Kortverhale

Premium+ Lid Premium+ Lid
Deel hierdie werkstuk met jou Facebook vriende



Vir drie dae en drie nagte lees ek ernstig op oor gesondheidskos. Die ysterpot word staangemaak. Skille waai, dit kap en sny, vandag word die grootste mediese uitvindsel nog gekook. ‘n Mediese deurbraak. Heerlike verslankingssop met ‘n verjongingskuur vermeng in al die magiese bestanddele. Wortels – vir nagsig, aartappels, uie, tamaties vir prostaat………. Prostaat? Gooi sommer nog twee by vir die wis en onwis. Komkommer, advokadopeer, pampoen, prei, blaarslaai, seldery, beet, radyse, knoffel, suurlemoen, patats, pietersielie, murgpampoen, skorsies, groenboontjies, rooiboontjies, gespikkelde boontjies, nou maak die soorte nie meer saak nie, boontjies is gesond. Ertjies, lensies, rosyntjies, neute en pruime moet ook in. Pruime is baie goed vir hardlywigheid. Elke denkbare siektetoestand is gedek! Blokkies hoender-, bees- volstruis en lamsvleisies word bygegooi. O ja en ‘n stuk vis! Jodium moet ook nog sy plekkie kry. Worcestersous, growwe seesout, growwe swart peper, en uit elke kruie en speserybotteltjie word ‘n titseltjie in die sop gegooi. Met die Kerrie en borrie word bietjie meer rojaal gewerk. Die pot kom mooi aan. Amper word daar van die eiers vergeet. Die laaste bietjie joghurt gemeng met afgeroomde melk word sorgvuldig in die pot gegooi. Die deksel opgesit en siedaar, ‘n wondersop is in wording.

Die wonderkuur dreunsing sommer gou op die warm plaat. ‘n Vreemdsoortige geur hang na ‘n rukkie swaar in die kombuis en die African Grey lyk gespanne, begin sy stertvere uitpluk! Sy hok word buite toe gevat, die stomme voël dink seker hy is volgende om in die pot te beland ! Die telefoon lui en Stoffelina huil histeries: “jy moet kom help die kind hy het by die glas gesny en daar es baie bloed”. In ‘n dolle vaart jaag ek informele nedersetting toe. Toe ons met hoë spoed die draai by die hospitaal vat, skiet altwee wieldoppe af en is voor ons by ongevalle se deur in.

Twee ure later stop ek by die huis. Dit is konsternasie. Brandweer, bure, polisie…… wat gaan aan? Die sop! O genade tog! Rook borrel by die kombuis uit. Sal die oorlamse klein brandweermannetjie nie snipperig ‘n aanmerking maak en sê : “Dit ruik soos ‘n krematorium, was hier ‘n lyk verbrand? Vervies ek my, was dit nou nie vir Stoffelina se moles nie, was ek internasionaal bekend!



Spaar Geld op Versekering

Lucky Lottos

Kommentaar

Soppies
Ek geniet jou stories!
7 jaar 8 maande 3 weke 1 dag 10 ure oud


Sop
Sommer 'n groot lekkerlees bydra hierdie....baie dankie, ek het dit sommer baie geniet
7 jaar 9 maande 1 week 2 dae 12 ure oud


sop
hehehe....baie goed Ffeerf...dink nie jy moet weer probeer nie, ons Woes sop resep klink dalk na 'n beter opsie :)
7 jaar 9 maande 1 week 2 dae 16 ure oud


Lekker gelees.
Ek lees altyd lekker aan jou vertellings, want 1. ek hou van 'n lekker storie
2. ek hou van humor
3. ek hou van keurige Afrikaans en korrekte spelling!

Doe so voort.

En ek lag nou nog vir die wieldoppe wat jou by ongevalle vooruitgegaan het!!!
7 jaar 9 maande 1 week 2 dae 16 ure oud


Sop
Jou resep is nie nuut nie.
Hoe oud dink jy is ek?
Die effek hou net drie maande, dan moet jy weer 'n pot maak.
Op my verjongdag van 35 na 34, 8 uur die aand raak Anita beserk want daar moet sop gemaak word.
Sy het al die bestandele klaar gerasper en versap en gekerf en toe is dit twee eiers se beurt en daar is niks in die yskas nie en die Porras is al toe en as sy skree vir 'n ding dan skree sy vir 'n ding en dis daai tyd wat almal begint rondkyk en ek as enigste man mens stil-stil agter uit, uit die huis uit beweeg, in my kar klim en maar by ou skewe Frans loop slaap.
7 jaar 9 maande 1 week 2 dae 20 ure oud


Sop
Hahaha - heerlik gelees, baie dankie! Maak maar weer so, hahaha. Miskien kan jy dit bottel en 'n blink slag slaan ... of nie :D
7 jaar 9 maande 1 week 2 dae 23 ure oud


Hiert jy!
Hiehiehie! Het nou lekker gelag. Met al daai konkoksies in die pot sou 'n siekte wat nog nie eens bestaan nie, se kieme of virusse het gedooi het!
7 jaar 9 maande 1 week 2 dae 23 ure oud


Anette Van Der Merwe
Anette Van Der Merwe
Verjongings Sop
Ai dit klink soooooo bekend...
7 jaar 9 maande 1 week 2 dae 23 ure oud


Hahahahaaa
Classic. So baie geniet.
7 jaar 9 maande 1 week 3 dae oud



Voedsel vir die Siel

deur Snuffelgids

Hierdie digbundel is Voedsel vir die Siel. Dit bevat elke emosie se leemtes en na die lees voed dit jou tot in die dieptes van jou siel. Geen emosionele leemtes sal ooit weer kop uit steek nie.



picture

Kompetisies

Kyk watse opwindende kompetisies tans beskikbaar is

picture

Nuusbriewe

Registreer nou om nuusbriewe van Woes te ontvang

picture

Winkel

Woes skrywers wat self publiseer se boeke is in die winkel beskikbaar