Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Pa . . .?
Ek steun nogal nuwe inisiatiewe. Dit is altyd ’n goeie motivering.
Die intrapslag se onderwerp is nogal kontroversioneel.
In vergelyking met die oplewing tydens Moedersdag, is die bydraes van hierdie vader’s dag maar power.
Hoekom?

Ek dink as tussen die lyne van die bydraes gelees word, kom ’n storie na vore.
Engels bly maar die mees beskrywendste taal.
Floor : Fout (in die materiaal). Flater ( In sy wese). Die Bul gedrag
( Klassiek deur die diere ryk)

“Al wat ek vra; Julle moet my liefhê.”

Ek meen, hoe en wat is liefde? Iets wat mens in papier toedraai en met ’n soort fanfare oorhandig?
Is liefde ’n ding waarvoor jy moet soebat?
Kan mens vir ’n pa dieselfde soort liefde koester as vir die moeder?
Is daar ’n verband tussen verhouding, eer, respek en liefde?

Ek kan namens niemand praat nie.
Want
Soos jy hier lees, gaan daar woelinge , verwarrende, opswepende, simpatieke, berusting gedrewe, gedagtes deur jou kop.
Want jy dink nou aan JOU pa. Hoe en wat was hy?
Behalwe vroumense. Die reël is dat jy jou pa se kind is. Jy sal anderste dink. Jy sal vergewensgesind wees – soms bejammerend.

My pa.
Ek het hom nie nie geken nie. Hy was ’n toe boek. Hy was super slim – geniaal. ’n Elektronies en wiskundige freak.
Godvresend?
Ek glo nie.
Daar is gebid, maar slegs aan tafel op Sondag, die enigste ete as familie saam.
Hulle – Die van Tonders, was Engelse – uit Ladysmith, Kaap.

Sy bid?
Hooge Hollands. Vinnig en onsamehagend, beginnende met : “Segen Vader . . . “
Ek onthou nie verder nie maar het my eie vertolking:
“Segen Vader, segen sop. Segen ook elke wurmkop. . . Amen!”

Ek kan dik boeke oor hom as Wetenskaplike, Radio Elektronikus, Uitvinder en handvaardige skryf.
Hy en sy broers is saam met Jan Smuts se manne Europa toe.
Die Tweede Wêreldoorlog.
Hy was ’n Krygsman en onverskrokke Soldaat, waarvan die talle Medaljes getuig.
Sy broer het my vertel hoe hy in die doodsnikke van die nag, ’n mes tussen sy tande vasknyp, die Duitse linnie binne kruip en aan die manier waarop die Duitsers hulle skoenveters geryg het, die wag uitgeken het en sy keel afgesny het en met die oor as bewys teruggekom het, hulle kamp binne en gaan slaap het, het met volle tevredenheid.

As mens?
Niks.
Koud, bedonnerd en op sy eie Planeet.
Duplikaat van sy pa.
Hoe is die oupa van my dood?
Op die kant van sy bed gesit, sy hand onder die bed ingesteek en gevoel na sy skoene, dit nie raak gevoel nie, agteroor geslaan, morsdood , net daar vrek . . .Van bedonnerdgeit oor sy skoene nie ‘op hulle plek was’ nie!
Dit is waar.
My pa?
Kon nie eers ’n eier bak nie. Is bedien en ‘geserve’ soos ’n Koning.

Hy was die langslewende. Het in Bloemfontein in ’n woonstel ingetrek. Nie een van die kinders wou hom akkomodeer nie.
Ek het gehoor van : ”Dit gaan nie goed met Dad nie.”
Ek was die laaste wat oor hom moes ontferm.
Ek was my ma se kind.
Ek bel hom: “ Ek stuur die manne om jou te laai, sit jou teë en hulle vat jou met geweld.”
Ek gee opdrag aan die swart voorman: “ Gawie, vat die manne en die lorrie. Hier is die adres. Gaan haal my Pa.”

Met volle eerbied en respek, in sy eie woonstel, spesiaal vir hom gebou, is hy deur sy Skoondogter en “Stiefseun”, geserve en bedien en versorg met . . . Liefde.

Hy eet apart. Sy kos word bedien in sy woonstel waar hy met sy Radio’s en goeters besig bly ( Beroemde Radio amateur)
Hy bring sy leeg bord self huis toe vir opwas.
Dit was vroegaand. Ek werk landwyd en kom moeg huis toe. Met die aankoms sien ek die rooi flikkerende ligte van Ambulans en Noodhulp.

Hulle is besig met hom op die vloer. Die bord het uit sy hand geval en lê eenkant.
Hy het met “die deur die huis ingeval.”
Die man met die strykysters in die hande kyk op na my, kyk af en knik sy kop. Die man wat die knoppie druk, druk en pa se lyf ruk op van die vloer af.
Niks.
Hy kyk op na my en ek sien opregte hulpeloos in sy oë :
“Askuus Willie, dit is verby.”

Nou die dag, my oudste broer skakel:
“Ek kom Potch toe, ek wil die grafte gaan sien.”
Ons het te swaar gekry as kinders. Ons sien mekaar nie meer nie. Ons leef elkeen ons eie lewe en weet niks van die ander nie, hoor net van hulle prestasies. Behalwe miskien by begrafnisse en dan nie eers almal nie.

Ek dink: Demmit, sal ek hulle ooit weer na al die jare kry?
Hy arriveer en ek en hy gaan. Ek sien die jare trek hom nou krom maar hy loop reguit, 28 jaar later, vir die eerste keer, na die twee langsmekaar grafte toe.

Ek sien sy staan en kyk. Ek sien sy vind.
Ek sien hy het sy lêplek gevind.
Hy haal uit sy sak ’n wit sakdoek en vee die stof van die marmer stene af en verwyt:
“Kan julle nie beter sorg nie?”
Ek antwoord nie.
Hy kyk op, in my oë:
“Jy moet my hier, bo-op Dad, laat slaap.”


Willie F van Tonder.
2012/06/07



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Vaders
Gelukkig was jy nie 'n copy van jou 2 Van Tonder voorvaders nie. Die resep het darem 'n bietjie suiker en botter bygekry.
Baie lekker storie.
7 jaar 3 maande 1 week 23 ure oud


Vadersdag
Ja, dis maar hoe ons voorouers was. Te veel Duitse bloed. Hulle was harde manne.Jy skryf baie goed.
7 jaar 3 maande 1 week 3 dae 14 ure oud


Ek het lekker gelag vir die gebed
Ek het dit baie geniet, want jy skryf lekker-lees-kos vir my siel. Doen so voort.
7 jaar 3 maande 1 week 4 dae 13 ure oud


Mooi Willie!
Jou verhaal vertel sovéél van ons Pa's.
Ysters wat ons nooit werklik leer ken het nie...
7 jaar 3 maande 1 week 4 dae 15 ure oud


Vadersdag
Demmit Willie, jy kan darem skryf! Is dit nou nodig om so met mens [my] se gevoelens te speel... :-)
7 jaar 3 maande 1 week 4 dae 19 ure oud



N VERGANE ERA

deur neels claasen

spoorweg staaltjies en verhale uit die verlede



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar