Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



Hermanus se groottoon is met ‘n nat beesriem vasgemaak. Te oordeel aan Petronella se houding weet hy vandag is hier groot moeilikheid en more dalk begrafnis. Sy ma het hom hom nie verniet as jong man teen hierdie vrou gewaarsku nie. ‘Haar genoem “’n regte slawedrywer, en jaloerse merrie sonder genade”. En vandag het hy genade nodig. Petronella het ‘n manier om hom soos ‘n klein seuntjie te laat voel as sy hom met haar deurdringende priemende ysblou oë ‘n vuil kyk gee. Hy kyk benoud na die stapel skaaprekkies op die tafel…….

Hy het vanmiddag in die tuin gewerskaf toe sy oë terloops op die aanvallige buurvroutjie geval het. Met ou koue Petronella se vadsigtige hormoonbalans en die jare se afsydigheid het sy normale denke in ‘n vaevuur van gee-nie-meer-om houding verander.. Mooi bly mooi. ‘n Man erken dit nie maklik nie, maar om na ‘n mooi vrou te loer bly maar ‘n lekkerte, veral as dit so onderlangs gedoen word en Petronella was doenig in die kombuis.

Hy hoor vrolke stemme en gewaar die buurvroutjie wat laggend met ‘n skinkbord eetgoed oppad swembad toe trippel. Daar en dan vergeet hy van Petronella se ys-oë en suur gesig toe hy gewaar dat daar een of ander geleentheid aan die gang is. Hy spring so rats as wat sy ou rugbybeserings-bene hom kan dra, bo-op die rotstuintjie om die aanvallige buurvroutjie in haar bikini beter te kan betrag. Hy kan sy oë nie glo nie, Sy en haar vriendinne het ‘n swem-tee-partytjie. Amper iets soos die high-tea van die Engelse. Die vrolike geskater om die swembad lok hom soos ‘n mot na ‘n kers toe. Met die hoër opklim oor die klippe, om beter te kan sien, trap hy ‘n klip los. Sy voet gly en hy trap ‘n turksvyblaar raak dat die sous spat. Toe val hy Petronella se unieke rare Mexsikaanse Agave kaktus uit die aarde. Selfs die skerp dorings sit hom nie af nie. Dit is anderdag se probleme. Hy kan dit nie bekostig om sy oë vir ‘n sekonde van die sonbruin lywe af te hou nie. Ai tog, waar is sy jare! ‘n Kakelbonte mengelmoes van eina-lap-swemkleertjies dartelend aan die anderkant van die muur. Met die val en gly oor die klippe, het sy groottoon sy eerste knou weggekry. Hy loop half kruppel maar vergeet van die pyn. Kyk rond en besluit om die verfblik wat Petronella gebruik om reënwater mee op te vang, om te keer. As hulpmiddel te gebruik om beter oor die muur te kan loer. Hy sien ‘n bikini-bostuk waai en koes. As hulle hom moet gewaar!

n Man se balans ten aanskoue van soveel vroulikheid wat swem en baljaar, kan nie stabiel bly nie Dit voel soos oordeelsdag toe die verfemmer besluit om op sy te gaan lê. Dalk was dit die klankgolwe van Petronella se brullende stem gewees wat dit blik getref en laat kantel het. Die donderende slag van sy kop teen die muur, ou Rufus die hond se gekerm en die pyn in sy toon het hom die duisternis ingehelp.

Die asynlap op die knop teen sy kop bring darem bietjie lafenis. “Jy kan bly wees dit is jou groottoon wat uit lit is en nie jou nek wat af is nie.” Petronella se stem laat pyn die knop teen sy voorkop nog meer. “ As ek my sonde nie ontsien nie maak ek die riem……. “Asseblief Petronellatjie……. die pyn is onuithoudbaar”…… Hy sweet aan die gedagte dat ou Petronella dalk ……. “hy loer na die skaaprekkies …. Genade of dalk die riem……. Hy weet nou moet hy red wat te redde is. As sy nog van die kaktus ook moet uitvind !…. Dan …. nee hy wil nie eers daaraan dink nie….

“Vroutjie, ek dink ons moet tóg maar by jou moedertje gaan kuier, En daardie ou kerkhoedjie wat jy by Stoffel se winkel gesien het sal jou baie mooi pas……” Hy sug en maak sy oë toe. Nou lê die nagmerrie van ‘n rit met Petronella agter die stuur ook nog voor, Gelukkig is ‘n kaktus ‘n geharde plant. Hy hoop en bid ‘n erge wind en reënstorm steek vannag op…… ‘n kaktus kan darem mos so ‘n bietjie uit posisie gewaai word…. dan nie?



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Ai tog!
Wat 'n man darem nie alles sal verduur ter wille van so 'n ou skelm loertjie nie!
6 jaar 6 maande 3 dae 3 ure oud


kaktus
Hahaha, baie lekker gelees, ek was self benoud vir Hermanus toe ek van die rekkies lees...
6 jaar 6 maande 6 dae 9 ure oud


Drom
'n Baie lekker vertelling...het sommer baie geniet...dankie
6 jaar 6 maande 6 dae 22 ure oud


Uitdaging
Hahahaha .. so komies en pragtig beskryf.. gevoel ek staan ek bekyk die spulletjie... dankie vir die deel
6 jaar 6 maande 1 week 10 ure oud


Ano
Uitdaging
Whahaha! So lekker gelees en moes net giggel vir die kerel se nuuskierigheid :-)
6 jaar 6 maande 1 week 11 ure oud


Drom.
Lekker gelees en baie lekker gelag.:-))
Kyk uit vir nog meer!!
6 jaar 6 maande 1 week 12 ure oud


drom
Knap aanwending lekker gelees.
6 jaar 6 maande 1 week 13 ure oud


Uitdaging
hehe.... dis puik geskryf! Het dit sommer baie geniet om te lees :)
6 jaar 6 maande 1 week 14 ure oud



Kodeks

deur Nini Bennett

Nadat nini Bennett bekroon is as kortverhaalskrywer (RAU-Mardene Marais Prys) en as jeugverhaalskrywer (The International Room to Read Children's Book Competition), debuteer sy met 'n digbundel, Kodeks. Sy was een van die vyf debutante wat genooi is om die Versindaba-fees te Stellenbosch (2011) by te woon. Veral die literator Charles Malan het die bundel hoog aangeskryf.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar