Kortverhale

Bladsye:
Titel: Valentino
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

(Ek weet werklik nie of hierdie n Rubriek of
Gorrel of n Verhaal is nie want n verhaal is n storie m.a.w. die nie die waarheid nie en die volgende is die waarheid )


Valentino
Dis asof die Grim Reaper my kop oor gevat het die laaste paar weke. As enige iets my krap dan moet die WEG ! So het ek dan al verlede week, toe ons laat middag op die stoep sit en lykskouing oor die dag , vir Giel gesê : ”Giel die hoenders moet weg ! “
“Hoekom ?” vra hy en ek se : “Wel, hulle kos ons baie geld, hulle lê nie eintlik eiers so dat ʼn mens dit agterkom nie, en indien hulle wel eiers lê is daar altyd iets hoer op in die food chain wat of die eiers steel of eet of die kuikens. Hulle is te seningrig om te eet , al wat goed is aan hulle is dat hulle mooi en anders is omdat hulle Zulu hoenders is “ ek skep diep asem en gaan aan : ” en.... hulle vreet alles op wat ek probeer plant in die Potager en groente tuin. En.. dis nie soos in die begin toe almal name gehad het nie, hulle is nou net hoenders “ eindig ek my onbeplande speach. N goeie verduideliking reken ek. Ek het Logos , Ethos en Pathos ingespan.
So 12 jaar terug het Giel hier by die huis aangekom met hierdie pragtige Josefs-kleed Hoenderhaan onder die arm. Dit was my Valentynsdag geskenk, vandaar die naam Valentino. Die idee was (soos al Giel se oorspronklike geskenk idees) dat hy ʼn lewendige Wekker sou wees en omdat dit plaas is, was dit nie lank nie of ons besluit die man kan nie so alleen wees nie ons sal vir hom ʼn harem kry.
Die eerste hen wat ons gekry het was so ʼn vet grys gespikkelde Job van die Mkunduze area en haar naam het toe sommer Mkunduze gebly. Oorle John, Mike se Lakei , is hier op sy blou baaisiekel weg vir sy off en kom toe met die hen in die carrier platgedruk soos ʼn flattie aan (en ʼn paar beserings want hy het die hoeveelste ongeluk in die Zululand se heuwels gehad met daai bike wat se brieke altyd gefail het). In die daaropvolgende jare het ons die allermooiste bontste Zulu hoenders gehad (met name) en Valentino was die Induna op die werf. Hy was in menige geveg betrokke. Slange, een slag het ʼn muskeljaatkat in die hoenderhok ingekom en vyf henne doodgebyt. Valentino het vir maande so skuins geloop van al sy beserings. Daar was slange en Likkewane en Ape.. Alles was op soek na sy familie en kinders.
Kraai, ai die kon hy nooit onder die knie kry nie. Maar een van sy kleinseuns met die naam Spyker, was ʼn meester kraaier. So drie jaar terug het ou Valentino begin fights verloor met die nuwe hoofman onder die hoenders en toe het ons hom in frail care (waar ons die kuikentjies vir ʼn paar weke hou) gesit en daar het hy baie tevrede en veilig gebly tot sy dood op die ouderdom van 12 jaar .
Hy het nes ʼn ou man gelyk, gefrommel , bles, grys. Siestog. Maar hy was baie oud vir ʼn hoender.
Hy is begrawe in die diere begraafplaas want mens kan nie ʼn dier met ʼn naam eet nie het ek vir die hulp verduidelik.
Nou ja, van oggend toe ek met die regte voet uit die bed opstaan en op ʼn by trap (en nadat ek die riel gedans het) se ek vir Giel in my skerp stemmetjie : ”Giel !... die bye moet weg ! en ek gee nie om of ʼn by ʼn manifestasie van ʼn Zulu se voor oupa is nie maar vandag nog, moet die bye weg !”



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Valentino
Hel ek het so rustig lekker sit en lees en daar gaan staan trap jy op die by en dans en gil my tot ontsenu toe. Ja dis reg, daai bye moet weg, ver weg.
Lekker storie die!
7 jaar 11 maande 3 weke 3 dae 20 ure oud



Nuutste werk ingestuur binne die afgelope 7 dae


    Geborg deur :

    Van ons ander lede

    Kodeks

    deur Nini Bennett

    Nadat nini Bennett bekroon is as kortverhaalskrywer (RAU-Mardene Marais Prys) en as jeugverhaalskrywer (The International Room to Read Children's Book Competition), debuteer sy met 'n digbundel, Kodeks. Sy was een van die vyf debutante wat genooi is om die Versindaba-fees te Stellenbosch (2011) by te woon. Veral die literator Charles Malan het die bundel hoog aangeskryf.



    picture

    Kompetisies

    Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

    picture

    Nuusbriewe

    Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

    picture

    Winkel

    Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar