Kortverhale

Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende

Ek bly in Johannesburg en dit is verseker die stad van kar koekerasies.  My werk is net langs die JMPD en kort voor  die oprit na die M2.  Op die beste van tye is dit ‘n stryd om net daar uit te kom, maar as daardie kruising blok, kan dit maklik ‘n uur vat om net op die M2 te kom.  Die oorsaak kan enige iets wees – van ‘n groot trok wat nie sy draai kon kry nie en vassit in die glybaan of ‘n kar wat gaan staan het.  Die feit dat ons reg langs die Metro polisie is help nie veel nie, want soos altyd skitter hulle in hul afwesigheid.

 

Vanoggend was dit weer so.  My kar is nog nie eers behoorlik warm nie, toe moes ek al weer ‘n pletterstop doen want skielik staan almal weer stil.  Treetjie vir treetjie beweeg ons vorentoe.  Uiteindelik kom die oorsaak in sig.  “n Taxi het sy wiel verloor in die middelste baan en tipies sit die drommels agter hom vir ewig vas, want niemand sal hulle  kans gee om daar uit te kom nie.  Waar is die JMPD nou?

 

Net omdat ek nou vir slag al amper 60 gehaal het, beteken dit nie ek het in die hemel aangekom nie, want daar is nog altyd ‘n taxi wat met ‘n blinde spoed sonder gebruik van sy flikkerlig voor my kom insny of nog erger, die 5 ton trok wat so teen 30 kilometer per uur net doodeenvoudig reg voor my indruk al is jy al klaar reg op sy stert teen 60.

 

Ek was net mooi om die draai toe sien ek skielik die berugte bruin uniforms langs die pad en met geen goeie motiewe nie.  Almal ken mos daardie gevoel wat jy kry as jy om die draai kom en skielik wys een van die padspioene jou om af te trek.  Dat een van hulle nog die omgery is nie, is ‘n blote wonder.  Vandag was  gelukkig om  skotvry daarvan af te kom, maar meeste van die tyd kry ‘n mens mos ‘n stewige boete wat jou skrale spaargeldjies drasties laat krimp.

 

Dit was ‘n Woensdagmiddag na werk, en soos alle vrouens was ek haastig op pad huis toe, want daar is weer duisend-en-een dinge om te doen – kosmaak, wasgoed was, toebroodjies…  Sonder enige teënspoed kom ek op die M2, die verkeer vloei en ek kan my goeie geluk nie glo nie.  Dan skielik  besef ek daardie rooi Golfie wat nou-nou nog so ver gelyk het, is nou hier reg voor my en hy beweeg nie!  Ek slaan ankers aan en stop gelukkig net betyds.  Ek wag……   Vyf minute, tien minute….

 

Dis vreemd - gewoonlik beweeg mens darem, maar ons staan mos nou botstil.  Mense begin uit hul karre klim en aanstap met die pad om te gaan kyk wat gaan aan.  Snaaks, daar kom ook geen karre aan die ander kant van die snelweg aan nie.  Ek klim ook maar uit en bekyk die spulletjie so.  Hier kom dan ‘n klomp verkeerskonstabels aangehardloop.  Hoekom doen hulle dan nie iets nie?

 

Dis nou al sesuur.  Die geloei van sirenes vul die lug. Ons kyk van bo af hoe die polisie sukkel om tussen al die karre deur op die M2 te kom.  ‘n Helikopter sirkel bo in die lug.  Seker die nuusmense.  Dan gaan ons gaan nog baie lank hier sit.  Natuurlik sal dit nou reg in die middel van die winter gebeur, op die dag wat ek in my groot haas nie eers ‘n draai by die badkamer gemaak het nie….

 

Eers teen tien voor sewe begin ons eindelik te beweeg.  Agterna sou ek eers uitvind dat daar ‘n jong oorloggie uitgebreek het en dat verskeie motors beskadig is en motoriste vervaard moes skuiling soek.

 

So mense, die Oscar vir die ergste kar koekerasie ooit, word beslis toegeken aan die padskakers  wat die motoriste op die M2 vir twee ure lank as “gyselaars” aangehou het……

 

 



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

jy skryf in heerlike storieleestrant, het dit geniet.

11 jaar 7 maande 1 week 2 dae 14 ure oud


Van padspioene en kar koekerasies
Ek hou van die oorsponklike manier van skryf. Alhoewel ek plek-plek ‘n oudtydse “feel” kry is dit nie so dat dit regtig pla nie.

“Almal ken mos daardie gevoel wat jy kry as jy om die draai kom en skielik wys een van die padspioene jou om af te trek”

Die bogenoemde deel is baie oulik en ek het nog nooit aan die Metro Polisie as padspioene gedink nie maar meer as tollenaars. *lag*

Ek ken die gevoel van padstilstand en ook die gruwel van die M2. My rekord tyd wat ek al op die M2 vasgesit het was vier ure. Dit alles net om 6 kilo’s te ry. Die res van die pad was 64 km tot by die huis maar die 64km was ‘n “breeze”

Andersins het ek jou storie geniet doll.

Groete

Chenél
11 jaar 7 maande 1 week 3 dae 10 ure oud



Sirkeldans

deur Driekie Grobler

Die foto van my boek wys nie op die advertensie wat julle geplaas het nie, kan julle dit asb vervang met hierdie foto. Baie dankie :)



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar