe gegaan nie. Mamma was weer kliniek toe. Sy het gesê dat die gesonde kos groente en vrugte is. Ek het begin draf. Terwyl ek draf, dink ek aan al die tye wat ek en Lebo saam deurgebring het. Ek dink terug aan alles waarvoor ons saamgelag en gehuil het. Hy was die beste maat wat iemand ooit kon hê.

Ek kan nou nog nie glo dat ek vandag finaal moet afskeid naam van Lebo nie.

By die begrafnis het almal swart klere aan. Die mense sing hartseer liedere. My hart wil breek as ek sien hoe die kis in die grond afsak. Ek het spesiaal ‘n lelie gaan pluk wat ek heel laaste op die graf neergooi.

In die eetsaal kom die predikant spesiaal na my toe. “My hart is so seer. Ek kan nie in woorde beskryf van hoe hartseer ek is nie.” Die predikant sit sy arm om my. “Lebo het eintlik nou ‘n beter lewe as ons. Hy is nou by Nkosi.”

As ek nou terugdink, is dit eintlik baie ironies, ek het die MIV-virus, maar my vriend wat springlewendig en gesond is, gaan dood. Dit leer my eintlik dat die lewe baie kosbaar is. Die een oomblik is iemand nog hier en die volgende oomblik is hulle by Nkosi.

Ek gaan van nou af lewe asof elke dag my laaste dag is wat ek lewe.

Anje Koetsier, Graad 10



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Die Lied van Lorelei

deur Rachelle du Bois

Mikrobioloog Talana de Waal keer na haar familie se sitrusplaas in die Laeveld terug om navorsing te doen. Sy bring haar vriendin en kollega, Dr Lerina Keyser saam. Alles gaan voor die wind tot haar kleinboet en sy vriend besluit hul ouer broers, Marius en Armand se liefdeslewe het 'n hupstoot nodig. Die misverstand wat volg het katastrofiese gevolge. Die vreeslike flater laat die wraak van die meisiekinders vlamvat. Tot die bye swyg en die swartvlieë hou op eiers lê . . .



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar